Honde eet pasgebore baba

Argieffoto

‘n Verbyganger in Zondi het gesien hoe ʼn pasgebore baba deur twee honde rondgesleep word, het die Gauteng-polisie Sondag gesê.

Volgens adjudant-offisier May Makhubela het die verbyganger die polisie daarvan ingelig. Met hulle aankoms het hulle gevind die honde het reeds die baba se kop geëet.

Die ma van die baba se identiteit is onbekend.

ʼn Doodsondersoek is oopgemaak en die baba se liggaam is na ʼn lykshuis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Sulke goed hoor mens nie van in lande buite Africa nie. In Afrika is mense soms nog ver van beskaafd af.

Leeutjie ·

Hierdie monster wat die babatjie weggegooi het moet aan die gemeenskap uitgelewer word. Ek is wild waar dit kom by babas en kinders. Geen genade vir so mens nie!!! Voer die ma vir die honde as sy die skuldige is!

Lex ·

Goeie dag Maroela,
Ag nee ek stel voor julle bring net ‘n kennisgewing aan op die berig om te sê dat die inhoud sensitiewe leesers kan ontstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.