Honde gebruik om misdaad te pleeg

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat is besorg oor twee voorvalle waartydens ʼn hond glo gebruik is om slagoffers mee te dreig of te beseer.

“ʼn Man het Saterdagoggend vroeg in Bethlehem werk toe gestap toe twee onbekende mans met hul hond hom voorgekeer het,” het kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee verdagtes het na bewering eers die man met hul vuiste bygedam, hom geskop en sy selfoon gesteel voordat hulle die hond op hom losgelaat het.”

Volgens die slagoffer het die hond “wreedaardig” gelyk en die man is gebyt en het beserings aan sy gesig opgedoen.

“ʼn Onbekende man het in Mei, omstreeks 23:00 in Kerkstraat, ʼn 21-jarige vrou voorgekeer en gedreig dat hy sy hond op haar gaan loslaat indien sy sou skree,” het Mohobeleli verduidelik. “Die man het haar op die grond vasgedruk en haar verkrag. Hy het albei haar selfone gesteel.”

Niemand is nog in enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie. “Die polisie in Bethlehem doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om hulle te kontak by 058 307 5700, of skakel 08600 10111.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grap ·

Suid Afrika is ‘n diverse land met verskillende bevolkings was die aanvallers wit, swart, Chinees Indiërs en dieselfde met die persoon wat aangeval is ek wens die media wil nie altyd so polities korrek wees nie en die nuus oordra soos dit is .miskien sal die alewige rasse nonsens ook dan ‘n stille dood sterf.

Paula ·

Ai wat is volgende? As die klomp kriminele hulle vindingrykheid net in die regte rigting kon kanaliseer, sou ons n baie vooruitstrewende land wees.

peanut ·

Kry n tazer en taze die hond, dis hartseer maar wie kom eerste, jy of hy. Hond is elk geval so ge-intimideer dat hy sal aanval net om moontlike straf en abuse later vry te spring.

M ·

Ai tog…………. Hierdie mense probeer ook elke trick in die boek…

Jeanne ·

Arme honde word dan seker weer van kant gemaak. Die Dierebeskermings- en Reguleringswette in SA kort ernstige aanpassings. Elke Tom Dick en Harry het ‘n hond wat hy mishandel en misbruik en vir hondegevegte gebruik, of net eenvoudig erens dump in ‘n plastieksak met sy voete vasgemaak, en hulle kom NIKS oor nie, want niemand weet wie die eienaar is nie. Bring hondelisensies terug, dwing eienaars om hulle diere te chip dan weet jy watter eienaar verantwoordelik gehou kan word vir wat. Mense sal ook minder honde aanhou as hulle vir lisensies moet betaal, en weet hulle is aanspreeklik vir die skade wat ‘n hond aanrig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.