Honde kom tot boer se redding tydens plaasaanval

Leander Dercksen, die Dercksen-egpaar se seun. Foto: Verskaf

ʼn 51-jarige melkboer van Noordwes het hom Vrydagaand teen drie gewapende aanvallers verdedig voordat sy honde tot sy redding gekom het.

Die boer, Gerrit Dercksen, het Maandag aan Maroela Media gesê hy en ʼn plaaswerker was omstreeks 21:00 in die melkstal van sy plaas in Soutpansdrift naby Brits en nog besig om te melk toe drie gewapende mans hulle daar oorval het.

“Een van die mans het ʼn rewolwer by hom gehad en die ander twee koevoete. Ek het geweet hulle sou ons doodgemaak het, gelukkig kon ek my hande op die rewolwer kry en verhoed dat die man op ons skiet,” het Dercksen gesê.

Dercksen en die werker het hulle verset. Intussen het die ander twee mans hom en die werker met die koevoete aangerand en oor die kop geslaan.

Dercksen het verwoed terugbaklei en geskreeu. Hy het ʼn spul honde van verskillende rasse, waar onder boer- en pitboele, op die plaas wat hul eienaar se hulpkrete gehoor het en blaffend nader gestorm het.

“Die honde het hulle laat skrik en hulle het met leë hande op die vlug geslaan en dit het ons tyd gegun om na die huis te hardloop en hulp te ontbied.” Dercksen se vrou, Anet, en seun, Gené (29), was in die huis tydens die aanval en is ongedeerd.

Die veiligheidsmaatskappy PPS en plaaslike gemeenskapsforum was binne etlike minute op die toneel en het dadelik die verdagtes se spoor begin volg. Dercksen het wonde aan sy slaap en kop opgedoen. Die werker het ʼn wond aan sy kop opgedoen.

Die mans se wonde is op die toneel deur paramedici van Hartbeespoort Emergency Rescue Unit behandel en hulle het nie hospitalisering nodig gehad nie.

Dercksen het gesê hy het intussen verneem dat iemand in hegtenis geneem is, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

Dercksen se aanval volg skaars drie jaar nadat sy seun, Leander Dercksen, op die ouderdom van 22 op ʼn landery van ʼn omliggende plaas vermoor is.

Maroela Media het destyds berig Leander se Mazda Drifter-bakkie is op 29 Maart 2014 op ʼn plaaspaadjie deur vyf mans gekaap, waarna hy in ʼn landery geskiet en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Sy liggaam is in die landery gelaat.

Hy was veronderstel om op die plaas te oornag om na ʼn bejaarde egpaar om te sien. ʼn Vriend het die volgende oggend op sy liggaam afgekom.

Die polisie het ʼn saak van moord en kaping ondersoek. Sy bakkie is op 3 April opgespoor.

Dercksen het gesê twee verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem en is intussen verhoor en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Een verdagte is kort ná die kaping tydens ʼn voorval deur ʼn boer van die omgewing doodgeskiet. Die ander twee verdagtes is nooit aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Adoons ·

Kla die premier aan vir haatspraaken toename in aanvalle soos hierdie! Mense, kry baie meer en groter honde om julle te verdedig.

Ann Esterhuizen ·

Ja hy moet onmiddellik aangekla word! Dubbele standaarde geld en ons moet elke uitspraak opvolg!
Ons lewe in ‘n eenogige samelewing waar ons moet veg vir ons regte!

al ·

Ek is baie dankbaar dat hierdie aanval nie geëindig het soos hul seun se tragiese heengaan in 2014.
En dat een plaasaanvaller doodgeskiet is op ñ latere stadium.
Ek stem. Kla die Premier aan!

Theresa ·

Baie sterkte daar! Dit moes vreesaanjaend gewees het en het dit sekerlik wonde oopgekrap na vorige bittere insident.

toy ·

Ek weet nie meer wat om te sê. Dis of my woorde opgeraak het met hierdie gemors waarmee ons mee moet saamleef in hierdie land. Dis boere wat werk en hard werk vir hul geld en hierdie land en dan gebeur sulke goed met hulle.

gatiep ·

Hoe op aande kan mens so boer.
SA is die enigste land in wereld waar plaasmoorde is,en nog steeds wil die klomp libirale se dit is normaal moenie worry.

Elizabeth ·

Ek is ongelooflik dankbaar dat die 2 mense met net wonde daarvan afgekom het….MAAR!!!! WANNEER gaan die boere hulself bewapen en WANNEER gaan hulle met hul wapens AAN HULLE SY hulle werk doen???

HOEKOM is hulle ALTYD sonder wapens?? Leer hulle dan nie?? Dis vir my skokkend om te sien dat die boere dink dis maar reg as hulle met geen wapen/skokstok/pepper spray/panga, WAT ookal kan rondloop op hulle plase!!

Word tog net WAKKER boere!!!!

Tersia ·

Ja! En as boer vir boef skiet op sy eie plaas dans boer in die moeilikheid!

Lance ·

Ń mens slaap skaars in die dorp wat nog op ń plaas,kry die boere jammer.

Mariana ·

Mens kan net nie verstaan hoe dit moontlik is dat mense koelbloedig dood gemaak word nie. Dit moet verskriklik en vrees aanjaend wees om soos n dier gejagte word. Mag God gee dat n wonderwerk gebeur en al die skurke gevang word. Iemand stuur die mense. Mag God ons kosbare boere beskerm

TrumpFollower ·

You guys need a Donald Trump or even a Rodrigo Duterte down there in South Africa.
(Sorry for writing in English, I can read Afrikaans but my writing is not so good yet.)

Yster ·

Thanks for caring about us. Please spread the word about what is happening here. It is human rights abuse and targeting of our people but the rest of the world dont know about it.

'n Voorstel ·

Trumpfollower, I have a bargain for you: I would like to exchange 100 Zumas for one Trump . . .
Pleeeeze don’t laugh at me . . .

Daan ·

‘n Blik pepperspray (60 ml,R100 elk, wat nie opmerklik is nie,genoeg ir 20 spuite ) in jou sak is beter as 2 koevoete.Koop een vir julle elk en ‘n paar oral in die huis en skure weggesteek waar julle weet dit is.Asseblief mense!

Joe ·

Ek lees nerens dat Derksen ‘n vuurwapen aan hom gehad het nie, 9 uur die aand en sy seun is al reeds vermoor……..???????

Tom ·

Dis oorlog en manne dra nie wapens nie. Hy was gelukkig hierdie keer…

John ·

‘Genocide.’ Indien ‘n land se president van die podium af verkondig dat die land deur ‘n sekere groep gesteel is, en teruggeneem moet word is hy aandadig aan aksies soos hierdie. Die Afrikaners verkeer in dieselfde benarde posisie as die Jode destyds in Europa en word telkens as verkeerd en ongewens deur die regering beskryf. Jaloesie, die ongeneeslike siekte waaraan die duiwel ly, is ook die grondoorsaak en dryfveer vir die huidige situasie. Die aanvalle op wit mense en die steel van eiendom moet ‘n naam kry. Ons kan nie net se nog ‘n boer… en nog ‘n boer nie… Noem dit op sy naam!

Charmaine ·

Dankie tog vir honde wat vir ‘n slag die helde is en nie negatiewe publisiteit hoe te kry nie! Hulle is die helde hier en ek hoop hulle word uit hulle velle bederf na hierdie gebeure! Ek is een van die grootste diereliefhebbers wat daar is en is so bly hulle kon keer dat die boer en sy mense vermoor of baie seerder gemaak word!!! Ek sal sommer elke hond persoonlik gaan opsoek en ‘n groot snack gaan gee as ek kon!!!!

Johannes Meintjes ·

Altyd ‘n riem onder die hart om te verneem hoeveel middele benut word en hoeveel gewillige mense reaktief optree nadat die misdaad klaar plaasgevind het. Wanneer gaan ons verantwoordelik vorder tot pro-aktiewe beveiliging en effektiewe nasionale vlak misdaadontleding in die Nuwe SA?

Daiene Rautenbach ·

Ek het slapelose nagte oor die agteruitgang van ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.