Honde met gholfstok gedood; man kry borg

Leané Wolmarans se drie honde, Bakkies, Zakkie en Habana. Foto: Verskaf

Leané Wolmarans se drie honde. Foto: Verskaf

Die man wat na bewering sy bure se drie honde met ’n gholfstok doodgeslaan het, het Dinsdagoggend in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn.

Johan van Zyl het op aanklag van dieremishandeling in die hof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 19 Mei uitgestel. Van Zyl het sy baadjie oor sy kop getrek toe hy die hof verlaat het. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy bure, Neels en Leané Wolmarans, se drie honde Saterdagaand met ʼn gholfstok in die Pebble Sands-kompleks in Mooikloofrif doodgeslaan het.

Leon van der Merwe, ʼn prokureur van Roestoff en Kruse prokureurs wat die Wolmaranse verteenwoordig, het aan Maroela Media gesê ʼn skadevergoedingeis gaan ook teen Van Zyl ingestel word.

Tom Robbertse, Leané se pa, het gesê sy dogter en haar man was weg vir die naweek. Hul bure het Leané Saterdagaand ge-SMS en gesê haar honde tjank erg. Sy het egter eers Sondagoggend die SMS ontvang toe haar selfoon weer opvangs gehad het.

Leané het met hul terugkeer bloed en breinweefsel op hul erf aangetref. Die polisie en DBV is ontbied om die toneel te ondersoek. Toe Van Zyl omstreeks 12:00 terugkeer nadat hy gaan gholf speel het, het die polisie hom ondervra. “Hy het eers alles ontken en was sommer arrogant met die polisie, maar toe vra hulle hom om sy motorhuis oop te maak,” het Robbertse vertel. “Binne die motorhuis kon jy die bloed sien waar hy een van die honde doodgeslaan het. Hy het dit probeer skoonmaak, maar dit was steeds sigbaar.”

Volgens Robbertse het Van Zyl erken dat hy twee van die honde in die erf en die ander een in sy motorhuis met ʼn gholfstok doodgeslaan het. Hy het die polisie na ʼn nabygeleë veld geneem waar hy die honde se karkasse in ʼn swart sak weggegooi het. Die karkasse is deur die polisie weggeneem vir forensiese toetse. Die honde was twee miniatuurwindhonde en ʼn Jack Russel.

“Leané woon al ongeveer tien jaar met haar honde in die kompleks. Hulle was vredeliewende hondjies wat nie kwaai was nie; hulle was soos haar kinders,” het Robbertse gesê. Hy het verder gesê dat Van Zyl gereeld die honde getart en met water natgespuit het en dat hulle dus soms vir hom geblaf het as hulle hom gesien het.

“In die tien jaar wat Leané daar woon, het hy [Van Zyl] nooit ʼn amptelike klag by die kompleks se beheerliggaam oor die honde ingedien nie,” het Robbertse gesê. “Wat gaan in so ’n ou se kop aan om so iets te doen? Hy het geen berou vir wat hy gedoen het nie. So wat doen hy volgende?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charlene

Volgende keer is dit ‘n kind

Gina

Dis nou BURE. Daar kom n dag dat jou kop net uithaak oor die bure se honde moles. En dit is die resultate. En nou is die bure met die diere heel onskuldig,,,,, Mev ek ken Jack Russels hoor. En dan heel naweek weg ma jou honde by die huis? Nou wil jul huil. Die buurman het kop verloor ja, met rede. In plaas dat hy koelkop bly gaan vermoor hy die arme diere? Dit was verkeerd maar hoekom jou diere by die huis los vir n hele naweek. Ek dink nie jy moet weer n hond kry nie. Jy… Lees meer »

Albert

Gina,
Indien dit so is dat die honde hom al voorheen tempteer het waarom het hy nie al lankal ‘n klag by die kompleks bestuurder ingedien nie.
Lees die berig ! – en buitendien bel jy die DBV of Polisie of wie ookal voordat jy sulke barbaarsheid op die honde uithaal.

Lea

Gina, regtig? Jy is seker nie ‘n hondeliefhebber nie.
Ons het ook ‘n Jack Russelltjie – die dierbaarste dingetjie denkbaar. Geen mens met meer as drie breinselle slaan klein hondjies met ‘n gholfstok dood nie. Ek moet liewer nie die bure in die hande kry wat ooit so iets met my hondjie doen nie. En terloops, daar was na die honde omgesien. As die honde hom gepla het, kon hy ‘n klagte ingedien het, wat hy nie gedoen het nie.

Gerald van der merwe

AS DIT MY HONDE WAS HET EK OOK MY KOP VERLOOR. DOGS ARE A GIFT FROM GOD
MASTER THERE IS YOUR DOG, DOG THERE IS YOU MASTER. YOU WILL BE ONE.
THE BASTARD SAVAGELY MURDERED WHAT WAS DEAR TO LEANA > HER ANIMAL CHILDREN