Honde red man van luiperd

Gift Moyo Foto: The Chronicle, Zimbabwe

Gift Moyo Foto: The Chronicle, Zimbabwe

ʼn Man van Zimbabwe het ʼn aanval deur ʼn luiperd oorleef danksy sy sewe honde, het die Chronicle-koerant in Bulawayo Saterdag berig.

Gift Moyo (24) was Woensdag op soek na sy donkies toe ʼn luiperd uit ʼn boom en bo-op hom gespring het. Hy het aan die koerant gesê sy honde het begin grom nog voordat die luiperd hom aangeval het. “Ek het geskrik. Nog voor ek tot my sinne kon kom het die luiperd op my geland en my begin krap,” het Moyo gesê. “Hy het my linkerarm gegryp en ek het op die grond geval. Die dier het my in sy greep gehou.”

Moyo het glo probeer om die luiperd se oor en poot te gryp terwyl die dier by sy nek probeer uitkom het. Die honde het die luiperd begin aanval en Moyo kon onder die dier wegkom. “Ek het na ʼn stroom daar naby gestrompel en van die bloed afgewas sodat ek nie nog ander wilde diere sou lok nie.”

Hy het bloeiend en in baie pyn die 10 km na sy huis in Male in die suide van Zimbabwe afgelê. Van die inwoners het hom na ʼn hospitaal gehaas waar hy tans aansterk.

Dit is nie duidelik of die honde beseer is in die aanval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nadia Verster ·

ha ha ha ha lekker lag ek nou op so ‘n Maandag oggend!
Ek vermoed jy is reg Scalla.

Theresa ·

So sal die arme honde sy “eienaar” altyd beskerm ongeag wat. Ek hoop net dat daar baie goed omgesien word na al 7 honde. My hare rys as ek darem sien hoe word die diere behandel en hanteer en ook heelparty net aan hul genade oorgelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.