Honde snuffel duisende rande se kokaïen op vliegtuig uit

Argieffoto

Duisende rande se kokaïen is op ʼn vliegtuig by die OR Tambo-lughawe gevind.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Donderdag in ʼn verklaring gesê doeanebeamptes het met die hulp van hul honde-eenheid op 2,2 kg kokaïen met ʼn geskatte straatwaarde van R632 000 afgekom.

Die dwelms is op ʼn vliegtuig wat vanaf Brasilië by die lughawe geland het, gevind.

“Die kokaïen was in twee afsonderlike toiletstalletjies in kompartemente weggesteek. Toetse het reeds bevestig die wit poeier is kokaïen,” lui die verklaring.

Die sukses in die bekamping van dwelmhandel en ander misdrywe by die lughawe word toegeskryf aan die samewerking tussen doeanebeamptes, die polisie en ander owerhede.

Die dwelms is aan die polisie oorhandig wat die voorval verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alida ·

Hopenlik is dit daar en dan vernietig. Mens hoor nooit dat dit vernietig word nie. Dit verwissel net hande en word verkoop.

Showahed ·

Baie vaag… “Die dwelms is op ʼn vliegtuig wat vanaf Brasilië by die lughawe geland het, gevind.” Nog ‘n lugwaardin? Was dit in iemand se tas? SAA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.