Honde takel atleet in kompleks

Mogotsi Kalaeamodimo (Foto: Verskaf)

’n Kranige atleet is Saterdagoggend deur twee honde in ’n woonkompleks in Magaliesburg in Gauteng gegryp toe hy deur die kompleks gehardloop het ter voorbereiding vir volgende week se Soweto-marathon.

Dit is die tweede keer dat dié honde iemand in die woonkompleks takel, vertel Mogotsi Kalaeamodimo (54) aan Maroela Media.

Kalaeamodimo vertel dat hy vanoggend oudergewoonte deur die Magaliesburg Country Estate gehardloop het met die idee om 21 km af te lê ter voorbereiding vir die marathon wat ʼn kwalifiseringsmarathon vir die Comrades is. Hy het egter net die 14 km-merk oorgesteek toe die twee honde om omstreeks 07:05 op hom afgestorm het.

Hy vertel dat die eienaar van die honde besig was om die tuin in sy erf nat te lei toe Kalaeamodimo verby gehardloop het. Die honde was in die stadium saam met die eienaar se 12-jarige seun in die erf en dié het tevergeefs probeer om die honde terug te hou. Die honde het uit sy arms geruk en op die atleet afgepeil gevolg deur verskeie babahondjies.

“Die een het eers gekom en toe die ander een. Die een het aan een van die tekkies aan my voet gegryp en getrek. Ek het grond toe geval en toe kom die ander een vir my. Ek kon darem die een gryp en van my probeer weghou totdat die man en sy seun die honde van my kon afkry.”

Kalaeamodimo vertel dat hoewel hy in ’n mate lig van die voorval afgekom het, hy wel sy elmboog en pelvis met die val seergemaak het. Sy oefenhorlosie is ook in die proses gebreek.

Die honde wat Mogotsi Kalaeamodimo getakel het. (Foto: Verskaf)

Die eienaar van die honde het om verskoning gevra vir die voorval en aangebied om Kalaeamodimo na ’n dokter te neem. Hy het dié versoek van die hand gewys en sal Maandag na sy dokter gaan om te hoor of hy steeds aan die komende marathon sal kan deelneem.

Indien sy beserings van so ʼn aard is dat hy nie sal kan deelneem nie, gaan Kalaeamodimo ’n saak teen die eienaar van die honde aanhangig maak, aangesien hy soveel van sy tyd en geld in die voorbereiding daarvoor belê het.

“Dit maak mens kwaad, want dit is nie die eerste keer dat inwoners oor dié honde kla nie. Dieselfde honde het vantevore ook ’n sekerheidswag in die kompleks gegryp. Wat as die honde iemand kleiner volgende keer gryp? Dit kon soveel erger gewees het.”

Die eienaar van die honde kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Drawwer ·

Dis ‘n redelike groot frustrasie / gevaar wat ek ook in Pretoria ervaar, en soos gewoonlik trek hierdie onverantwoordelike hond-eienaars net hulle skouers op.

Ek hoop die drawwer neem die eienaar ten minste na hof vir klein eise vir daardie sport-oorlosie.

Retha Basson ·

Daardie honde hoort nie in n kompleks nie. Hulle moet na n groot erf gaan voordat iemand baie seer gaan kry.
Die eienaar behoort hom te skaam vir die draadhok. Daar is nie genoeg spasie vd groot honde.
Ek sal verseker n saak maak. Net om die honde uit die kompleks te kry.

René Massyn ·

Ons hond is in ons erf deur 3 rondloop honde aangeval. Ons hond, Rex was vir 3 weke in die hospitaal en deur 2 operasies. Die eienaar van die 3 honde was alreeds in Maart gewaarsku nadat haar honde n ander hond gebyt het. Augustus verskeur haar honde ons hond, asook n ander hond om die hoek van ons. Ons was by die polisie, metropolisie, gesondheidsdepartement en dierebeskerming en niemand wou ons help. En wat as daai honde nou n kind volgende verskeur. Al wat vir ons gesê is, ons moet n siviele saak oopmaak…nog geld bo-op al die mediese onkostes…

matts ·

Ek stem saam, sulke honde hoort nie so ‘n ou hokkie nie – skandelik.

Dorothy ·

Is sulke groot honde toelaatbaar in ‘n Kompleks? Die honde is verveeld en is vasgevang. Ek hoop die eienaar het beheer oor die landmyne.

Kolskoot ·

Maak die honde vankant voordat iemand verskeur of gedood word

Andrea ·

Altyd die nie-hondeliefhebbers voorstel. Ek hoop nie die eienaar word gedwing om dit te doen nie

Ronel ·

Gewoonlik as daar n saak teen die eienaar van die honde gemaak word, word die honde uitgesit. Wat hartseer is want dis gewoonlik onkunde van dien eienaar dat honde optree soos hulle.optree

Francois ·

BLA BLA BLA ,sien een foto en nou is julle almal sieners en weet wat aangaan. KRY VIR JULLE IT’S OM TE DOEN. Gaan help die DBV hokke soon maak.

Irah ·

Wel die foto wys duidelik dis die honde wat die man aangeval het. En hulle is in ń verkrampte hokkie. So wat presies, Francois, mis ons, of het ons verkeerd?

Pop ·

Ja rerig, gaan help die DBV. Die diere woon seker nie permanent in daai hokkie nie. Hulle het n erf, of lees mense dit mis dat die mense gras nat gemaak het.

Gertjie ·

Baie eienaardig, waarom vd hand wys om dr toe geneem te word en eers Maandag wil gaan?
Ek dink hierdie persoon vat ‘n kans, want enige regdenkende persoon sal dadelik dr toe gaan vir klem in die kaak inspuiting voordat nagevolge intree!

Nettie ·

Gertjie, die hardloper is nie raakgebyt nie, so ‘n inspuiting is onnodig. Maar hoe vertel jy vir die dr voor die hond eienaar om jou beserings so bietjie aan te dik vir ‘n skade vergoedingseis?
Die hardloper is getraumatiseer, niks anders. Eis ‘n nuwe horlosie en beweeg aan.

Poppie ·

Ek wonder of hierdie mense wat kla oor honde in n kompleks ooit besef hoe groot van die country estates se erwe is. Meeste is by verre meer as 1000m2. Hulle voordeure sit nie op die buurman se agterstoep nie. Dit is ook hoekom ons land in sy peekie is. Al wat mense wil doen is eis eis eis.

Pop ·

Ja rerig, gaan help die DBV. Die diere woon seker nie permanent in daai hokkie nie. Hulle het n erf, of lees mense dit mis dat die mense gras nat gemaak het.

AndrewL ·

Hoe lyk die country estate, is dit normaal dat almal daar deurgaan?

Johan ·

Geen hond hoort in so n hok nie duidelik gee die eienaar nie om vir sy honde nie, daardie klein spasie en te min fissiese aktiwiteit lei tot frustrasie en agressie by honde. Die honde was ook by die eienaar se suen en hulle babas en het gereageer op n vreemdeling wat in hulle gebied ingehardloop het,en het het hom ongelukkig as n bedreiging gesien.

Die eienaar het onmiddelik aangebied om slagoffer dr toe te vat maar is van hand gewys, kan jou wet sy privaat dr gaan hom afraai om te hardloop hier kom n groot eis teen eienaar sien n geleentheid om geld te maak

Freddie ·

Die drawwer het immers vir moeilikheid gesoek, draf in ‘n kompleks. Honde sal instinktief iemand wat hardloop jaag en/of aanval, my honde doen dit ook. Van hulle kom van die DBV en was voorheen deur mense mishandel, mense moet beter weet. Die drawwer het mediese behandeling geweier, dit is dan sy probleem. Hoekom draf hy nie langs die pad nie? Bang vir die moordadige verkeer en aanvallers? Maroela Media is ook verkeerd om kommentaar te plaas wat vra dat die honde van kant gemaak word. Die foto wys die honde is in ‘n goeie kondisie en is nodig in hierdie mensgedrewe kriminele klimaat.

Jannie van Niekerk ·

‘n Sekerheidkompleks is daar vir inwoners se veilgheid. Ek is self ‘n padwedloop atleet, maar ek sal nie deur ‘n sekerheidkompleks gaan draf indien ek nie ‘n inwoner is nie. Kry vir jou ‘n ander oefenroete ou maat. En ja, waarom het hy nie die honde eienaar se aanbod aanvaar om hom dokter toe te neem nie? Dan kon hy mos nou al geweet het of hy kan deelneem aan die Sowete marathon of nie. Ek is al ‘n drawwer sedert 1976 en is NOG NOOIT deur hondne aangeval op een van my drafroetes nie en glo my, op die meeste van my oefenroetes was daar BAIE honde. Diere is in elk geval meer werd as mense.

Thea ·

Die honde moes bedreig gevoel het hulle val nie net sonder rede asn nie! Woon die atleet id kompleks?? Hoekom het hy dit nie met die eienaar vroeer opgeneem nie? In elk geval moet n atleet dit dadelik laat ondersoek!!

Attie. ·

Twee groot honde plus hul werpsel in ‘n kompleks erf? Die honde tree normaal op, enige hond beskou die deel voor sy erf sy gebied wat hy moet beskerm. Ek hoop die eienaar gaan ‘n stywe boete kry en hy was beslis nalatig. Honde hoort net eenvoudig nie in ‘n straat nie. ‘n Oplossing is om weer die ou hondelisensies terug te bring maar vir’n teef moet die eienaar onbetaalbaar duur betaal tensy sy gesteriliseer is. My eie vrou en later weer ‘n vriendin was ook aangeval deur honde en dit is baie traumaties. My simpatie met die slagoffer. Groot geboude honde ongeag die ras hoort nie in enige dorpsgeboed nie. Jack Russels bied dieselfde beskerming.

Maljan ·

Die honde was dalk in die draadhok om hulle onder bedwang te hou. As die drawwer deur die kompleks gedraf het waarin hy nie woon nie, het hy op privaat eiendom oortree. Attie is n Jack Russell n hond? Ek was onder die indruk dis n speelding wat net stilraak as die batterye pap is. Die werpsel sal seker net daar wees totdat hulle oud genoeg is om na nuwe huise te gaan.

Chantal ·

Attie ek weet nie in watter plattelandse dorp jy bly maar in ons groot stede gaan ‘n Jack Russel jou niks help nie. Ons het 3 boksers en 2 Pit bulls en glo my as jy hier wil oorleef sal jy nog 4 Rotweillers ook kry. Daai Jack Russel sal vlieg soos Faf de Klerk se balle. Hoekom draf jy deur ‘n kompleks waarvan jy nie ‘n inwoner is nie, dit is nie jou plek nie, gaan draf waar jy bly. Mense hou juis die diere aan vir beskerming en al bly jy in ‘n sekereiteits komplek moet jy ook nog sulke diere he. Hou op kritiseer

Diertjie ·

Hy Kon op n ander plek gaan draf het!! Iemand soek geld!! As hy hier op ons kleinhoewe kom ronddraf sal hy verseker nie n voet he om op te staan nie.!!

Scalla ·

Hy woon ook nie daar nie, is daar nie alternatiewe oefen plekke nie, hoekom mediese behandeling geweier, die honde het beskermend opgetree, geld maak reguit wat krom is.

Christa ·

EK is Baie Groot diereliefhebber maar glo my honde Moet in my erf Bly en Kan Bly. Mense Wie se diere uit erf Kom hoort nie dire te he nie. Almal Wil diere he, oor verkeerde redes. As jy diere net duld of van Hou behoort jy hulle nie te he nie. Mense wat diere liefhet se diere is gedisseplineerd, nie oor of ondervoed nie. Hulle kry genoeg liefde en soek nie aandag buite hul erf nie

aj ·

As jou hond ‘n ander mens of dier beseer (in ‘n publieke plek) dan is dit omdat jy (eienaar) NALATIG was.

So ‘n eienaar moet ONBEVOEG verklaar word om diere aan te hou! (deur die DBV of die landros).

Finish en klaar!

wilma ·

Interessantheidshalwe – almal wat honde het, gaan kyk na julle versekeringspolisse. Sommige versekeraars dek wel eise onder “Persoonlike Regsaanspreeklikheid” indien jy die opsie gekies het.

Willie ·

Gaan draf om n veld… of op n sports kompleks…ek verpes die drawers wat voor jou erf en hekke draf… Waarvoor draf jy in kompleks…nie net die drawer het regte nie….

Instink ·

Sekere mense wat hardloop is onmiddelik onder suspisie en self ‘n dier weet dit. Hulle het opgetree om hul eienaars en babas te beskerm. Waarom deur die estate hardloop? Vir wie is hy tog nou bang en indien hy nie daar bly nie, het hy soos reeds gese is oortree. So daar, geen eise hoort hom toegestaan te word nie. Ek is ook nie gelukkig oor die hok nie. Waarom is die honde nie gesteriliseer soos wat kompleks reels vereis nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.