Honde val kleuter tuis aan

Netcare se ambulansdiens. (Foto: Verskaf)

ʼn Kleuter en sy ma is Sondag by hul huis in Pretoria deur twee honde aangeval.

ʼn Familielid het Netcare 911 Sondag teen 17:30 ontbied nadat twee groot honde die vyfjarige kind en sy ma by hul huis in Elarduspark aangeval het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare se nooddienste, is dit die gesin se eie honde wat die twee aangeval het. Dit is nie bekend watter ras die honde is nie.

“Die twee honde het glo met mekaar begin baklei toe die vyfjarige na die huis koers gekies het. Die twee honde het toe hul aandag op die kind gevestig en hom begin byt. Die ma van die kind het probeer ingryp en is ook verskeie kere gebyt.”

Volgens Herbst het die kind ernstige trauma opgedoen. “Albei pasiënte is deur Netcare 911se paramedici op die toneel behandel. Nadat hulle gestabiliseer is, is hulle per ambulans na die naaste hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genis ·

Dit is die mens se beste vriend Piet… Die mens, in meeste gevalle, bepaal grootendeels die gedragspatroon van n dier… Baie jammer dat dit gebeur het, mag julle gou gesond word…

Mieke ·

Ai tog….. honde kan probleme gee wanneer hulle nie genoeg aandag kry, of nie genoeg oefening kry nie, of sleg beheer word. Nie altyd die honde se skuld nie. Hulle mag ‘man’s best friend’ wees, maar jy moet ook sorg dat jy hulle ‘best friend’ is.

Helen ·

Ek is ook 2 jaar terug deur my eie hond gebyt omdat ek wou ingryp toe sy my labrador gebyt het. Vandat ek haar gekry het was daar altyd ‘n gevegtery op my erf en dit was die laaste. Sys van kant gemaak en daars weer rus en vrede op my erf. My 2 Labs is gladnie sulke vegtende honde nie. Hulle sal jou liewers dood lek

Jeandre ·

Ek weet die kind het nou nie geweet nie, mar as twee honde baklei dan bly mens maar weg. Dalk klein honde kan mens probeer stop.

Piet ·

Ek is versigting vir enige groot honde nie want hulle is baie moeilik om te beheer as die paw paw die dag die fan strike.

xenia ·

EK WIL GRAAG AS OUMA DIE VOLGENDE MET JULLE DEEL DIE ONSKULDIGE SEUNTJIE HET BUITE GESPEEL NET SOOS ANDER KINDERTJIES VAN SY OUDERDOM. SY PAPPA HET NAGDIENS GEWERK EN MAMMA WAS BESIG IN DIE HUIS . DIE TWEE PITBOELE HET BEGIN BAKLEI EN DIE SEUNTJIE HET GESKRIK NET SOOS WAT ENIGE EEN KON SKRIK HY WOU HARDLOOPM OM IN DIE HUIS TE KOM OM VIR MAMMA TE SE TOE DIE HIONDE HOM BEGIN AANVAL. MY DOGTER HET UITGEHARDLOOP TOE SY IETS HOOR EN ALLES IN HAAR VERMOE GEDOEN OM HAAR SEUNTJIE TE BESKERM . DAAI HONDE MIEKE WAS VIR HULLE SOOS HUL EIE KINDERS HYULLE HET BAIE AANDAG GEKRY EN BAIE OEFENING

Elaine Krige ·

Hallo Xenia. Ai tog ongelukke gebeur so vinnig! Ons harte gaan uit na julle. Sien jy nie kans om met ons te gesels nie? Ons sal graag wil hoor hoe dit met ma en seun gaan. Stuur gerus ‘n epos na [email protected] Groete!

capie ·

Die probleem het gekom toe die kind weghardloop. Dit “trigger” enige hond. As die honde baklei, beheer die eienaar nie die honde nie. Ek hoop die kind kry ook sielkundige behandeling sodat hy later die genot kan put om met diere te kan werk en hulle te verstaan. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.