Honde val koerantafleweraar aan

Die vrou ontvang mediese behandeling op die toneel. (Foto: Netcare 911)

’n Vrou wat koerante in die noorde van Durban aflewer, is Woensdag deur twee honde in die straat aangeval.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is net voor 13:00 na Bougainvillea- en Honeysucklelaan in Glen Anil ontbied waar hulle ’n vrou met verskeie bytmerke aan haar onderlyf aangetref het.

Die vrou, vermoedelik 30 jaar oud, is na wat verneem word deur twee honde aangeval toe sy koerante afgelewer het en lede van die publiek moes haar te hulp snel en die honde van haar aftrek.

Die vrou is op die toneel behandel voordat sy per ambulans vir verdere mediese behandeling na ’n hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Samuel ·

Dit is baie tragies. Waarom hou honde eienaars nie hulle diere agter slot en grendel nie?? Die eienaar(s) moet gestraf word.

miavos ·

Die verpestelike honde het my seun se lewe hel gemaak in die dae toe hy as laerskoolseun koerante in die Paarl afgelewer het. As jy n koerant afgelewer wil hê hou jou honde in toom!

Elinette ·

As jy wil hê jou seun moet koerante aflewer, leer hom om die koerant in die spesiale houer daarvoor teen jou hek/muur of posbus te sit en nie sy hande of arms oor die heinings te steek nie.

Charl ·

En as daar nie sodanige houer of posbus is nie wat doen jy dan slimjan ?

Gerhard ·

Elinette. Kyk net gou weer. Die vrou is in die straat aangeval. Ek verstaan wat jy bedoel en dit geld net solank as wat honde in erwe gehou word.

Mallie ·

Dis tragies as dit met onskuldige mense gebeur nadat die wat skuldig is die diere tart.

Pablo ·

Arme vrou. Ek hoop sy herstel en le n klag teen die eienaars van die honde. Sterkte.

Nico ·

Straf die eienaars van honde wat rondloop, hier sit ek ook met honde wat robdloop en dit nogl ‘n polisie vrou wat die wette ken. Die eienaar van die honde moet die vrou se mediese kostes betaal.

Miskruier ·

Ons staatsveearts kan nie meer plaaswyke besoek vir Hondsdolheid inentings, die staat het nie n voertuig beskikbaar. Mens staan nog n kans om Covid te oorleef, Hondsdolheid is dodelik as daar nie betyds opgetree word na n byt.

Gerhard ·

Ons het gister n vrou in die buurt gehad wat baie onsteld was omdat haar hond in die straat raakgery is en sy wou die skuldige aankla by polisie.

Baie hartseer en frustrasies kan gekeer word as mense hul honde net leer om in die erf te bly. As dit te veel moeite is moet jy dalk eerder nie honde he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.