Hondegevegte: 17 skuldig bevind

Argieffoto: NDBV

Sewentien mans is vandeesweek in die Nigel-streekhof in Gauteng skuldig bevind vir hul betrokkenheid by hondegevegte.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het die skuldigbevinding verwelkom en gesê hondegevegte is ʼn hoogs onwettige, afwykende, kriminele aktiwiteit.

Die skuldigbevinding spruit uit ʼn ondersoek wat in November 2013 deur die NDBV van stapel gestuur is.

Die NDBV het gereageer op inligting van ʼn georganiseerde hondegeveg wat in Tsakane in Ekurhuleni gehou is. Dit het tot die inhegtenisneming van die 17 verdagtes gelei. Die NDBV het ook 14 erg beseerde honde in hul sorg geneem.

“Die landdros het in sy uitspraak verskeie gapings in die beskuldigdes se getuies en weergawes van die gevegte uitgewys wat teenstrydig was met dié van die staat se getuies. Die landdros het gesê die staatsgetuies se weergawes was logies, duidelik, bondig, eerlik en verantwoordelik. Die landdros het verklaar hy beskou hondegevegte as ʼn baie siek vorm van vermaak,” het Wendy Willson, senior inspekteur en ondersoekbeampte van die NDBV, ná die uitspraak gesê.

Sy het gesê die NDBV is dankbaar dat die kriminele skuldig bevind is vir hul deelname aan hondegevegte. Willson het die oorwinning as ʼn baanbrekersaak beskryf en wat as geregtigheid dien vir die honde wat die slagoffers van dié misdryf is.

“Dit was vier uitdagende jare met verskeie uitdagings om die saak te finaliseer, maar ons het dit gedoen.”

Die verdagtes sal op 18 April gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nettie ·

@Hondeman …… vet kans! Dat hulle gestraf en swaar gestraf sal word ……. In SA het diere ‘regte’, maar daardie regte word nie afgedwing nie. Die SPCA’s in SA is merendeels net “killing zones” en verder geld-slukkende, tandelose sg. “diere-welsynsorganisasies”.

Chantall ·

Prys die Here vir mense wat die werk doen om die gemors aan te vat wat die arme diere so mishandel

Norman ·

In my opinion, if god is to get any praise when humans intervene to stop this garbage, then I want to know why he did not stop it in the first place.

M ·

Norman, go watch the Movie The Shack, it will give you the answer.

Albaster ·

Goeie vraag Norman. M, daardie fliek waarna jy verwys is van die bose self. Wat hulle jou probeer leer is dat jy maar net al te naief moet terugsit en die lelike dinge van die wereld aanvaar.

Anli ·

Sooo dankbaar hulle is vasgevat!!! Danki vir al d persone wat ons diere teen duiwels beskerm!!!

Pop ·

Dankie tog. Nou kan die howe n verwysingsaak he om volgende boewe vas te vat. Diere kan nie vir hulself praat nie, so ons moet dit namens hulle doen.

AJ ·

Name?

Ons eis die name!

Dis kranksinnige mense wat dalk tussen ons woon!

Ons wil weet wie so baarbaars is sodat ons hulle kan vasvat in ons gemeenskap!

Komaan Maroela! Plaas hulle fotos, name en adresse.

Ons wil weet wie hulle ouers, eggenote en vriende is! Sodat ons hulle kan laat skaamkry vir die barbaarse wreedheid teenoor diere.

Ons wil aandring dat hulle afgedank word deur besighede wat hulle barbaarse dade veroordeel.

Darius Els ·

SULKE GEMORS MOET HANDE ARBEID SAAM MET N 25 JR TRONKSTRAF KRY.
N ANDER WOORD VIR GEMORS IS DAAR NIE,ONGEAG WIE SE KINDERS/FAMILIE HULLE IS.MAAR EK KAN RAAI DIS OF MYNERS OF BRANDEWYN EN COKE DRINKERS.EN RAAI WIE DOEN DIT?

Daan ·

Wys hulle fotos vir almal om te sien wie die skuim van die aarde is.

Morne ·

Nou moet die DBV nog net vir Thandi Modise laat les opse vir die verwaarlosing van die varke en ander diere op haar plaas

Jane ·

EN WAT IS DIE STRAF? Altyd word daar berig hierdie mense is VAS en word aangekla, en daarna NIKS> Daar is polisie en sogenaamde animal welfare groepe wat WEET van hierdie dog fighting rings en NIKS daaraan doen nie. Hulle word gedreig en tweedens word hulel ook betaal, so moet ons asb tog nie om die bos lei nie …

Kobus Bekker ·

Darius Els, wie gee jou die reg om myners met n blanko verklaring as boos uit te kryt? Veroordeel die daad nl.hondegevegte en die persoon wat dit pleeg maar moet nie wetsgehoorsame mense wat BAIE lang ure werk om hierdie land se ekonomie aan die gang te hou verkleineer nie. Duidelik is jy onkundig, oningelig, en heel moontlik onopgelei daarom dat jy myners stereotipeer. Kry jou feite reg en gaan werk net 1 dag saam met n myner, miskien leer jy iets.

Adriaan ·

Wie is hulle? Hoekom word die krimenele bekerm? Hulle het mos al gepleit!

Fanie ·

Mnr Darius,
As dit nie was vir die sleg myners nie , dan het jy o.a nie elektrisiteit in jou huis gehad nie!

Pop ·

Jammer mense maar ons land het nie wette vir diere nie. En ek is ernstig. Diere word as eiendom beskou waarmee jy kan maak wat jy wil. En Zuma het al by geleentheid gese dat honde n witmens ding is. Watse ding weet ek nou nie. As hy bedoel het dat ons sagte harte het vir diere is hy reg. So iewers moet n landdros n tronkstraf gee vir ander sake om as riglyn te dien. Gewoonlik kry hulle net n boete. En n “slap on the wrist”

fm ·

M daardie fliek waarna jy verwys is baie beslis vervaardig in ‘n baie groot slopemmer wat gevul is met dik walglike soet stroop. Baie beslis ligjare verwyderd van die werkliheid – die onbeskryflike wreedhede wat daagliks teenoor mens en dier gepleeg word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.