Hondekos toe dwelms

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 46-jarige man is Maandagaand by ʼn hotel in Bedfordview, oos van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hy betrap is met nagenoeg 7 000 Mandrax-tablette wat hy in verseëlde hondekossakke versteek het.

Kol. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die polisie het ʼn wenk ontvang van dwelmhandel in die gebied. “Beamptes het die parkeergebied van die hotel dopgehou en omstreeks 22:00 ʼn verdagte BWM opgemerk wat daar opgedaag het,” het Kweza gesê.

“Die beamptes het op die bestuurder toegeslaan en die motor deursoek. Hulle het twee groot sakke hondekos gevind wat verseël was. Binne dié sakke was sewe kleiner sakke met sowat 1 000 tablette in elk.”

Die man het die polisie na sy huis in Walkerville geneem waar chemikalieë en toerusting gevind is om Mandrax te vervaardig.

Die man moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

Ek stem saam Irene laat hy al daai pille eet want hoeveel jong mense se lewens sou hy vernietig het met daai dwelms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.