Honderde ambulanse weggewys by Gautengse hospitale

Argieffoto

Sowat 500 ambulanse met pasiënte word maandeliks by staatshospitale in Gauteng weggewys aangesien dié oorvol hospitale bloot nie nóg pasiënte kan inneem nie.

Volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, is dié onthulling verlede week gedurende die Gautengse nooddienste (EMS) se voorlegging aan die provinsiale wetgewer se gesondheidskomitee gemaak.

Luidens die voorlegging is 5 347 ambulanse tussen Januarie en Oktober vanjaar by oorvol staatshospitale weggewys. Dit het veroorsaak dat duisende pasiënte, sommige kritiek, ure moes wag om mediese behandeling te ontvang.

Volgens EMS is die meeste ambulanse vanjaar by die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus weggewys. Ambulanse word elke dag sowat vier uur lank by dié hospitaal weggewys.

Ander hospitale wat die afgelope maande meer as 15 ambulanse per maand weggewys het, is: Chris Hani Baragwanath-hospitaal, Jubileum-hospitaal, Charlotte Maxeke-hospitaal, George Mukhari-hospitaal, Verre-Oos-Rand-hospitaal, Steve Biko Akademiese hospitaal, Tambo Gedenkhospitaal, Leratong-hospitaal, Tembisa-hospitaal, Sebokeng-hospitaal, Helen Joseph-hospitaal, Kalafong-hospitaal en Bheki Mlangeni-hospitaal.

Dié hospitale wys sowat elke tweede dag ambulanse weg.

Bloom vertel dat 585 pasiënte net in Oktober vanjaar by staatshospitale in die provinsie weggewys is. Altesaam 245 van dié pasiënte was ernstig siek of beseer, 175 was kraam- of pediatriese pasiënte, 131 volwasse waakeenheid-pasiënte, 98 psigiatriese en 54 pasgebore pasiënte.

Om sake te vererger veroorsaak wegwysings dat minder ambulanse beskikbaar is om op noodgevalle te reageer, aangesien dit pasiënte na hospitale verder weg moet vervoer wat wél plek het.

“Pasiënte wat op die vloere of in hospitaalgange lê, is ʼn algemene verskynsel in oorvol ongevalle-afdelings van hospitale. Die ongevalle-krisis moet dringend reggestel word deur meer personeel aan te stel en fasiliteite uit te brei om meer beddens te bevat,” meen Bloom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wurmpie ·

Laat hulle die NGS instel dan sal jul sien hoecword ambulanse weg gewys

Jackie ·

Niks oor die gebrekkige gesondheidsorg skok my nie meer nie, privaat hospitale ingesluit.
En dan wil hulle nog die NGS op ons afdwing…?

Stella ·

En SOOO verval die ou landjie (asblik)van ons,wat eers mooi was!

Pampoen ·

Die grootste probleem is dat hier te veel mense is. En daarvan wil niemand praat nie. Die tweede problem is dat mens verskeie hospitale kon bou vir die geld wat op SAL vermors word. Daar is oorgenoeg geld as mense net hulle lang vingers daaruit kan hou.

Monica ·

Ek werk self as n medic,en het al self met pasient en al gestaan en wag,nog erger,die klinieke mag net na die naaste hospitale toe verwys,en so is beide ons naaste hospitale daai aand op divert,so die pasient(wat ons besig is om te resus),moet Bara toe,dit was n nagmerrie om die minste te se,want so wag ons toe saam met die ICU ambulaans vir clearance om Bara toe te gaan

jennefer ·

N vriend moet nou twee weke wag dat sy galstene by Steve Biko verwyder word. Hy gaan daagliks agteruit, het 6 dae gewag vir n CT . Sy opname het begin in Secunda, toe Benoni en n dag later na Steve Biko verwys. Die operasie kan nie gedoen word want die “aircon” werk nie by die teaters. Rapport het gister n artikel gehad oor n ander pasient wat ook 2 weke moet wag.

Sê maar net ·

Dit help nie hulle sit meer beddens in die sale nie. Daar bly nogsteeds ‘n tekort aan opgeleide, bevoegde personeel. Die wat wel daar is, is of kapoet gewerk of onbekwaam.

wraggies ·

As die NGS eers in werking gestel is raai waar gaan daai ambulanse heen. Ja dis reg, na die private hospitale toe.

Gesiggie ·

Ek was een van daardie statistieke wat weggewys dat by Baragwanath ongeveer ‘n jaar terug. 16 ure in haglike omstandighede gewag dat hulle kon aandag gee. Ek het in daardie tyd opgemerk hoe oorwerk die hospitaal personeel en dokters is, daar is eenvoudig te veel pasiente vir die hoeveelheid personeel. Die regering moet drasties omsien na meer hospitale en soos “Se maar net” hierbo se, die wat wel daar is is kapoet en gewerk en meestal onbevoeg om sekere gevalle te hanteer, Prosedures neem twee, drie keer langer om uitgevoer te word omdat al die jong dokters en dokters wat hul prakties in die hospitale moet doen, ingespan word by dringende gevalle. Ons het onlangs Kaap toe getrek en ek is verstom oor die toestande van die staatshospitale hier in vergelyking met Gauteng se hospitale. Die staatshospitale hier kan vergelyk word met sekere privaathospitale. Hier word pasiente met eerbied behandel en die personeel doen hulle werk nog met trots. Se ook maar net……………

JohanR ·

Kan net dankie se dat ek het volle privaat medies. Maar waaneer die NGV in werking is sal almal seker by elke hopitaal ingeprop word, of nou privaat medies het of nie. Dankie ANC. Julle weet behoorlik hoe om ‘n land op te neuk!!

Dis Nou ·

Wraggies – ek dink die ambulans gaan dan reguit lykshuis toe

Genoeg is genoeg. ·

Dis Nou- ja en die lykshuise ga ook oorloop.
Grappies op n stokkie,– hier kom nog groot chaos, die is net die begin.

Skandelik ·

Hulle kon nie eers oorneem en voortgaan nie. Wat nog van bou ‘n paar hospitale op hulle eie kennis en vaardighede?

ES ·

Dalk bietjie minder buur state en uitlanders opneem dan is daar meer plek vir SA mense, maar hul voorsien gesondheidsorg vir Zimbabwe, Swaziland, Lesotho ens baie van hul mense daar

Johan ·

Hospital is vol van buitelanders en daar is nie plek vir ons Burger’s van SA nie meeste AIDS en TB gevalle

Linda J ·

Ag seblief, gaan kyk bietjie by Steve Biko hoeveel pasiente lê net daar, wat al lankal kon huistoe gegaan het. Ek het al self vir ‘n persoon gevra nou hoekom gaan jy nie huistoe nie, want jy lyk vir my baie gesond. Hy het net gelag en eerlik gesê: my mense kan my nie nou kom haal nie so nou bly ek maar hier in die hospitaal tot hulle my kan kom haal. lekker man, lekker. Wonder hoeveel sulke gevalle nog in die hospitaal is.

Tallies ·

Ek dink selfs ou Steve Biko sal in sy graf omdraai as hy kon sien hoe pateties hierdie land geraak het ……………….

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis wat gebeur wanneer ‘n onbeheersde bevolkingsontploffing alles “gratis” kry….Nou word elke persoon met ‘n “seer toon” aangery hospitaal toe, op staats-onkoste…wat indirek beteken my en jou belasting betaal daarvoor, of ander gestel, die hardwerkende Suid Afrikaner betaal vir diegene wat nie hier hoort nie, nie wil of kan werk nie, en alles “vir gratis” wil hê.

Sobymykoolkop ·

En die ministers en kaders SAL nie onder die NGV val nie. Eerste wêreld lande se hospitale is hul voorland.

Leon ·

Moenie bekommerd wees nie, die ANC sê die NGV sal die probleem oplos. Daar sal soos magic ewe skielik meer plek wees en meer hospitale en die personeel sal skileik bevoeg word om hulle werk te doen.

Gert R@M ·

Gesondheidsversorging het geweldig agteruit gegaan. Dienste het verswak. Die landsburgers ly daaronder. Opsomming die NGV sal nie die verwagte kwaliteit dienste kan lewer nie. Weereens gehalte van bestuur baie swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.