Honderde babas in Gauteng-hospitale agtergelaat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gemiddeld van 11 babas word elke maand in Gauteng-hospitale agterlaat.

Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder vir die Demokratiese Alliansie (DA), het Maandag gesê daar is oor die afgelope drie jaar 374 babas in Gauteng-hospitale agtergelaat nadat hul ma’s sonder waarskuwing net die hasepad gekies het. Reeds 108 babas het vanjaar in die provinsie se hospitale agtergebly.

Bloom het gesê afgesien daarvan dat dit ongeveer R2 000 per dag kos om na hierdie babas om te sien, is dit nog meer kommerwekkend dat ma’s voel dit is nodig om hul kinders agter te laat. “Voorkomingsaksies moet van so ’n aard wees dat maatskaplike probleme aangeraak word wat die natuurlike band tussen moeder en baba verbreek.”

Meer as ’n kwart van die babas is by die Krugersdorp Leratong-hospitaal agtergelaat, het Bloom gesê. Daar is tans 52 babas in die hospitaal wat al meer as ’n maand daar lê sonder dat enige familielede hulle kom opeis het.

Volgens Bloom word babas om verskeie redes agtergelaat, waaronder tienerswangerskappe, ongewenste swangerskappe, ʼn gebrek aan familieondersteuning, ʼn pa wat verdwyn, vrees vir ouers of ʼn gevoel van weersin by die ma.

Qedani Mahlangu, Gautengse LUR van gesondheid, het gesê die departement pak die probleem aan deur die volgende maatreëls: Verseker dat ouers geïdentifiseer kan word en kontakbesonderhede beskikbaar is, opvoedkundige praatjies oor voorbehoedmiddels en die keuse om die swangerskap te beëindig, asook gesinsterapie om die situasie te hanteer.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

maggie ·

en dit is hoekom ek glo jy moet net soveel kinders he as waarvoor jy kan sorg. Nie die staat kan sorg nie, maar jy.

christine ·

Onmenslike gedrag van die mense darem. Bevestig net wat baie van ons reeds weet. Feite moet skille van oe laat afval regtig.

GES ·

Wat sê dit van ‘n volk wat sy kinders weggooi soos rommel? Dit laat ‘n mens dink …..

Charl Coetzee ·

En om te dink daar is paartjies wat duisende rande spandeer om kinders te kry maar nie kan nie…

Julie-ann ·

eerder in ‘n hospitaal as in ‘n asbliksak, ashoop, rioolplaas, die Here se genade is groot Hy weet die omstandighede. Ons kan nie ooreel nie. ons weet nie of sy ‘n kind self is wat daardie baba moes baar nie. daardie baba het ‘n kans gekry. daar is soveel mense wat nie kan kinders kan he nie wat ‘n kans kan kry om kinders te kan he omdat daar ‘n baba in ‘n hospitaal agter gelaat is. Here wees saam met die mense wat hierdie klein geskenkies moet groot maak. gee aan elke een ‘n huis, ‘n mamma en pappa wat na hulle sal kyk liefde gee en eendag ‘n toekoms.

Moeder ·

Ek is jammer. Ek stem saam oor die “eerder in n hospital as op n as hoop” deel. Maar daai kinders word NIE aangeneem nie. Hulle word in kindehuise gedruk en daar gelos.

Mariane ·

En so sal die Here vir elkeen n plek kry en hul beskerm want selfs vir elkeen van hul het Hy n plan. Hy hey hul geken nog voor hul gebore is.

Meisie ·

Dit is sonder twyfel `n wrede onverantwoordelike ding om te doen , maar dit is nogtans beter as om die baba in `n asblik of toilet te gooi!! Los eerder die baba in die hospitaal as in `n asblik!!!

Anneline ·

Die ma’s kry net ‘n geboortesertifikaat waarmee hulle hulle toelaag kan eis. Niemand kyk ooit of die baba in hulle sorg is. Kindertoelae is die grootste euwel in Suid-Afrika.

Dries ·

My geagte Theunst, n hond is net so goed as wat sy baas is. Slegs hierdie regering en sy volgelinge kan sleg genoem word,dit weerspieel in hierdie land se huidige toestand. Dit bewys hul kultuur van arrogansie deur te verwag dat ander vir hul weereens moet sorg.

yster 74 ·

Wats volgende. Waardes en sienswyses verskil duidelik van mens tot mens.

EMK ·

En gratis voorbehoeding is ORAL beskikbaar. Wraggies… ek het nie woorde nie. Weereens meer van ‘n geldelike las op die Staat om dir kinders te versorg ( en dus op die belastingbetaler )terwyl alles verhoed kon word. En voor iemand nou weer skree hoe kan ek so skryf, die arme babas gun hul ‘n lewe, di snie waaarom dit gaan nie- wees realisties, dis die werklikheid mense.

M A ·

Ag nee! Ek wil so graag nog ‘n baba grootmaak maar sal nooit een kan aanneem nie; te oud en te arm, en dan nog enkellopend ook. Ek sal beslis alles wat nodig is kan voorsien maar dis nie goed genoeg nie. Eerder weeshuis toe met hulle.

Lydia ·

Daar is so baie babas wat weg gegooi word maar hul se daar is nie babas om aanteneem nie.ons sukel al so lank om nog n baba aanteneem.so ook baie van my vriendine.nou wat nou?

Piet Pompies ·

In die kommentaar hierbo word genoem, “dit bevestig net weereens wat ons weet”. Harde woorde, ongelukkig die waarheid. Watter ma sal haar kind na geboorte net so los!

Gideon ·

Aan almal wat so smag na kinders en nie omgee of dit ‘n ander ras is nie- gaan neem aan soveel as wat julle wil, want dit is nou maar weer ‘n geval van daar mag nie gesê word watter ras dit is wat so gelos word nie, behalwe natuurlik as daar poste geadverteer word, is dit grondwetlik aanvaarbaar om te sê, voorheen benadeeldes! Nou kom ek sê julle, hierdie wat so in die hospitale gelos word is ook voorheen benadeeldes wat kinders los.

sarie van heerden ·

Maklik om te se gee liewer jou kind op vir aanneming maar dis ‘n bewese feit dat mense nie swart baba’s wil he nie en wit baba;s is net nie beskikbaar nie.

pinky van pretoria ·

Te dinke ek en my man sukkel al 6jaar om kind te he. Ai en dan gebeur dit wil graag n moeder wees aan n kind ai my hart sommer seer van vooraf ek huil sommer weesr

Rene van Wyngaarden ·

Nou wonder ek net. Hoeveel van die babas se ouers is Suid – Afrikaanse burgers? En watter persentasie is HIV slagoffers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.