Honderde behandel ná brand by myn uitbreek

Argieffoto

Meer as 100 mynwerkers van Gold One se Modder East-myn in Springs, oos van Johannesburg, word vir rookinaseming behandel ná ’n brand by die myn uitgebreek het.

Maroela Media het vroeër berig 644 werkers was ondergronds ten tyde van die voorval. Al die werkers is na die myn se toevlugskagte van waar hulle na die oppervlak gebring is.

Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die National Union of Mineworkers, het gesê die vakbond is baie ontsteld oor die voorval, veral omdat dit plaasvind skaars twee weke nadat ses werkers gesterf het tydens ’n ondergrondse brand by die Palabora Mining Company se mynskag in Limpopo.

“Die NUM verneem van ’n betroubare bron dat ’n vragmotor aan die brand geslaan het. Meer as 100 werknemers is vir rookinaseming by Parkland-hospitaal behandel,” het Mammburu bygevoeg. “Ons eis dat die departement van minerale hulpbronne onmiddellik sal ondersoek instel en dat die departement sal verseker dat die myne veilig is en die veiligheid van ons mynwerkers ’n prioriteit is.”

Die vakbond het die reddingspan geloof wat seker gemaak het dat alle werknemers veilig na die oppervlak gebring word.

“Ons veroordeel hierdie tipe voorval ten sterkste, aangesien dit nou ’n neiging word. Daar is reeds ’n groot getal sterftes in die mynboubedryf en ons sê dit is nou genoeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Trek oorpakke en hardehoede aan en gaan ondergrond NUM!Miskien sal julle agterkom dit verskil daar ietwat van jul luukse kantore.Hou op kla en kerm en kom ‘met ‘n PLAN vorendag hoe myne minder gevaarlik gemaak kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.