Honderde beseer toe passasierstreine bots

Foto: Verskaf.

Verskeie nooddienste het Donderdagaand na die Van Riebeeck Park‑treinstasie in Kempton Park gehaas ná gerugte van ʼn baie ernstige treinongeluk.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hulle het omstreeks 18:30 reageer en dat dit blyk dat meer as 200 mense beseer is tydens die botsing tussen twee passasierstreine.

“Die grade van beserings wissel,” het Herbst gesê.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, het ook bevestig dat hulle na die toneel ontplooi is en dat daar “baie pasiënte” is.

Ona Ndala van Best Care wat op die toneel is, het aan Maroela Media bevestig dat alhoewel ʼn amptelike getal nog nie bekend is nie, ten minste 200 mense beseer is.

“Daar word eers na die ernstig beseerdes omgesien en hulle vervoer. In dié stadium is daar nog geen bevestigde sterftes nie,” het Ndala gesê.

Die polisie, brandweer en verskeie nooddienste is op die toneel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

willie ·

ai hierdie tiepe van ongelukke neem net toe ween onvermoeë! gaan doen maar ondersoek wie is in beheer en wat is die vereistes om hul poste te beman!

Antoinette ·

Lyk vir my meer of die poste glad nie beman is nie. Is daar dan nie meer sinjaalkamers of bemannings nie? Dis tog doodsbelangrik?

Dereck Le Roux. ·

So kom die domino effek in werking en die effek van regstellende aksie en swak opgeleide mense wat sleutelposisies moet beman en moet waak om lewensverliese en veiligheid van passasiers te verseker in momentum.

PJC ·

Ek moet sě hierdie laat ń mens wonder oor die bevoegdheid van die treindrywers en die treinbeheer beamptes.

Hennie ·

Seker weer die wit mense se skuld deurdat treine deur ons die land ingebring was.

Marietjie ·

Is die treindrywers se opleiding op standaard? Hierdie ongelukke gebeur te gereeld!

EP ·

My vraag ook. Treindrywers en rangeerders se opleiding blyk substandaard te wees as ‘n mens kyk na al die treinongelukke wat plaasvind plus dan die feit dat instandhouding van treine ook nie gedoen word soos vereis.

Pik ·

Ek dink daar is n % van ons bevolking wat kleur blind is staan maar by n rooi verkeerslig en kyk wat gebeur dieselfde het hier gebeur i rest my case

Koos de Meyer. ·

Ons probleem is onbevoegdheid punt. Ons mede lands burgers eish .

Skerpioen ·

Treindrywers? Hoe is dit hulle skuld? Hulle kan nie links en regs verby mekaar gaan nie. Hulle is op n spoor. Dis die mense wat in di beheerkamers is!

Skerpioen ·

Of beheerkamer kan 2 treine op die selfde spoor sit …..

Ouma ·

Simpatie aan al die beseerdes. Het die sinjale reg gewerk? Kabels dalk af?

Siek en sat ·

Sterkte aan beseerdes. Wie se skuld? APARTHEID en regstellende aksie se skuld. Wil mos nie mense met regte kennis aanstel nie.

Ruiter in Swart ·

Kolonalisme se skuld! Bring die donkie karre terug…..

Essa ·

Skerp waarneming Skerp ioen.
Hoe ook al, trein ongelukke is gewoonlik “human error”. Of kabel diefstal? Beste wense vir al die beseerdes.

D V ·

Wie moet verantwoordelikheid aanvaar?????
Treindrywers en of Treinreguleerders wat sinjale beman.
Was drywers en reguleerders albei op pos, waker en somber?????
Laat mens dink nè!!!!!

Ernest ·

Ja vra dit hoe gebeur dit Dit is omdat mense in beheer geen soos in niks verantwoordelik het nie

robert naude ·

Nuwe Rama taxis. Dit gebeur mos nie……. Moet net die joernaliste wees wat die stories uitdink.
Kyk maar hy lieg sonder om te blink of te bloos…

·

Ek wonder waar die fout kan wees hulle het alles mos so mooi onder beheer alles loop mos seepglad of het ek dit Verkeerd

Netso ·

Wat word van publieke vervoer in SA! In die kaap brand die volk die treine. In Transvaal skryf die werkers dit af!

Rooikop ·

Iemand het nou weer gesit en slaap en nie sy werk gedoen nie ………………… tipies nuwe
SA ……….. almal wil n “job” hê maar niemand wil werk nie………………….
Dit is om van naar te word …………….

Johan ·

Probleem is by beheerkamers waar sinjale beheer word. Geen onderhoud op sinjaalstelsels nie. Treindrywers tree op inopdrag van beheerkamers.

Hoe nou?? ·

Johan, jy is gedeeltelik reg, maar wil jou net reg help. Daar is nogal van tyd tot tyd die probleempie waar die Treindrywers beweer dat hulle ‘n sinjaal gekry het om te ry, wat dan nooit die waarheid was nie, omdat alle gesprekke opgeneem word. Dan in daar oor meer male gevalle waar die Treindrywers summier sinjale “skip”omdat hulle nie oplet “in die klas” nie. En dan sommer iets anders ook. Sodra die Treindrywer of Guard op trein se “tyd” vir die skof verby is – klim hulle mos af en los die trein ook net daar waar hulle is. Die houding is mos – wel my tyd is verby – of julle stuur aflos vir die trein of sien kom klaar. Bye…

Eish ·

Dit is ook maar n bestiering dat die advertensie vroeër hierdie week op die platform oor n treinvakansie het nie plek vir kommentaar gehad nie. My woorde sou profetiese strekking gehad het.
Die groot bekommernis is die vlerkvervoer!
Net n kwessie van tyd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.