Honderde beset Vrystaat-boer se plaas

‘n Foto van die klag wat by die polisie aanhangig gemaak is. Foto: Verskaf.

Sowat 600 grondbesetters het Maandagoggend by ʼn plaas net buite Virginia in die Vrystaat opgedaag, veld begin brand en erwe uitgemeet.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die besetters het omstreeks 08:00 by die plaas Christiana, wat aan Andries Pienaar behoort, opgedaag en die veld aan die brand gesteek. “Die boer het die polisie in kennis gestel en lede van die openbare orde-polisie, genoeg om met daardie skare af te reken, is na die toneel ontplooi,” het Mbambo gesê.

Mbambo het gesê ‘n aantal mense is in hegtenis geneem op aanklag van betreding ná hulle die pad na Meloding met vullis versper het toe die polisie hulle van die plaas verwyder het. Sy het die situasie as “gespanne” beskryf en gesê die polisie gaan voort om die gebied te monitor.

Volgens haar is dit onduidelik van waar die mense afkomstig is, maar is dit moontlik dat hulle van die plaaslike aangrensende Meloding-nedersetting afkomstig is.

Johan Terblanché, brandbeskermingsbeampte van die omgewing, het laat Maandagmiddag aan Maroela Media gesê toe hy ʼn uur vantevore weg is by die toneel was die besetters nog daar.

“Hulle staan so 200 tot 300 meter uitmekaar. Daar is nog geen strukture opgerig nie, maar ek vermoed hulle gaan dit vanaand kom doen.”

Terblanché het gesê tussen 200 en300 ha se goeie rooigrasweiding is afgebrand. Volgens hom het Pienaar ʼn klag van betreding by die polisie aanhangig gemaak alvorens die openbare orde-polisie by die toneel opgedaag het.

Daar word beweer ʼn raadslid het die inwoners toestemming gegee om die grond te beset.

Volgens Terblanché kon die brand suksesvol bestry word met die hulp van ʼn groepie boere en het hul nuwe brandbane ook gebrand.

“Hierdie dinge gaan al hoe meer gebeur en mens moet dit mooi en versigtig hanteer deur die regte wetlike kanale,” het Terblanché gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Hein ·

As dit meer gereeld gaan gebeur, hoe gaan die openbare orde polisie op verskillende plekke kan keer? As dit landwyd gelyktydig gebeur?

Irma ·

Seker deel vd plase wat deur die ANC ge-oormerk is vir onteiening. Ek het vanoggend by ‘n petrol joggie gehoor dat ons bekommerd moet wees want die deksel op die pot is nogsteeds ‘n deksel wat die pot goed pas. Menende ons huidige president en sy uitlatings.

Hardus ·

Ek kan nie dink hoekom anders die raadslid vir hulle toestemming gegee het nie.

Mag ·

Dit is wat hul met die plase gaan maak wat hul kry, verkoop ‘n stukkie vir ‘n duisend rand en slaan duisende plakkershutte daarop. Dit gaan nie bewerk word vir boerdery nie. Hoe hartseer dat ons land tot so ‘n vlak gaan verval.

Karen ·

Ek stem Mag, dit is so hartseer om te sien wat alles met hierdie pragtige land gebeur.

Adam ·

Lyk vir my die groot Afrikaner groeperings het geskitter in hul afwesigheid.

Johan ·

Dis darm waar! Reken op jou naaste vir hulp en jou naaste wys jou hulle gee nie n halwe sandkorrel vir jou om nie. Skitterend man!

Eish ·

Agri SA het blykbaar n plan. Vra Dan Kriek wat anti Afriforum is. Afriforum het n n tak in die Goudveld nie. Gebrek aan belangstelling.

Cherokee ·

By die name van ingeskrewe lidmate van die ‘groot Afrikaner groeperings’ skitter diegene wat gereeld in forums oor hulle kla en wi sê wat hulle moet doen, in hul afwesigheid

Theresa ·

Ek weet nie – dit lyk dan asof ander boere hom gaan help het.
Was jy daar?

Koos ·

Mnr die President, u beter baie vinnig die volgende op openbare media, wat deur die ANC beheer word, naamlik alle TV kanale van die SABC, aan die mense van hierdie land oordra:

Dat u persoonlik by verskeie geleenthede die versekering gegee het dat geen grondgrype links en regs sal plaasvind nie en dat orde en wet ten alle tye gehandhaaf sal word.

Mnr Ramaphosa, dit is uit-en-uit jou verantwoordelik teenoor alle mense wat hierdie land bewoon.

Sien asseblief toe dat dit so spoedig moontlik wyd en syd bekend gemaak word vir almal om daarby te hou.

Daarsonder gaan die gevolge van hierdie tipe lukrake gebeure, ly tot onbeheerbare aksies en reaksies in hierdie land.

Doen jou woord gestand en wys vir AL die mense dat jy bedoel wat jy sê as jy praat en nie net uitsprake maak tot voordeel van net sekere mense nie.

@Koos ·

Die geagte mnr die president in wie jy so baie hoop koester om die minste te se voel vere vir jou as blanke se regte,jy ou Koos vorm nie deel van sy Afrika plan nie oor jou blanke ras! Hy is dan juis die een wat die hitte opdraai om die paddatjies in die kookpot ongemaklik te laat rondspring soos dinge warmer word….Moet nie jou asem ophou ter wagte n antwoord van hom nie want jy gaan dit nie maak nie…

Petro ·

Dit lyk vir my Zuma regeer nog en hy slaan nog steeds die kitaar en CR vra hoe hoog moet en spring

Nettie ·

@ @Koos – Aikôna, Koos, daar het jy dit heel verkeerd. Ramaparra HÉT ‘n Afrika-plan vir wittes: jaag hul van hul plase en ander grond af, vat daai grond en jaag die wittes dan in die see …. of, kortom, sny hul kele sommer in die proses af: oumens, jongmens, kind, baba, manlik of vroulik – dit maak nie saak nie. Hier kom ‘n tweede Zimbabwe, “mark my words”.

En selfbeskikking ·

Selfbeskikking is selfverdediging, ons moet nou daarvoor staan.

Msp ·

Ek wil net baie dankie sê vir die SAPD vir hulle flink optrede. Ons gaan ñ moeilike tyd in. Staan vas, staan saam en moenie moed verloor nie.

Anna marie ·

Dis dalk bietjie vd on derwent af…maar van wanneer af skryf n klaer sy eie verslawing? Wat van die elemente van n misdaad wat geweld moet word?? Geen wonder so baie sake word teruggetrek nie. Dis n skande. .

Koos ·

Anna marie (twyfel of jy jou eie naam reg spel) natuurlik kan ‘n klaer sy eie verklaring skryf. Vertel my eerder waarom nie, en die elemente van die misdryf word g’n benodig nie. Dis ‘n klag wat beskryf word nie ‘n klagstaat nie. Jy verwar polisie met staatsaanklaers. In elk geval, sterkte met jou verslawing. Dink voor jy net skryf.

Attie ·

Koos dit was n rotoriese vraag sy het nie gevra vir so kommen aanmerking nie wonder eerder of Koos reg gespel is dink dit moes met n D begin het

Snowball ·

En as hulle vannag strukture opsit, mag hulle daar plak? Hoekom is hulle nie fisies verwyder nie? Mag die boer sy eiendom verdedig, aangesien hulle reeds weiding vernietig het, of bly die polisie op die toneel vannag? Wat is die wetlike kanale wat nou gevolg moet word?

Johannes ·

En wat doen ons Boerevolk? Net mooi niks. Pik verward rond, sonder ‘n plan, sonder leiers en sonder hoop….

ROEP NOU ‘N VOLKSBERAAD AF DAT ONS KAN BESLUIT WAT ONS GAAN DOEN!

pieta ·

Nou roep hom Johannes, roep hom….Hoekom moet iemand anders dit altyd doen.

Andrea ·

Ek stem. Ag Vader, as ons net n behoorlike leier gehad het!

Francois vRvO ·

Kom woon die Kragdag by , ons kan nie ons planne op die internet uitblaker nie.

TP ·

@Johannes: Jy slaan die spyker op die kop: “sonder leiers”. As (en dis ‘n groot as) die ‘leiers’ optree is dit reaktief, kan iemand asb proaktief begin dink en optree. Al die ‘leiers’ staan langs die kantlyn an wag om te sien wat gebeur?

TP ·

@ Francois vRvO: kan jy asb meer besonderhede gee oor waar ons inligting kan kry oor die Kragdag?

DieWaarheid ·

Julle almal smeek vir n leier, did dalk omdat die volk sy leier verloor het. Ons het ‘n Leier en sy naam is God. Hoekom soek julle nog?

moegoe ·

wat weer wys hoe die eff en hulle henchman, ramaphoza die mense belieg. kan SA bekostig om bewerkbare plase aan behuising af te staan?

Johan ·

Beste oplossing. Boere wit en swart moenie plant nie. Dis die oplossing

Boland ·

Johan dit gaan nie help nie.Al wat gaan gebeur is dat mielies vir duurder ingevoer word.SA is deel van die wereld.

What a joke!@boland. ·

So boland as dinge teen duurder pryse ingevoer word dan betekin dit mos produkte op die rakke gaan ok duurder word so die armstes m.a.w die massas gaan dit eerdste voel en dit mnr as wat jy wil he!

Swart Piet ·

Ek wil nou net een ding weet. Wie betaal daai boer se verliese aan weiding, tyd, ens…..

Ronel ·

Thanks Cyril en almal wat so positief was oor sy sogenaamde goeie leierskap…

Boer ·

Hy sou sy ander wang gedraai het. Om vuur met vuur te veg gaan ons baie duur te staan kom.

Stephanus ·

Hy loop vooruit, en Sy skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken. ken hierdie volk Sy Herder se stem?

Eish ·

Yeshua weet presies wat Hy doen, presies!
Dalk stroop Hy ons nou van al die afgodjies waaraan ons, onsself verslaaf het oor die milenia. Die goedjies wat tussen ons en Hom staan. Verbasend hoe nader ons aan mekaar kom soos die situasie versleg.

ChristaT ·

Jesus is nie die fairy godmother wat ‘n towerstaffie swaai en sie daar alles is reg nie. Hou op om hom altyd op die beskuldigings bank te wil sit. Jy behoort jou te skaam Spook. Gaan op jou kniee en bid. As jy bid en met jou hele wese GLO dat God jou sal help sal dit so wees. Ons bid maar glo nie en is so arrogant om Jesus te beledig maar verwag ter selfde tyd Hy moet help. Moet Hom nooit bevraagteken nie, Hy die Almagtige weet wat Hy doen.

André ·

Pieter, dankie !!
Verwag om negatiewe comments te kry van al die kleingelowiges / anti-christene.
HY is ons enigste hoop. As ons onder Hom saamstaan, kan ons oorwin.

Marnus ·

En nou gaan einste boer sy bas afsukkel om daardie plakkers van sy grond af te kry…

Ons veg ‘n verlore stryd – dink jouself net in wat gaan gebeur as verskeie groepe op meer as een plaas in ‘n omgewing grond beset… hoe op dees aarde gaan (of kan) die polisie soveel mense hanteer….????

Die ANC het hulself lelik in die voet geskiet met hul gronduitsprake omrede die massas nou rondloop met die idee dat hul grond gaan kry (of net kan afvat…)

Hul het dan self erken (artikel op News24) dat hierdie skuif die ekonomie kan raak, maar dat hul glo dit langtermyn vrugte sal afwerp… Wat net WEEREENS ‘n bewys is dat hul NIKS omgee vir ‘n vooruitstrewende, beleggers-vriendelike ekonomie nie, hul eis hul pond vleis by ons en KLAAR!

Soos hul in engels se: “This will end badly….”

Tant Koba se groottoon ·

Dalk het hulle hulself nie in die voet geskiet nie… dalk was dit die plan. Verwagtinge is geskep, neloftes is gemaak, mense is opgesweep…
Natuurlik gaan die mense hul eie ding doen en dan was die regering sy hande in onskuld.

Rln_NZ ·

Die padda in die pot begin nou warm kry… die plaat in aangedraai onder die pot en die deksel word opgesit.

Penellope Jones ·

Pandemonium is SA se voorland.
ALMAL wil grond he, daar is nie genoeg nie, maar wie van hulle gaan dit glo?
Hulle mag dalk selfs onder hulself ook stry, baklei en veg vir dieselfde stukkie grond.

Susan ·

*NB Baie baie… Belangrik……!!!*
Hier is *moeilikheid* op pad as ons nie *nou* in spring nie.
Die public participation due date vir die hele grond vat sonder vergoeding storie is nou Vrydag weg.
As ons nie, en dit sluit sommer alle Suid Afrikaners in, nie nou help nie is ons almal in *groot moeilikheid…!*
Die Instituut van Rasse Verhouding het dit so maklik gemaak om jou kommentaar in te dien. Jy gaan op die skakel https://bit.ly/2Jf19Dh, scroll tot heel onder en submit.
Dan stuur hulle jou kommentaar reguit na die regering. Dr Frans Cronje (CEO) gaan juis nou Europa??????? en Amerika?? toe om die VN te praat. Ons moet ons support wys. *Dis net 4 blokkies om in te vul… Asseblief…!!!*
Stuur die boodskap aan na al jou vriende asb…!
Dankie vir jou besonderse aandeel in hierdie *belangrike* geskiedkundige versoek.. !
Mooidag.

Alwyn ·

Sommige kommentaar grens aan die ligsinnige kant terwyl hierdie dalkies die begin van die eindspel is van die erge dinge wat ons land vorentoe te wagte kan wees.Eers is blanke mans uitgewerk en moes vrouens voorkeur in die werkplek kry. Gesinne is ontwrig deurdat mans by die huis moet sit en doeke omruil . Gesinne is daardeur opgebreek.Tweedens is almal aangemoedig om hul vuurwapens in te handig indien hulle nie bereid is om aan bepaalde streng vereistes te voldoen nie.Menige het hul wapens sonder slag of stoot ingehandig.En nou laastens word die siklus voltooi deur die ontmagde wittes die stryd aan te se betreffende hul laaste bietjie seggenskap nl. hul grond/eiendom.Hierdie was van begin tot end n wel deurdagte proses en meeste het opgetree soos skape wat ter slagting gelei word.Ek moet die betrokkenes geluk wens met hul meesterplan.Ons het daarvoor geval en die vraag is sal ons weer kan opstaan en se ek is nie langer bereid om maar net boedel oor te gee nie.Wat is besig om te word van n eens besonder trotse blanke nasie.Meeste van ons ons lees nognie die tye reg nie en afwesigheid van n leier soos diesulkes van ouds is nognie gevind nie of moet dalk nog gebore word.Deur opponerende magte te skel of wat ookal sal niks beteken nie ons moet eerder saamstaan die tyd reg lees en ons”mind” opmaak. Groete.

Johan ·

Meeste van daardie grond besetters indien nie almal nie, is buitelanders wat onwettig in die land is. Hulle oortree op privaat grond en die polisie en regering kyk net toe.

LHS ·

Boere in Zim het mugabe wereldhof toe gevat, die saak is in Namibie aangehoor en ten gunste van die boere beslis. Gaan lees gerus op hoeveel Afrika hulle daaraan gesteur het en hoe daardie boere se plase en huise doodeenvoudig afgebrand en vernietig is. S.A. verskil op geen manier met wat in Zimbabwe gebeur het nie. Presies dieselfde gaan hier gebeur sonder slag of stoot.

Pietman ·

“…mooi en versigtig hanteer deur die regte wetlike kanale…” maar wat doen ons binnekort wanneer die wetlike kanale nie meer bestaan nie omdat die grondwet verander word?

Driekie ·

Hulle wil nie boer nie… Elkeen soek net n stukkie grond waarop hulle kan plak… . Blote astrante en uittartende optrede om die wit boere kwaad en magteloos te laat, as jy my vra….. Hulle doen dit opsetlik…..want hulle mag mos……CR het so gese….. Ek wonder net waar bly hulle dan nou, huidiglik?? .. .Daar is in elk geval geen water, riool of elektriese aanlegte waar hulle nou hul stukkie grond afmeet nie….of wag, dit sal mos nou hul volgende eise wees….

Driekie ·

Hoekom gaan plak hulle nie op munisipale grond nie?? Dan sal hulle seker vinnig ‘ verwyder’ word…

Andre ·

Waar is die mense wat altyd geskree het dat SA NOOIT ‘n tweede Zim sal word nie? Kan ons van julle hoor asseblief?

John Samuel ·

“mens moet dit mooi en versigtig hanteer deur die regte wetlike kanale” …

Laat weet ons asseblief so 6x maande van nou af hoe dit vir jou uitwerk Mnr. Pienaar.. Tog wens ek jou Alle Sterkte toe, want more is dit my grond in die spervuur.

Jean ·

Die blankes in Suid Afrika het geen benul van saam staan nie so dis is hul lot verdoem om die selfde pad te loop as die blankes van Zimbabwe…
As jy opkom met n idee om die regering te maak dwing om te sien dat die blankes nie onder toe sal gaan sonder n geveg nie maar helaas daar sal altyd n verskoning wees en die idees sal afgeskiet word as oordrewe en nie nodig nie!
Die land moet heeltemal eers afgebreek word soos Zimbabwe tot op sy fondamente en die blankes verjaag voor daar geluister sal word en dan vinnig wil te probeer optree maar by dan is dit te laat!
Die tyd is verby vir die blankes om op hul louere te rus en te dink als is nog ok. Soos in die bybel ,nog n biejie slaap nog n nog n bietjie sluimer nog n bietjie handjies vou om uit te rus….Ons moet die wereld hof benader,ons kan belasting terug hou …Boere ontrek meeste van jou produkte en probeer dit na buiteland toe uitvoer ..Die land sal eers moet honger kry voor daai lot jul belangrikheid sal verstaan..As hul dan jul grond wil kom vat wat hul in elk geval gaan doen laat hul dan n voorsmakie kry van wat kom want die lot kan nie boer nie! Die situasie vir die blankes in die RSA is op breekpunt,planne sal vinnig gemaak moet word met harde optredes!

Yankee ·

Lol, ek dink Koos met die D is nou tjoepstil. Pragtig gese Attie!!!!!

Jakes ·

Een ding wat wel in die Grondwet gaan verander is die lyn United in diversity wat United with bugger-all gaan word as dit so aangaan, dit is lyk my die meester plan, ons almal moet saam niks he nie , ek is klaar besig met n kookboek vir alle resepte wat mens kan maak met “United nations aid packs” gegewe die feit dat daar nog papier gaan wees teen daai tyd behoort dit n taamlike suskses te wees, wat nie n groot verskil gaan maak nie want ons almal gaan moet “share” in daai wins “equally” so n kwart sent vir almal.

Diefie ·

Almal wat sê ons staan nie saam nie, wat doen julle? Maak julle ten minste ‘n maandelikse bydrae vir hulp aan die boere?

Tinus ·

En as die wit mense klaar mekaar sleg gese het en beledig het en jul skrik wakker het die meerderheid reeds jou grond/huis gevat en sit nou lekker en drink koffie op jou sitkamer bank. dis tyd dat ons, ons trots in ons sak steek en saam begin staan en mekaar help!!!

Spike ·

Lees op nw 24 wat se city press se redakteur oor cyril se aankondiging verlede week. Jammer dat die rasionaliteit so min is.

Spreekbuis van die bok ·

Daardie hele groep is die spreekbuis van die NWO.

BL ·

Ek lees van hoe praat die mense van saamstaan en ons moet iets begin doen. Raak betrokke by GPF, Whattsup groepe, organisasies in jou gebied. Daar is meer as 1500 afrikaner splinter groepe en niemand wil bymekaar kom nie. Gaan kyk na boerelegioen.co.za. Die tyd raak min. Iemand het gese waar is die “verdediging mag”, ons is hier raak betrokke by julle organisasies.

Elsa ·

Hi Mense
Kan julle jul self indink as dit met julle gebeur, hoe moet daai mense voel op die oomblik.
Wat staan hulle nou te doen, Wat gaanhulle doen ??????
Here asseblief wees met hierdie mense want ek dink hulle is in paniek.
Kom boere , as julle daar naby woon, begin saam staan en help. Ons het nog regte.
Help mekaar asb. Kom afrikaners ons moet mekaar help

HPV ·

Nie die polisie of weermag het die mannekrag om die besettings af te weer sou dit landwyd toeneem nie. Tyd dat die VN solank betrek word asook dat selfverdediging groepe plaaslik mobiliseer word.

Pieter ·

Dis ‘n baie gevaarlike situasie vir die blankes. Hierdie dinge word gedoen met die doel om ons aan te jaag en bitter kwaad te maak. As ons teen die mense beweeg op enige geweldadige manier, het hulle die reg om “in massa” teen ons op te trek. Dis wat hierdie aksies na strewe. Ons is nou in ‘n hoek gedryf en sal moet besluit as ‘n blanke minderheid wat belangrik is. Onteiening van eiendom is die finale doelwit, grond onteiening is slegs deel daarvan. Met ander woorde – dit raak elke blanke in SA, of ons dit nou wil glo of nie.

Sakvil ·

Anngehaal uit Die Vryburger , DuP du Plessis March 12, 2014.

“My raad aan die Boerevolk is: Deur jou geloof in ons Vader te stel, om jou Hoofmanne oor 100, -1000 en -10000 oor jou aan te wys, kan jy voorkom dat jou volk se vyand jou Volksregering kaap en jou verder verslaaf.”

Johannes ·

1. Roep ‘n dringende Volksberaad af
2. Alle groeperings wat bereid is om vir die Boere-Afrikaner se belange te veg moet hierdie beraad bywoon – van AfriForum en VF-plus tot Suidlanders en AWB
3. Skuif ideologieë waaroor ons verskil opsy en identifiseer die doelwitte waaroor ons saam stem
4. Kondig ‘n referendum af en stem as volk of ons gaan VEG of VLUG
5. Kry ‘n werkbare plan op die tafel – as ons besluit om te VLUG: waarheen en hoe? As ons besluit om te VEG: wanneer en hoe?

Elize ·

En dan is daar nog steeds van ons eie mense wat sê hou op om te kerm en te kla, dit sal tog NOOIT gebeur nie. Word wakker, dit gebeur!

Waar is die REGSTELSEL? ·

Asb hoekom is die REGSMANNE altyd so stil as dit by plaasbesetters kom? Julle dreig maklik blankes as hulle hier sou kommentaar lewer dat hulle hulleself gaan verdedig maar WAT maak jy as duisende mense jou plaas storm en begin afbrand. ??? IS BRANDSTIGTING nie meer ‘n misdaad nie? Hoekom word al hierdie mense nie in HEGTENIS geneem nie .. grondvergrype of te not jy KANNIE net ander mense se plekke aan die brand steek nie …

Vis arrend ·

Wat ek graag sal wil weet: hoeveel gevalle van betreding op staat grond is bekend en wat was die gevolge daarvan?

Hanna Hoekom ·

Geen besetting, want daardie grond is nie produktief nie. Hulle wil slegs produktiewe grond he wat binne n jaar leeg gestroop sal wees.

Theresa ·

Wat van die mense wat dag in en dag uit sit en vuurtjie maak op sypadhoeke? Dis ook besetting van grond wat nie aan hul behoort nie. Lui-lekker party so in die son op vodde banke wat vir hul aangery word want ag shame – hul sit hard op die kliphope wat hulself so pak waar daar niemand eers moet sit nie.
EN
Die honderde mense wat toegelaat word om hierdie houtskerms te maak en te bou en dan saans heerlik op dieselfde grond waar hul tog sekerlik nie handelslisensies het nie, ook sommer lekker te bly – vure te maak en die omgewing te besoedel op meer as een manier.
My opinie: hierdie kleinskaalse wetteloosheid en onaansienlikhede gaan bloot nou groei na onmoontlik hanteerbare chaos.

Erick ·

Die moderne kerk is tjoepstil. So luidrugtig gewees tydens die apartheidsera teen sogenaamde ongeregtigheid. Wat is fout, wil julle nie sien hoe groei die monster wat julle help groot maak het nie? Ek vra maar dat die ware gelowiges nie sal ophou bid vir leiding en nie sal ophou werk waar jy jou ook al bevind in die land.

HPV ·

Die moderne kerk is siende blind en horende doof betreffende ongeregtighede teenoor minderheidsgroeperings, maar spring, sing en maak musiek vanaf hul verhoë, nie eers te praat van verdraaide eensydige liberale teologie te verkondig nie.

Riouna Martin ·

Wat ek wil weet hoekom kry alle ouderdomme grond tot die 17/18 jaar oud is hulle was nie in daardie tyd gewees nie. Beteken dit dan my kinders kan ook dan gaan grond gryp?? Aangesien almal kry van enige ouderdom.

EK ·

Wonder wat sal gebeur as hulle Ramaphosa se plaas moet beset en aan die brand steek?

Chris77 ·

Die blanke Afrikaner gaan NOG ALLES VERLOOR, want julle wil nie saamstaan nie. Julle wil nie planne maak om op een gebied soos die Wes-Kaap, Noord-Kaap en die Oos- Kaap tot by die Visrivier te konsentreer nie. Daar kon alreeds ‘n onafhanklike Afrikaner gebied gewees het in Suid-Afrika maar die boere in die noorde was nie bereid om op ‘n kleiner stukkie land te boer nie. En nou gaan hulle sommer alles vat. So dan bly daar op die einde dan niks oor nie. Want julle was nie bereid om van die begin af te onderhandel nie. Dit moes al voor 1994 gebeur het. Almal wil mos net die mooiste, grootste plaas he.As jy na die getalle kyk is die enigste uitweg ‘n onafhanklike Wes-Kaap, Noord-Kaap, deel van die Oos-Kaap. Die grond was nooit deur die swart Nuguni stamme besit nie voordat die blanke aan die Kaap aangekom het. Dus het hulle ook geen geskiedkundige reg op daai grond nie. Was nooit hulle sin om te begin nie.

HPV ·

Chris om ‘n Afrikaner gebied te hê moet mens onderhandel, met wie? Die anc regime? Geen mens kan met hulle onderhandel nie, dit is totaal onmoontlik. Ek dink ons staan ‘n beter kans op ondehandeling met Swaziland, Namibia, of Botswana. Die Afrikaner sal egter oorleef met of sonder ‘n gebied, met of sonder oorlog, die Afrikaner sal nooit gaan of bly lê nie. Indien dit baie sleg gaan sal hulle wel saamstaan en dan sal niks hulle keer nie!

Skaap ·

Chris77 – Stem 100% saam met jou.
Die Achilles ‘hak van die sogenoemde afrikaaner nasie; Is ons liefde vir geld en besittings bo oor ons naaste. Eers wanner ons elkeen daai juk kan afskud as indvidue kan ons ‘n begin om ‘n nasie te vorm.

So hoe konsentreer ons?
Kan iemand my verkeerd bewys asb oor die; maar dit lyk my groepe bv suidlanders/boerelegioen aanlyn stel meer belang aan lede gelde as om mense opgreg te help.

Miskien een gedagte wat ek kan voorstel; As jy ‘n erf besit waarvan geografies dit redlik maklik is om te verdedig begin eerder wit vlugteling laat in tente en karvaane op jou erf bly virniet. Daar is nog dorpe en plaase in die weskaap wat redlik veilig is en as ons op die dorpe/plaase konsentreer kan ons mekaar beskerming bied.

Lucille ·

Chriss77 ~ jy praat die waarheid! Die Afrikaner wat so vasklou aan sy besittings en ego gaan more op straat sit oordat hy nie kan saamstaan met sy broer om hulle te beskerm nie. Die ANC het klaar gewen. Daar is niks oor van ons trotse boerevolk meer nie

Net 'n voorstel ·

‘My plaas vir julle huise’. Wat van as ons almal in hulle plakkerskampe gaan bly? En dit mooi maak, daar begin plant en boer? Hel ek is so lus om party van daardie (Al daardie) grond in mooi groen velde te omskep! Met soveel baie vrugteboorde…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.