Honderde besware oor Grahamstad se nuwe naam

Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het meer as 300 briewe van teenkanting ontvang oor die naamsverandering van Grahamstad in die Oos-Kaap.

Mthethwa het einde Junie aangekondig dat Grahamstad voortaan as Makhanda bekend sal staan en dat die nuwe naam amptelik in die Staatskoerant gepubliseer is nadat hy ʼn aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamraad (SAGNC) ontvang het.

Volgens Mthethwa het hy intussen 332 briewe ontvang van persone wat teen die naamsverandering gekant is. Hy het gesê meeste van die besware is ʼn “gebrek aan konsultasie”, “koste-implikasies” en “historiese sentimente”.

Mthethwa het gesê wetgewing maak voorsiening daarvoor dat enige persoon of organisasie binne ʼn maand ná die minister ʼn geografiese naam goedgekeur het, beswaar mag aanteken. Die minister kan dan die klagtes na die SAGNC verwys vir advies of hy moet voortgaan met die naamsverandering.

“Dit is verblydend om te weet dat Suid-Afrikaners verstaan dat ons demokrasie deelname aanmoedig en dat hulle hul besware kan opper en hul stemme kan laat hoor. Hulle het nou met die briewe hul stemme laat hoor en al 332 briewe sal gelees, erken en op gereageer word.

“Daarna sal ek elke beswaar na die SAGNC verwys vir advies in ooreenstemming met wetgewing om ‘n ingeligte besluit te neem en om hierdie saak te finaliseer.”

Makhanda was ʼn Xhosa-kryger, filosoof, profeet en militêre man wat teen kolonialisme geveg het, insluitend tydens die stryd teen die Britse garnisoen by Grahamstad in 1819. Hy het ook as Nxele bekendgestaan. Grahamstad is oorspronklik vernoem na die Britse weermagbeampte, kol. John Graham, wat die troepe gelei het wat gestuur is om ongeveer 20 000 Xhosa-stamlede uit die gebied te dryf.

Ander name wat ook oorweeg is, is Rhini, Makana en Nxele, maar daar is uiteindelik op Makhanda besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

strooi pop ·

sal altyd n 110 ekskusies hê oor hoekom besware teen naamsveransering, nie tel nie. vf+ moet asb by die konstitionele hof gaan aansoek doen dat ministers van kuns en kultuur wat so graag name verander, self alle kostea moet dra. vir naamborde, al
tlas, boeke, rydskrifte, allea verbonde aan naamverandering op die veranderaar se onkoste.

Theo ·

Elke dorp/ stad het geskiedkundige waarde in Suid Afrika. Die feit is dat elke dorp/stad deur harde werk en beplande ontwikkeling deur blanke kundigheid gestig/begin is. Dit anc is die realiteit van ons land. As die anc dan name van” hulle” mense wil gebruik ter ere van wat hy/sy ookal in die verre verlede gedoen het, dan anc stig/begin jou eie dorp, en noem hom net wat jy wil. Wat julle nou doen en al reeds gedoen het met alle naamsveranderings is volgens my bloot net KULTIREELE diefstal

Chris Ws ·

GRAHAMSTADTERS maak julle klaar vir die nuwe naam.NIKS gaan die anc keer nie.Die’ wat beswaar aageteken het mors hul tyd en moeite.Dis soos om ‘n windjie te los teen ‘n orkaan.

Judge Dredd ·

Die enigste dink wat die ANC regkry is om name te verander – andersins niks.

Stuiwer ·

As dit jou beter laat voel, noem dit net wat jy wil. Dit pla my nie. Ek het nie name nodig om myself belangrik te laat voel nie.

Oud Rhodie ·

Ian Smith was gevra wat hy gedink het toe Salisbury na Harare verander is. Sy antwoord – “Call this filthy place you want. It is not Salisbury anymore.”

Nettie ·

Hou op verdomde geld mors op twak soos naamsveranderinge en help die mense wat julle ingestem het: bou huise, skep werk, verskaf elektrisiteit, sanitasie en lopende water vir diegene wat dit nodig het.

Niemand ‘worry’ meer oor wie dié “Makhanda” was nie – ek het in elk geval in geen Geskiedenisleer-hoofstuk in my boeke of skooljare van hom gehoor nie, dus kon hy nie veel van belang gewees het nie, behalwe dat hy natuurlik blankes aangeval en vermoor het, soos wat sy nasate tans in SA doen.

“Makhanda” se alie – hy het ‘sweet blou boggerôl’ gedoen om Grahamstad te stig, te ontwerp, te bou en te ontwikkel. Was dit nie vir die Britse Setlaars van 1820 nie, het die Oos-Kaap seker nóú nog gelyk soos toe: een massiewe bosgaas, sonder lopende water, elektrisiteit, stede, dorpe, huise, strate ens. ens. ens.

Republiek ·

Wanneer gaan mense besef demokrasie beteken niks en dat ons eintlik ‘n republiek is. Sonder die republiek is demokrasie niks anders as ‘n woord nie.

Johan H. ·

Stuiwer!! Dit gaan nie daaroor nie. Dit gaan oor net nog iets waarop die cancer hul vuil hande kan opsit en vat wat nie hulle sn is om tevat nie. Nogal netjies aangetrek die x polisieman.

Chris du preez ·

Enige naam is beter as die veragtelike name van die Engelse wie ons vroulike en kinder voorgeslagte so uitgemoor het

ne ·

Elke tweede dorp se naam gaan met ‘n “M” begin. Hier kom ‘n Babelse verwarring in SA

Cherokee ·

hehee.. dit sal meer wees as slegs elke tweede dorp wat met ‘n M begin (of u in Natal – uShaka, uMhlanga, uMgeni, uMtata ens).
Eintlik snaaks dat ons al die jare tevrede was met dorps- en stadsname wat vernoem is na Engelse wat ons land wou hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.