Honderde betoog by tronk oor Walus se vrylating

Foto: ANA

Foto: ANA

Lede van die polisie se openbare-orde-eenheid moes Vrydag die ingang na die Kgosi Mampuru II-gevangenis afsper toe honderde betogers by die tronk opgedaag het en geëis het dat die besluit om Janusz Walus, Chris Hani se moordenaar, op parool vry te laat, omgekeer word.

Verskeie paaie in sentraal-Pretoria moes deur die polisie afgesper word terwyl lede van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP), die Young Communist League en die SA Congress of Trade Unions (SACTU) ʼn optog van die stad se sakesentrum tot by die gevangenis gehou het. Twee polisie-njalas het voor die ingang van die gevangenis gestaan.

In ʼn verklaring wat Donderdag deur die betogende organisasies uitgereik is, het hulle gesê dat hulle die besluit van Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, steun dat daar teen die hofuitspraak dat Walus vrygelaat moet word, geappelleer moet word.

Die hof het vroeër vandeesmaand die minister se weiering om die Poolse immigrant, wat Hani 23 jaar gelede geskiet het, op parool vry te laat, tersyde gestel. Masutha is aangesê om Walus se paroolvoorwaardes binne die volgende 14 dae vas te stel en hom vry te laat.

Walus, ʼn Poolse immigrant, het Hani, die leier van die SAKP, in April 1993 doodgeskiet. Hy is oorspronklik die doodstraf opgelê, maar dit is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel nadat die doodstraf afgeskaf is.

Clive Derby-Lewis, wat ook lewenslange tronkstraf uitgedien het vir sy aandeel in die moord op Hani, is verlede jaar ná herhaalde pogings op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tiger ·

Betoog maar lekker jul onopgevoede “mense” van die anc en eff.

Andre ·

Is hulle waaragtag so dom? Verstaan hulle nie dat daar reeds kennis gegee is van die minister se appèl teen die uitspraak nie?
Nee, tipies, word hierdie gesien as ‘n gulde geleentheid om vir ‘n dag nie hoef te werk of werk te soek nie.
Onnodige vermorsing van tyd en energie.

My bydrae ·

Julle sien mos ons volgens een van die plakkate: Ons verstaan nie die “enorme impak” van die moord nie. Walus het sy vonnis uitgedien. Hy is al ‘n ou man. Hoeveel politieke leiers wat aandeel gehad het aan die beplanning en uitvoer van moord het tot hul dood in die gevangenis gebly? Hulle het staatsleiers geword. Wat word gedoen tov daaglikse aanvalle, moorde, verkragtings en vergrype? Kinders moet gesien en nie gehoor word nie

Dirk ·

Ek ondersteun nie Walus nie. MAAR….Dis ontstellend dat daar ń kultuur ontstaan het van nieaanvaarding van hofbeslissings. Dit lei tot al die onnodige appelle en skep die indruk dat weldeurdagte hofbeslissing nie aanvaar word nie

Dirk ·

Ek ondersteun nie Walus nie. MAAR….Dis ontstellend dat daar ń kultuur ontstaan het van nieaanvaarding van hofbeslissings. Dit lei tot al die onnodige appelle en skep die indruk dat weldeurdagte hofbeslissing nie aanvaar word nie

Cherokee ·

Jy het jou kommentaar as belangrik genoeg geag om dit dubbel te plak. Analiseer jou eerste sin.

Peet ·

Hy was net n politieke gevangene. Laat hom vry en los hom uit!

D ·

En di mense wat di plakkate dra ken ni di betekenis daarvan ni. Net nog ‘n dag om geen werk te verrig ni.

Loeis ·

Kyk nou mooi: na gister se uitspraak oor Zuma en Nkandla en hierdie saak gaan ons binnekort weer hoor hoe die regbank meer “transform” moet word.

Die grap is dat die hoofregter wie oor Zuma uitspraak gegee het, swart is, en die raskaart dus nie daar so mooi werk nie. Daar is drukgroeppe wie spesifieke uitsprake soek, en as dit nie gebeur nie, is dit “anti-transformation”.

‘n Mooi woord vir iets wat veel meer diskriminerend is as wat apartheid ooit was.

Dirk ·

Ja Liza. Sulke vrae (geldig of nie) ontstaan by oormaat appelle.

david ras ·

Dis tog eenvoudig–die “mense” of die burgers van hierdie land het die Staat aangewys om oor ‘n beskuldigde se lot te besluit–wat ookal sy oortreding.
Daardeur het die burgers hulle eie mag oor die beskukdigde afgeteken.

Na vonnisoplegging is die Staat dus verantwoordelik vir die welsyn van die misdadiger.
Die Staat besluit oor die straf, en die staat besluit of daar genoeg gestraf is—-NIE JAN PUBLIEK NIE.
Geen land kan uitgelewer word aan die wraaksug van individue nie.

Dan ·

Ander hou van visvang, ander hou van perdry, ander hou van rugby en ander weer van niks doen en toy-toy, so mors hulle hul eie tyd.

jaco ·

Kommunisme was in 1989 al op ‘n einde in Pole. Hani is eers in 1993 vermoor. Waarom is Wallus nie al in 1990 terug Pole toe nie? Hy het tog sekerlik na die ANC en SAKP se onbanning ge weet wat in SA gaan kom. Waarom is hy ook weg uit Pole? Onder kommunisme was daar ‘n groot mate van godsdiensvryheid en almal het werk gehad. Behuising was seker nie so goed soos in die Weste nie, maar daar was darem nie plakkerskampe nie. Hierdie man het nooit sy seeninge getel nie

Cherokee ·

Ek neig om te dink dat dit die tweede keer is wat ek jou sien ‘n aanval loots teen Wallus. Waarskynlik het jy nagelaat om jou seëninge te tel en jòu lojaliteit skep ‘n groot vraagteken. Gaan dra ‘n plakaat saam met die betogers en moet nie ons opsaal met jou klagtes oor Wallus nie.

Gideon ·

Jaco, jy weet duidelik nie wat in Pole aangegaan het nie!! Maak seker van jou feite voordat jy jou mond uitspoel!! Ek glo dit is reeds omdat Wallus geweet het wat moontlik vir ons wag dat hy dit gedoen het!! Min het hy geweet wat gaan sy lot wees!

Pieter.v ·

Jaco , en is dit dan nie so dat die anc kommunistes is as hulle jou grond wil afneem en hul wil op die mense wil afdwing, nie omgee vir die gwone man op straat en al die staats instellings kaap vir hulle eie gewin, jy het nog baie om te leer .

Jan maak n Plan ·

Hulle sogenaamde president en sy kabinet stel mos die voorbeeld om nie te doen wat die hof se nie. Hulle is mos verhewe bokant die hof. Lyk vir my volgens die fotos dat dit ook maar n geval is van “rent a crowd”.

Janneman ·

Dit mense, laat my bloed kook. Ons moet ophou op die kantlyn staan deur blote luiheid en polikieke korrektheid, ons en ons kinders se toekoms is op die spel. Wallus het sy straf verdien en gedien, punt. Waar is die ewewig?
Hoekom was daar nie mense met die die plakkate nie: “Where were you when the Church str bombers where pardoned?” Where where you when the Magoos bomber where elected to parlement?” “Where were you when a street was named after the Toti bomber who maimed and killed children?” Die mense se rassisme is uiters walglik! Tensy ons dit teenstaan gaan ons slaoffers vir n baie lang tyd wees. Jammer, ek is in KZN en kan nie self daar wees nie.

Chivago ·

Janneman – 10 uit 10! Ons beter baie vining uit ons gemaksone kom.

Oom Kalahari ·

Mnr Janusz Walus het regmatig sy straf uitgedien en is geregtig om sy vrylating te kan verdien. Waarom die Hof se besluit te ignoreer of te minag en om ‘n raskaart uit te pluk oor dit ‘n blanke Regter was en in belang van geregtigheid opgetree het. As iemand sy straf uitgedien het dan is hy sekerlik geregtig op ‘n tweede kans en is sy toekoms nie die lot van ‘n haatdraende gemeenskap en families se besluit en verwagtinge om verdure vrae en inligting te wil bekom nie en is sy toekoms ‘n saak tussen hom en sy Hemelse Vader. Mnr Walus ons bid vir jou en jou vrylating op parool, jy verdien dit.

david ras ·

Jaco—in Gerard Ludi se boek “the communistisation of the ANC ” skryf hy dat na die val van die Oosblok se kommunistiese regerings, was die hele wereld oorspoel met spioene en diesulkes wat skielik nie meer ‘n heenkome gehad het nie.
Ludi skryf dat hy verbaas was oor hoeveel van hierdie mense in Pretoria se strate rondgeloop het en kontak met ons eie veiligheids mense prober maak het met ‘n aanbod om inligting te verskaf in ruil vir wat hulle ookal kon kry uit die tansaksie.
Hy het destyds vermoed dat Walusz een van hulle was–dit sou verklaar waarom hy nie teruggekeer het Pole toe nie.
Ludi skryf ook dat hy vermoed die moord op Hani was ‘n “black ops”—dit is wanneer iemand ‘n godgesinde person laat vermoor vir politieke gewin.
In geval jy nie weet wie was Gerard Ludi nie—dit was die polisie spioen wat die ANC destyds geinfilteer het en wie se inligting bygedra het tot die Rivonia arrestasies
‘n Ander boek waarin daar ook sterk bespiegel word oor die HANI moord is “Government by deception” deur Jan Lampbrecht.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.