Honderde by Ta’ Grietjie se begrafnis verwag

Ta Grietjie. Foto: Oorsprong onbekend / Facebook

Ta Grietjie. Foto: Oorsprong onbekend / Facebook

Ouma Grietjie Adams, oftewel Ta’ Grietjie van Garies wat bekendheid verwerf het vir haar weergawe van Dis ʼn lekker ou Jan, word Saterdag tydens ʼn “tipiese Namakwalandse begrafnis” ter ruste gelê.

Pieter van der Westhuizen, ʼn kunstenaar wat gereeld saam Ta’ Grietjie opgetree het, het Woensdag aan Maroela Media gesê die begrafnis is oop vir die publiek en gaan by haar tuisdorp, Garies, gehou word. Honderde mense word by dié Noord-Kaapse dorpie verwag om haar vir oulaas te groet.

“Almal kom om 09:00 by haar huisie in Daisystraat 59 in die buurt Mooi-uitsig bymekaar waarna almal saam om 10:00 na die VGK Garies-gemeente sal gaan,” het Van der Westhuizen gesê. Ds. Moses Baartman sal die roudiens by die kerk waarneem. “Die diens behoort tussen een en twee ure te duur en almal sal dan haar teraardebestelling by die Garies-begraafplaas bywoon.”

Verskeie hooggeplaastes en bekendes word by die begrafnis verwag. Van der Westhuizen het gesê hy gaan ook daar wees.

Ta’ Grietjie is verlede Dinsdagaand in die ouderdom van 87 in die Bergsig-ouetehuis op Springbok oorlede. Sy is vermoedelik weens ouderdomverwante kwale dood.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Kleine ta’ Grietjie wys “groot” leiers hoe
Nuuskommentaar: Ta’ Grietjie gegroet
Gedig: Auntie Grietjie
Ta’ Grietjie gegroet
Rieldans se “Ta’ Grietjie” sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sumo ·

Wat ‘n geseënde lang lewe, dit is nie almal beskore om daardie ouderdom te behaal nie.

RUS IN VREDE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.