Honderde bykomende polisielede in Wes-Kaap ontplooi

Leerlingwetstoepassingsbeamptes is Vrydag in diens geneem as deel van die implementering van ʼn nuwe veiligheidsplan in die Wes-Kaap (Foto: Verskaf)

Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het Vrydag 500 leerlingwetstoepassingsbeamptes in diens geneem as deel van die implementering van ʼn nuwe veiligheidsplan om veral moorde in die dié provinsie te bekamp.

Dié leerlingwetstoepassingsbeamptes gaan vanaf Februarie ontplooi word in Wes-Kaapse gemeenskappe wat die meeste deur geweld geraak word. Leerlingbeamptes sal in die eerste paar maande indiensopleiding ondergaan in die gemeenskappe waar hulle ontplooi is.

Die opleiding en ontplooiing van dié beamptes is deel van die Wes-Kaapse veiligheidsplan om misdaad in die provinsie te bekamp. Die regering beoog om ’n totaal van 3 000 polisiebeamptes in die provinsie te ontplooi. Die tweede groep leerlingpolisiebeamptes sal na verwagting teen Juliemaand in diens geneem word.

“Met hierdie veiligheidsplan beoog ons om die moordsyfer oor die volgende tien jaar te halveer,” sê Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid.

“Met meer polisiebeamptes wat sigbaar is en beter diens lewer, kan ons meer misdaad bekamp. Ons verantwoordelikheid is nie net om misdadigers van die straat af te hou nie, maar ook om burgers se reg op ’n veilige omgewing te beskerm,” sê burgemeesterskomiteelid JP Smith.

Die 500 leerlingwetstoepassingsbeamptes wat vandeesjaar ontplooi gaan word (Foto: Verskaf)

Fritz het Alan Winde, die provinsie se premier, en burgemeester, Dan Plato, geprys vir hul leierskap en ondersteuning van die veiligheidsplan.

Die eerste kabinetsvergadering oor veiligheid in die Wes-Kaap gaan ook vandeesmaand plaasvind. “Dié vergadering gaan ’n belangrike rol speel in die uiteensetting en implementering van die sosio-ekonomiese ingrypings wat nodig is om die kernoorsake van misdaad te hanteer. Dit sal ook help om gebiede waar misdaad herhaaldelik voorkom, te identifiseer,” sê Fritz.

Fritz sê hy is opgewonde om te sien hoe die veiligheidsplan in plek val en hoe die stad en regering kan saamwerk om aandag aan veiligheid in die provinsie te gee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Goed en wel Wat is die keuring proses vir hierdie poliesie lede Op die stadium lyk ons poliesie nie te goed nie

Strandloper ·

Goeie nuus maar dit sou uitsteekende nuus gewees het as alle rasse in ag geneem word…

Niklaas ·

Nouja, laat ons wag en kyk of hierdie nuwe inisiatief groot vrugte sal afwerp. Ek het al geleer om nie te gou applous te lewer vir nuwe SA polisie planne nie , want daar is dalks nie eers puik keurings stappe wat gevolg word. So, kom ons hoop maar vir die beste optredes en suksesvolle gevolge wat misdaad bekamping betref.

Paul ·

In plaas van n plan om te se dit is n doel om die moorde heeltemal te wil voorkom of tenminste probeer voorkom, klink dit amper of dit gese is dat moord okay is maar moet dit net halveer.

Niné ·

Kom ons hoop die planne werk. Daardie mense lewe in vrees elke dag en kinders dood met dwaal koeels. Dit is soos n oorlog sone. Elke bietjie sal help.

Grassie ·

Dit klink vir my na ‘n bietjie van ‘n deurmekaarspul. Onder wie se beheer gaan hulle val – die SAP of Metro of die plaaslike owerheid? Het hulle magte tot arrestasie? As ek reg lees is hulle nog onopgelei maar hulle word aan die diepkant ingegooi in die ernstigste misdaadgebied in die land. El glo nie hulle word bewapen nie en dit kan probleme gee. Ek wil nie net negatief wees en kritiseer nie, optrede is noodsaaklik maar ek hoop regtig die persone wat die aksie loods weet wat hulle doen.

Pieter J ·

Hierdie is seker Metro polisie in wie die publiek maar min of geen vertroue het want wie weet of hulle behoorlik opgelei word en waar kom die fondse vandaan om vir hierdie klomp addisionele personeel te betaal?

Sarel ·

Moordsyfer??? Publieke slagoffers os Polisie. Getalle help nie wannerr nie goed opgelei is en toegelaat word om.jou eie lewe te beskerm.nie. Die lewe van Misdadiger en die Misdadiger se regte is vir die regering belangriker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.