Honderde donkies glo lewend geslag

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag gesê ʼn ondersoek na vermiste donkies in die Olifantshoek-gebied in die Noord-Kaap het gelei tot die ontdekking van ʼn perseel waar donkies glo op grusame wyse met hamers doodgeslaan of lewend geslag is.

Mpho Mokoena, ʼn inspekteur by die NDBV se plaasdierbeskermingseenheid, het gesê die organisasie het ondersoek ingestel nadat verskeie donkies in die gebied spoorloos verdwyn het. Hulle het toe op ʼn plaas afgekom waar talle donkies vir hul velle geslag is.

Volgens Mokoena het ooggetuies beweer van die donkies is met hamers doodgeslaan terwyl ander lewend geslag is. “Dit is skokkend dat hierdie sagte diere op so ʼn barbaarse en onmenslike manier doodgemaak is,” het Mokoena gesê

“Heinrich Smit en Dawid Pappie is in hegtenis geneem in verband met hierdie grusame bedrywighede op hul plaas. Ten spyte daarvan dat die NDBV hul borgtogaansoek teengestaan het, is albei mans op 18 Januarie op borgtog vrygelaat. Hulle sal weer op 18 Februarie in die hof verskyn,” het hy gesê.

Mokoena het gesê die vraag na donkievelle vir sogenaamde medisinale doeleindes groei al meer in Suid-Afrika. Hy het gesê donkievelle bevat gelatine en sommige mense glo dat hierdie gelatine teenverouderings eienskappe het, slapeloosheid kan behandel en bloedsirkulasie kan verbeter. Volgens Mokoena word die donkievelle geweek of gekook om die middel vry te stel, voordat dit as bestanddeel in verskeie tablette, tonikums en strope gebruik word.

“Ons is van mening dat die regering baie min doen om hierdie onwettige praktyk hok te slaan. Baie mense se lewensbestaan hang af van die donkie wat hulle besit,” het hy gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om enige inligting van hierdie aard, selfs anoniem, aan ons deur te gee.” Inligting kan na [email protected] gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Marita ·

Almal wil geleerd wees en hoe poste beklee, hoe de dammit.
Alles is deesdae muti, dit is nonsens.
Dit is net barbaarsheid!

andrea van vuren ·

Al die renosters is nou klaar gestroop. Nou slaan hulle toe op die arme donkies! Dit kom alles van China af want hulle is mos Zuma se buddies!

Gatvol ·

Donkie getalle kan met nog meer as die helfde verminder word in Olifantshoek /Deben omgewing. Daar is honderde donkies sonder eienaars wat ongelukke en baie skades aanrig.Stem nie saam met die manier van dood maak nie. Maar hulle kan gerus verminder word.

J ·

Ek stem saam dat hulle nie so barbaars dood gemaak moet word nie. Maar Olifantshoek se donkies loop vrylik rond en al baie motoriste se lewens ge kos.

marietjie ·

Gatvol glo my al die donkies het eienaars die probleem is die eienaars gee net niks om nie vir hulle is dit n vervoermiddel om van punt A na B te kom eienaars moet miskien opgevoed word die arme diere het nie gevra om daar te wees nie iemand moet vir hierdie arme diere wat Jesus se geliefde dier was opstaan soos NSPCA tans probeer doen!

Susan ·

Dis nie die arme donkies se skuld dat hul rondloop nie. Die eienaars moet gestraf word wat nie na hul diere kyk nie. Nou word onskuldige donkies gestraf omdat mense te sleg is om na hul diere te kyk. Huls barbaars!

merryl ·

Sal julle asb. die storie in Engels vertaal. Ek het ‘n vriendin in Kanada wat dit graag wil lees.

Pieter ·

Merryl, asseblief tog. MM is n AFRIKAANSE media web. Wie gaan dit vertaal na Russies vir my vriend in Moskow?
Gebruik Google Translate as jy dit nie self vir haar kan verduidelik nie

Varkie ·

Weet nie of dit net ek is nie maar ek dink sy bedoel die hele regs klik sisteem op MM is gedeaktiveer so jy kan nie eers copy/paste na google translate om te vertaal nie haha

Kobus ·

Pieter jy moenie so onverdraagsaam wees nie. Die vrou het bloot net ‘n vraag gevra. Dis nie nodig on in haar keelgat at te spring nie. Buitendien Google Translate is nie altyd so effektief nie. “Translate” jy daardie berig en kyk wat kom daar uit.

Christelle ·

Cullinan veediefstal het verlede week op duisende donkie velle beslag gele.

Felicity Janse van Rensburg ·

O wee dit maak mens siek! Gelatine is vryelik beskikbaar uit beeshoewe en varkvelle dit word op hope weggegooi! Donkies is die dierbaarste diere en ek is die Vader ewig dankbaar dat ek 2 het en geleer het watter Wonderlike diere dit is. Van die eerste opdragte wat ons by God gekry het na die skepping was om na Sy diere en die aarde te kyk. Antwoord gaan hulle moeilik antwoord

AL ·

Dis verskriklik wat daardie arme diere moet deurmaak en weereens het die Chinese nie respek vir Afrika se dierelewe nie!

Dawie ·

Felicity, ek weet nou nie waar die spesifieke opdrag is dat daar na die diere “gekyk” moet word nie. Petrus skryf in een van sy twee briewe die diere van die veld is gebore om gevang en vernietig te word. Daarmee keur ek beslis nie hierdie optrede van die betrokkenes goed nie, maar sommige mense kan soms regtig meer oor diere te kere gaan as oor mense.

rudi ·

Stem saam. As mens Jona lees dan sien mens God het Jona gestuur om mens en diere in die stad te red.

Kobus ·

En so word my kommentaar weereens uit gevee…sal in die toekoms meer besadige kommentaar lewer…want ek probeer regtig hard om nie te bar te wees as ek sulke goed lees…MM weet presies hoe ek my uit gedruk het…moontlik het ek fouteer toe ek gese het hul velle moet ook lewendig afgetrek word…sal dit vervang met hul gatvelle

Drakensberger ·

….. die Regering iets sal doen? Hulle reageer dan nie eers as witmense wreed gedood word nie! Of dalk doen hulle iets, want ‘n donkie het miskien meer waarde as ‘n blanke in Suid-Afrika!

Patrys ·

Dit is sekerlik nie reg dat hulle die arme goed doodslaan nie, maar ek wil daardie persoon nog sien wat ‘n donkie lewendig afslag! Ek stem met gatvol dat die donkie getalle kan verminder. Hulle veroorsaak duisende ongelukke en meestal noodlottige ongelukke op ons paaie.

Joe ·

Liewe Here laat daar vrede oor my kom, want as U my krag gee, slaan ek hierdie klomp morsdood. Amen.

Claudia ·

Joe, ek is met jou. Die Here help my. Ek sal dieremishandelaars nie uitlos nie!! Ek bid dat hulle hard gestraf sal word. Ek weet dat God sien wat hier aangaan.

Inge ·

Oh vader, ek stem saam. Ek sal met die mense wat die diere mishandel het, presies doen wat hulle met die diere gedoen het!

Suzette ·

@Joe: Gewoonlik bid mens vir krag, genade en vrede. Ek bid deesdae ook liewer net vir genade en vrede. Die krag ding gaan vir jou net in die moeilikheid bring……

Chrizelle ·

Kon dit self nie beter se nie Joe, ons bid maar vir kalmte en nie vir krag nie!!

Blondie1 ·

Daars n blad op fb, dieregesondheid deur Pierre Van Niekerk. Hy is tans besig met onderhandelinge om n diere polisie eenheid op die been te bring wat hom sal beywer vir die optrede teen mense wat diere mishandel. Hulle kyk na bv opleiding van bv n staatsaanklaer wat sal spesialiseer op die gebied ens. Gaan lees gerus daaroor en ondersteun die inisiatief.. dit kan baie diere uit hulle ” hel” verlos

Susan ·

Genoeg is genoeg stop alle tradisionele dokters om te praktiseer. Ñ homeopaat en dokter neem nie lewens van diere om sogenaam ander mense gesond tekry of vir watter ander siek redes nie. Hul Gaan die hele diere spesies uit verwoes om nie ens te praat van kinders en mens lewens wat hul neem vir hul medisinale funksies nie. ???

Bolander ·

Susan, ek stem saam met jou. Maar wie op aarde gaan hierdie “kamptige dokters” stop!!!! Die regering is net so korrup en is tien teen een saam in die ding. Dit is skrikwekkend hoe ons pragtige land en sy mense en dier wat nog omgee agteruit gaan!!!!!!!!!!!!! Dit breek my hart om daagliks hierdie aaklige goed te lees. Daarom sê ek weer. HY moet ons kom haal en al die vieslike gespuis en duiwels mense op die aarde agter te los wat dan die hel gaan wees.!!!!!!!!!!!!!!!!!

vra net ·

Maar ek verstaan nie. Dis n blanke naam en van en die ander een?
Wat sal hul met moetie maak. Laat die hel op hul losbreek vir die pyn wat hul aan die diere doen

M'Lady ·

“Animals run no risk of going to hell. They are already there.” Victor Hugo.

SUZETTE BOTHA ·

DIE PUNT IS DAT ALLE LEWE (INSLUITEND PLANTE) MET WAARDIGHEID BEHANDEL WORD NIE WAAR NIE. DAAROM KYK ONS TOG NA GESAAIDES, EN HOE ONS DIERE BEHANDEL SE MAAR NET HOE ONS MENSE UITEINDELIK SAL BEHANDEL. JA, DAWIE DIS OM TE HEERS MAAR AS DENKENDE BEWUSSYN MET DIE GEVOLGE VAN ONS KEUSES IN GEDAGTE. WAT VAN ‘N PLAN OM DIE LOSLOPENDES TE SKUT, AL IS DIT DAN WEER PRIVAAT INISIATIEF

marietjie ·

Ek persoonlik gee nie om hoe groot pes `n donkie is vir sommige mense nie en die feit dat hulle ongelukke veroorsaak omdat hulle vrylik rondloop is heeltemal irrelevant van met waaroor hierdie artikel gaan. Die wyse waarop hulle doodgemaak word is absoluut barbaars. Ek kan my net hulle angs indink wanneer die ander wagtende donkies sien en hoor hoe die ander donkies lewend geslag word. My hart huil vir hulle en enige ander stom diere wat so mishandel en wreed doodgemaak word. As hulle dan van kant gemaak moet word doen dit dan tenminste met genade vir die arme diere.

Jean ·

Ek stem saam, niemand mag ‘n dier doodmartel nie. Wat se mens is jy? More huil jy as mense gemartel word, maar jy het dit SELF aan ‘n dier gedoen wat ook PYN VOEL. Dink mense ‘n donkie voel nie pyn nie? En DONKIES het dalk 1% van die sterftes op paaie veroorsaak (wat indirek ook die MENS se skuld is aan wie dit behoort, nie die donkie s’n nie) en die res is drank, spoed, onverskilligheid, so word almal dan lewendig geslag wat aan die ander 99% skuldig is?

Susan ·

Die donkies is nie die probleem nie die mens is DIS So HARTSEER

Skokkend ·

Nee nee nee. Wie se donkies is dit? Jy moet tog verantwoordelikheid en eienaarskap aanvaar van JOU donkies dan nie? As hulle ‘uitgedun’ moet word, moet dit darem wragties HUMANE gedoen word en nie halfdood met ‘n hamer geslaan word en dan LEWENDIG AFGESLAG word nie. En as julle mooi oplet word daar gesê die donkies word GESTEEL? Waar kom mense daaraan om diere lewendig te slag, en sommer te besluit hulle wil ander se diere lewendig slag? Hoekom aanvaar elke persoon nie verantwoordelikheid vir sy donkies nie? AS die donkies te veel word, hoekom word hulle nie gesteriliseer om dit in die toekoms te vermy nie? Wat se wreedaardige spul het ons geword? Ons kla oor wrede moorde op mense, maar hierdie is NIKS beter nie. Dit is ‘n LEWENDE dier wat gemartel word tot die dood, GEEN verskoning GEEN rede hoekom dit moet plaasvind nie. Dit is WALGLIK!

Johannes Meintjes ·

Spreuke 12:10 praat van die regverdige wie sorg vir sy diere en die goddelose wie wreed is … Ons is tog rentmeesters van die hele skepping, eerstens jeens mekaar maar ook ten opsigte van die diereryk. Is hierdie tipe dieremishandeling deel van die nood ekonomie in ‘n land waar die regering vir 22 jaar nie geregeer het nie en desperate sosio-ekonomiese toestande die land se mense tot enige etieklose optrede noop net om geld te maak? Waar is ons eie modelle (internasionaal bestaande voorbeelde is beskikbaar vir navorsing en duplisering) van tydbank, ruilhandel, koepons, nywerheids en landbou kibbutze en ontwikkelingsko-operasies?

jean ·

Vandat China belangstel in donkievelle gaan daar meer van hierdie tipe mishandeling plaasvind. Let ook op waar die wreedheid plaasgevind het….dis asof die mens emosioneel afgestomp geraak het en blindelings voortgaan met die vernietiging van God se skepping…maak nie saak wat dit is.

Wilmien ·

Dankie Blondie1, sal beslis gaan kyk. Wonderlike initiatief!

sarie van heerden ·

Wie het die hart om ‘n dier lewendig af te slag. Mens moe hier godsdiens uithou want bid en glo gaan hierdie onmenslike aksies nie tot ‘n einde bring nie. Hierdie is ‘n realiteit wat baie vinnige optrede van mense in beheer hiervan (DBV?) moet laat plaasvind. En aleer die beskaafdes van hierdie land nie die ander deel opgevoed het nie gaan ons altyd te staan kom teen bygelowe, muti’s, toordokters en wat daarmee gepaardgaan.

sarie van heerden ·

MM. Ek kritiseer nie maar vra ‘n vraag. Jul opskrif lui dat Donkies lewend geslag word. Alle diere word tog lewend geslag. Moes dit nie lees AFGESLAG nie? Hierdie is goed bedoel net terwille van die verskil in die begrip geslag en afgeslag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Sarie

Dit gaan hier spesifiek oor die barbaarse wyse waarop die diere doodgemaak en geslag is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johannes ·

Dis reg maak die donkies minder, maar doen dit darem net op ‘n beskaafde manier. Die oorvloed van donkies in baie dele vernietig die natuurlike weiding.

Ouman ·

Die Chinese is die probleem hulle skep die vraag na renosterhorings en donkievelle. Die chinese wat ons land woon is heelmoontlik onwettig hier en is by smokkelhandel betrokke. Hulle smokkel enige ding van geld tot donkievelle

Marlene ·

Ek stem saam, ons moet God se skepping oppas en bewaar MAAR die donkies is n probleem in Olifantshoek. Hulle word die strate ingejaag en ons raak gewoond aan die honde wat vir hulle blaf Intussen word ons beroof en aangerand, want ons kyk nie meer nie dis net die donkies. Waar is die DBV as die donkies met blikke aan hulle bloeiende hoewe voort sukkel. Wat van die hondegevegde wat plaasvind? Die verarmde honde wat die strate vol is?

Chrizellec ·

Hierdie storie EN van die komentaar is net te erg! God help ons!

Rita ·

My man wou nie dat ek die berig lees nie….
Dit is so grusaam en wreed….wat het van ons mense se waardes geword…..en dit alles oor geld….
Nou is die storie vesprei en nou gaan daar ook duisende donkies nog doidgemaak word net soos die Renosters…..
Ook n vraag ….hoekom word die horings van die renosters nie afgesaag nie…dit groei wel weer….
Nee omdat van die regering se mense seker ook baat by al die geld wat die horings inbring….
As ek die goed lees dan wil ek weet waneer God ons kom haal…ek is geweldig lief vir diere en kan nie alles aanskou nie….as maak n einde aan die gruverhale

Djo ·

Ek is ter selde tyd woedend en baie hartseer oor die donkies….ek weet hul doen skade…maar my mede Christene mense dit was Liewe Jesus se vervoer…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.