
Argieffoto
Altesaam 440 motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is die afgelope naweek in Johannesburg in hegtenis geneem.
Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, het gesê die polisie het geen genade betoon aan motoriste wat onder die invloed van alkohol agter die stuur ingeskuif het nie. “Motoriste wat hulle aan dronk- of roekelose bestuur skuldig maak, sal nie geduld word nie,” het hy gesê.
Die beskuldigdes sou Maandag in verskeie howe in die stad verskyn.
Minnaar het gesê 41 bestuurders wat hulle aan spoedoortredings skuldig gemaak het, is ook in hegtenis geneem. Onder dié bestuurders is ʼn 33-jarige man wat in sy BMW M5 op die N3 teen 212 km/h gejaag het. Die beweerde oortreder se verweer toe verkeersbeamptes hom in hegtenis neem, was dat “ʼn BMW ʼn kragtige enjin het”, het Minnaar gesê.
Minnaar het gesê die hoofoorsaak van ongelukke is hoë spoed en voertuie wat ander padgebruikers verbysteek wanneer dit onveilig is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Dis nou alles goed en wel dat hul op dronk bestuurders en spoed fokus, maar wat van mense wat op hul selfone lê en bestuur of teks en bestuur en wat van mense wat net eenvoudig oor soliede sperstrepe ry en dit om ‘n blinde draai ( en dan wonder hul hoe gebeur kop aan kop ongelukke) of dat mense eenvoudig net deur rooi robote ry. Net jammer dat soveel mense net nie meer ander mense se lewens in ag neem nie.
Tipiese BMW bestuurder die pad behoort mos aan hulle.
Die Dronkbestuurders moet eintlik in aanhouding bly tot na nuwejaar.
En die klomp moet eintlik toegesluit word tot die nuwe jaar verby is. Sal baie lewens spaar as mense besef daar is gevolge vir hul “verhewe” optrede.
Ek was al self in die situasie en is gelukkig om vandag te kan leef en nie verlam te wees nie. Daarom kan ek met alle eerlikheid se dat die gedrag egoisties, eenvoundig en nalatig is. Sulke persone moet endlik van poging tot moord of met die doel om ander erenstig te beseer aangekla word. Selfone is ‘n onderwerp op sy eie en ‘n persoon wat praat of teks terwyl hy/sy bestuur, toon tekens van idiooties gedrag. Al is hulle intelligente persone………..
Sterkte aan almal met vakansie.