Honderde dronk bestuurders vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 440 motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is die afgelope naweek in Johannesburg in hegtenis geneem.

Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, het gesê die polisie het geen genade betoon aan motoriste wat onder die invloed van alkohol agter die stuur ingeskuif het nie. “Motoriste wat hulle aan dronk- of roekelose bestuur skuldig maak, sal nie geduld word nie,” het hy gesê.

Die beskuldigdes sou Maandag in verskeie howe in die stad verskyn.

Minnaar het gesê 41 bestuurders wat hulle aan spoedoortredings skuldig gemaak het, is ook in hegtenis geneem. Onder dié bestuurders is ʼn 33-jarige man wat in sy BMW M5 op die N3 teen 212 km/h gejaag het. Die beweerde oortreder se verweer toe verkeersbeamptes hom in hegtenis neem, was dat “ʼn BMW ʼn kragtige enjin het”, het Minnaar gesê.

Minnaar het gesê die hoofoorsaak van ongelukke is hoë spoed en voertuie wat ander padgebruikers verbysteek wanneer dit onveilig is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Dis nou alles goed en wel dat hul op dronk bestuurders en spoed fokus, maar wat van mense wat op hul selfone lê en bestuur of teks en bestuur en wat van mense wat net eenvoudig oor soliede sperstrepe ry en dit om ‘n blinde draai ( en dan wonder hul hoe gebeur kop aan kop ongelukke) of dat mense eenvoudig net deur rooi robote ry. Net jammer dat soveel mense net nie meer ander mense se lewens in ag neem nie.

deon koegelenberg ·

Anoniem ek stem volkome saam met jou maar ek dink die wat wel in hegtenis geneem is vir spoed en dronk bestuur is alreeds n goeie begin

ig ·

Die Dronkbestuurders moet eintlik in aanhouding bly tot na nuwejaar.

Danie ·

En die klomp moet eintlik toegesluit word tot die nuwe jaar verby is. Sal baie lewens spaar as mense besef daar is gevolge vir hul “verhewe” optrede.

Andre du Toit ·

Ek was al self in die situasie en is gelukkig om vandag te kan leef en nie verlam te wees nie. Daarom kan ek met alle eerlikheid se dat die gedrag egoisties, eenvoundig en nalatig is. Sulke persone moet endlik van poging tot moord of met die doel om ander erenstig te beseer aangekla word. Selfone is ‘n onderwerp op sy eie en ‘n persoon wat praat of teks terwyl hy/sy bestuur, toon tekens van idiooties gedrag. Al is hulle intelligente persone………..
Sterkte aan almal met vakansie.

Ludwig ·

Ja, hou hulle tot ná Nuwejaar alleen in ‘n sel, en maak twee bottels wyn net buite bereik voor die seldeur op die vloer staan, sodat hul tonge kan uithang van die lus, net om hull te straf!

Jef ·

ig ek stem saam met jou maar ek dink as die dronkbestuurders in die nuwe jaar vry kom dan gaan hulle tog weer aan waar hulle in die ou jaar opgehou het, eenmaal n dronklap altyd n dronklap want sulke mense wil nie leer nie.

Sarie ·

Ek is seker gelukkig, of dalk “dom”, want ek hou gewoon nie van die smaak van drank nie & ek gril vir die reuk van rook aan ‘n mens se lyf & klere… Verder verkies ek om by my volle positiewe & in beheer van my doen & late te wees… Ek is màl oor mense, maar soms is dit moeilik om in te pas tussen ‘n spul besope mense … En èk is beslis niè ‘n suurknol nie…. Geniet die Fuifgety, ek bedoel Feesgety…

Jef ·

Vat hulle karre by hulle weg en ook lisensie en gee hulle n trapkar kan hulle ook nie amok op die pad veroorsaak nie.

carel ·

440 in 2 dae … baie goed… dink net as hulle 365 dae per jaar hul werk doen …. hoeveel veiliger en minder mense sal sterf.

Danie ·

Goeie werk aan die polisie. Mense moet net kennis neem dat een glas wyn jou nou in die rooi plaas…

tammy ·

Dankie vir die poging, maar ek is seker die wat so op hulle selfone is terwyl hulle bestuur is n groter gevaar. Maak n voorbeeld van hulle, groot asseblief……n boete van R10 000 en verloor bestuurderslisensie. As jy nie die boete betaal nie 10 ure gemeenskapsdiens elke naweek vir n jaar maar die bestuurderslisensie moet permanent afgevat word. Vroumense dink mos dis cool om met n selfoon teen die oor te bestuur, veral in n sekere kultuurgroep.

Jan ·

Dit is goed dat die dronkbestuurders gevang is. Die vraag is egter hoeveel gaan skuldig bevind word? Dit is chaos in die lab waar die bloed getoets word. Hul sal loskom met n goeie prokureur.

Manie ·

Wil die suksesvolle cops nie ook n draai by die groot setrum in zambesi straat Montanapark kom maak en die mense wat nog 10 sek na robot vir hulle rooi is nog oor jaag kom beboet. Of is dit nie nuuswaardig vir die suksesvolle cops???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.