Honderde drywers afgedank oor dagga

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn Personeelagentskap het 300 voertuigbestuurders afgedank nadat hulle positief getoets is vir daggagebruik.

Innovative Staffing Solutions (ISS) bied voertuigbestuurders aan maatskappye. Arnoux Maré, besturende direkteur van ISS, sê die wettiging van daggagebruik in die privaatheid van jou huis beteken nie dat bestuurders wat positief toets vir daggagebruik nie hul werk se gedragskode oortree nie.

“ʼn Vragmotorbestuurder wat onder die invloed van dagga bestuur, kan vergelyk word met ʼn nie-koherente persoon wat teen 80 tot 100 km/h met ʼn missiel van 6 ton in die pad afjaag. As hy of sy beheer oor die voertuig verloor, kan onskuldige mense moontlik hul lewe verloor en ernstige skade aan infrastruktuur aangerig word.”

Maré het gesê die maatskappy kan nie die risiko loop van beserings en lewensverlies of skade aan openbare eiendom nie. “Daar word van ons bestuurders verwag om verantwoordelik op te tree. Hulle is verantwoordelik daarvoor dat waardevolle voertuie en vrag veilig van een bestemming by ʼn ander aankom.”

Volgens Maré teken ISS se bestuurders ʼn kontrak wat die voorwaardes van hul indiensneming stipuleer. “Die kontrak bepaal dat die werknemers onderneem en verstaan dat hy of sy nie mag werk of op die perseel van die werkgewer of kliënt waar werk verrig word, mag wees terwyl hy of sy onder die invloed van alkohol of dwelms is nie.”

Maré het gesê hoewel die private gebruik van dagga in jou huis gewettig is, het werkgewers steeds die reg om werknemers wat positief toets vir die gebruik daarvan te ontslaan. “Dit is soortgelyk aan wetgewing rakende alkohol. Dit is wettig, maar jy kan afgedank word as jy onder die invloed van alkohol by die werk is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

jannie ·

In enige afrika land kan jy noooit dagga legalise nie….chaos!

Daan ·

Dagga is wettig. Maar nie as jy bestuur nie. Alkohol is wettig. Maar nie as jy bestuur nie. Slaap pille is wettig. Maar nie as jy bestuur nie. Om wors te braai is wettig. Maar nie as jy bestuur nie.

ou uil ·

Klink logies vir my, maar ander sukkel bietjie met daai een ;-)

Charles Austin ·

Welgedaan die eerste maatskappy wat regdenkend optrede 10 uit 10 vir ISS!!!!!!

Johan ·

As jy oor die limiet blaas vir alkohol het jy dit in die laaste 24 uur ingeneem. Dagga kan tot 3 maande in jou sesteem bly. So om die 2 te vergelyk maak nie sin nie.

Lee ·

Stem saam met jou Johan. Dis nie te sê hulle het dit gerook voor hulle bestuur het of terwyl hulle bestuur het nie. Dit bly vir maande in jou sisteem.

Anoniem ·

Sal jy, jou vrou en jou kinders die pad wil deel met ‘n vragmotorbestuurder wat miskien (of miskien nie) onder die invloed van dagga is?

LouE ·

Die urine-toets kan positief wees vir ‘n lang tyd as jy GEREELD dagga gebruik. As jy by uitsondering dagga gebruik sal dit slegs ‘n paar dae positief wys. MAAR as jy die speeksel toets (saliva) doen dan is dit net positief vir 4 tot 12 ure nadat jy dagga gebruik het. Dit is dus moontlik om die drywers te toets met die speeksel toets en hulle dan te ontslaan as hulle positief is.

Occupational Health Practitioner ·

Lee. Ek werk elke dag met die monetering in die werksomgewing en het al 18 jaar ondervinding in beroepsgesondheid. As die uriene toets positief wys beteken dit dat die gebruiker dit op n gereelde basis gebruik ten minste n minimum vier keer per week. Kommerwekkend!! Beteken reeds verslawing!! Ons doen n konfirmasie sputum toets as die toets positief is beteken dit dat die persoon nogsteeds “intoxicated” is. So hy het binne die laaste 6 tot 12 uur dagga gerook. Dieselfde prinsiep. Hy is nogsteeds nie sober genoeg om te kan bestuur nie. Punt!! Die bestuurder se reaksies en koordinasie vermoe is nogsteeds beperk en is nie veilig om voor n stuurwiel in te klim nie!

Helene Heyns ·

Ek glo dit maak nie saak wanneer jy dit gebruik het nie, jy mag nie positief toets as jy bestuur nie. As dagga drie maande vat om uit te werk, dan moet jy, voor jy bestuur, vir drie maande dit nie gebruik nie. Jou keuse en dis dit.

Roelie ·

Hulle sal vinnig wetgewing moet verander sodat dagga slegs vir mediese redes gebruik mag word. Ek sien (al was ek self ‘n voorstander) mens kan nie die nadele vir ‘n klomp sif koppe vertel nie en dit is hulle wat dit so gaan misbruik dat die mense wat dit vir mediese redes nodig het, dit nie meer sal kan gebruik nie. Ons is regtig ‘n patetiese, bedwelmde land. Tot die parlement is ‘n goeie bewys daarvan.

Andre Olivier ·

Enige daggagebruiker sal saamstem dat die dag na daggagebruik n zombiedag is . Dit voel of die gebruiker afgestomp is en konsrntrasie is laag .

Conno ·

Nie heeltemaal waar nie, dit is alles afhangend van die cultivar min mense weet daar is oor die duisende verskillende tipes cannabis wat vir verskillende doeleindes gebruik word, die manier van kweek, oes droog en veroudering het ook n groot impak op kwaliteit en strekte. Ek stem volkome saam met die besluit mense moet dit verstandig gebruik as hulle wel wil -Phytotherapist

Karlien ·

Dit is baie relatief.
Daaglikse (na werk) klein dosisse, selfs oor jarelange tydperke het weinig invloed op sekere mense.
Net soos wat sommige mense elke dag ‘n paar drankies drink en ten volle funksioneer en ander dan ook zombies is die volgende dag en boonop aggresiewe zombies is.

Nettie ·

Laat ek julle vertel: ek dink 2/3 van alle langafstand-vragmotorbestuurders rook dagga: voor, tydens en ná hulle bestuur.

Rene ·

10 uit 10 vir die korrekte optrede. Ons loop reeds gevaar met dronkbestuurders, as ons bedwelmde bestuurders ook het, gaan dit nog onveiliger wees.

wielie ·

Maak hulle n voorbeeld — kom SA, toets die werkers ! Daar is baie ” skoon” aansoekers wat bid vir werk!

Piet ·

As jy dagga wil gebruik sal jy, of dit wettig is of nie. Dieselfde as met alkohol, ander dwelms, prostitute ens.

Johnnie ·

ISS julle moet n klop op die skouer kry, maar nou wonder ek net hoeveel mediese personeel soos ambulans bestuurders en noodwerkers gebruik dagga en ander dwelms, asook hoeveel dokters verpleeg pesoneel onderwysers verkeers polisie asook polisie manne is konstant onder die invloed van dagga drank of dwelms. Maar dis wat lusifer wil he n bedwelemde mensdom. Maar moet ook nie ons eerbare parlements lede vergeet nie. Julle sal weet van wie ek praat.

@Hoog ·

Jy hoef nie onder die invloed van dagga te wees om dit in jou sisteem te kry nie, dit bly vir n lang tydsperiode in jou bloedstroom en urine.
As die drywer HOOG is dan mag dit n probleem wees, maar tog ook nie want dit beinvloed nie jou konsentrasie nie.

Nel ·

Ag Foei tog die geklaag van die daggarokers darem… maar in ieder geval vat vyf!

Alet ·

Ek dink hierdie ouens ge al jare dagga en is nou eerste getoets. Die toets moet ontwerp wees om te wys jy is nou hoog. Urientoets sal nie werk nie want dit wys wat jy gister of weke terug gebruik het. As die ouens CCMA toe gaan met die regte kennis is almal more terug in hul poste.

Runningbear ·

Korrek. Ek was 18 jaar ‘n verkeersbeampte ek het veel mense toegesluit vir besut/gebruik /handel in cannabis…
Ek het ook mense onder die invloed van drank toegesluit.
? Kan jy glo!.. Die RUSTIGSTE, mees nederige houding van die dagga roker was, jammer meneer. Die wat alkohol gebruik het wou 90% van die tyd hulle doeke optel en baie sterk wees en verset en vloek en skel en jaag weg en, en…. ‘n gevaar op die pad, die dagga gebruikers het meestal binne die spoedgrens gery en versigtig bestuur.
Moet nie ‘n dagga roker vergelyk met ‘n dwelm gebruiker wat dagga en mandrax gebruik nie of LSD of Tik, of K2 , Heroin ens.
Hierdie mense bestuur al jare so,… hulle rook elke dag…
Hulle sal hulle werk terugkry en gewaarsku moet word

alida ·

Die wet op dagga moes nooit gewettig gewees het nie. SA is nie ‘n beskaafde land nie en hier is te veel werkloses wat bollie aanjaag. Kyk hoe gaan hulle tekere met die optogte. Die dagga verkopers sit nou daai ander dwelms by om meer geld te maak en kyk nou wat is die uiteinde. Dit gaan net erger word. ISS het die regte ding gedoen en kan nie vir daardie drywers eerlike en skoon verwysings gee indien hulle sou aansoek doen vir ander poste nie. Dit sal hulle leer.

Skokkend ·

Al wat my pla is mense se kennis oor dagga en mense se prentjie van iemand wat dagga rook. As jy dink die persoon wat dagga verkoop is daar in die middestad om n hoekie, het ek nuus vir jou, dis dalk jou buurman wat langs jou in jou silverlakes estate woon, en nog n grooter huis het as jy.

Ek voel meer in gevaar vir Susan wat haar urbanol gedrink het en oppad is na haar wyn lunch of dalk gou die kinders optel?

Laksie ·

En hoe wil jy nou bepaal of die bestuurder nou ‘hoog’ of ‘laag’ op dagga is – vir die wat dit so goed wil praat? As dit in jou sisteem is, dan is dit daar. Of gaan dit vir jou aanvaarbaar wees as een van jou geliefdes iets oorkom, agv iemand wat dit in sy/haar bloedstroom het?! Gaan jy dit dan ook goed praat en die persoon so vurig verdedig?

Kfn ·

Nou gaan hulle weer ‘breek en brand’ dan word hulle volgende week weer in Siena terug geneem .

Blondie ·

Ek praat nou die dag met ‘n ou wat openlik erken hy rook daagliks dagga om te cope met sy angsaanvalle. Hy sweer hoog en laag hy is nie ‘n daggakoppie nie, maar toe ek so kyk sien ek daars hier en daar ‘n tand missing en die lyf is vol krap merkies (snye) Die tatoe’s klim van sy enkels af op tot by sy ore verby. Die klere is op gedra en ek neemaan hyt ‘n yster tekort aan al die silver in sy gesig want alles wat gepierce kan word is gepierce of gestrech ook. Ek lyk seker vir hom blond

Bekkie ·

Sê dankie vir julle government.
Nice work ANC
Nou nog meer monde wat sonder kos is.

PPS ·

Volgende op die lys:

Lugdienste: Vlieëniers onder die invloed.

Taxibestuurders: ‘n Zola- of Uberbestuurder onder die invloed.

“Hoog” vlieg kry gou nuwe betekenis…

tamboti ·

Ag ek kry die (dagga) rokers so jammer, net omdat hul nie slim genoeg om te besef hoe sleg dit vir hulself en die om hulle is nie, en omdat hul ook nie sterk genoeg is om dit te los nie.
Tel net asb. die stompies agter jul eie rokerpelle op dan is die saak reg met my.
Let wel die toilet is nie ‘n ASblik nie.

Maak wette en reëls die wêreld pragtig, rein en wonderlik? ·

Hoekom moet ander mense of ‘n stel reëls of voorskrifte of wette altyd vir ons sê wat ons mag doen en nie mag doen nie? Hoekom vermy die meeste volwasse mense in Suid-Afrika om verantwoordelikheid en aanspreekliheid te aanvaar? As ‘n wet weggeneem word of ‘n reël weggeneem word dan blameer almal dat die wet of reël weggeneem is as mense doen wat nie aanvaarbaar is nie. ‘n Mens moet tog iewers begin leer om verantwoordelikhied en aanspreeklikheid aanvaar? Of is die mense van Suid-Afrika te onseker van hulle self en moet voortdurend voorgesê word deur die Staat wanneer om wat te doen?

Of word ons gekondisioneer wat om te doen, hoe om te handel en wat om te besluit volgens ‘n stel wette en regulasies ? Dit terwyl ons begrip en emosionele en ander intelligensie behoort te hê om verantwoordelik en aanpreeklik op te tree?

Die bevolking van eerste werêlde lande is die bevolking van Suid-Afrika meesal ver vooruit en is baie meer ontwikkeld en volwasse as die meeste mense in Suid-Afrika. Die mense van Nederland en Kanada is beslis nie heeldag en aldag hoog nie, inteendeel hulle is baie ver ontwikkeld.

Jacobus ·

Wette en Regulasies is daar om eenheid en sekerheid te skep en dat almal weet wat is aanvaarbaar en wat nie.

Wette is juis geskep om die mense wat nie verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aan die dag lê of wat nie begrip, emosie of intelligent is nie, op die regte pad te hou.

Kom ons neem as voorbeeld halsmisdaad wette wette weg, verwyder dit van die wetboeke.

Sal mense verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aan die dag lê sonder die wette. Ek weet u sal sê dat dat halsmisdaad met die wette reeds buite beheer is, maar word die wette werklik reg toegepas en aan gehoor gegee.

Wette is werklik ook daar om die chaos wat sal uitbreek as almal net sal doen soos hulle lus het te beheer en te onderdruk.

Nederland en Kanada het ook wette en in baie gevalle is hulle wetgewing strenger as die van Suid Afrika.

Hoekom is eerste wêreld lande meer ontwikkel en meer volwasse, is dit nie dalk omdat hulle wetgewing beter is nie.

Dink vir ‘n oomblik aan Singapoer en haar wette wat in baie gevalle gesien kan word as drakonies maar sy is ‘n eerste wêreld land met die beste lewensgehalte.

‘n Samelewing met wette en reëls is meer georden, veiliger en meer vooruitstrewend as lande sonder wette.

As ‘n derde wêreld land kan Suid Afrika kwalik vergelyk word met eerste wêreld lande en die verstandelike vermoë van die burgers van die lande verskil ook.

1+1 ·

Die wetmakers en die wat hulle ondersteun is humaniste en daarom loop hierdie filosofie soos ‘n doringdraad deur alles wat tans in Suid-Afrika gedoen en besluit word. Hulle mensbeskouing strook nie met die sondige realiteite van menswees nie. Moeilikheid vir die res!!!!

Dankie ·

Welgedaan Arnoux Marè van ISS. Jul sal die vrugte pluk van jul besluit.

Koos de Meyer. ·

Mooi man. Kry maar vir julle, rook maar en kyk waar kry julle kos. 10 uit 10 vir ISS.

Dee ·

Hoekom hierdie drywers teiken? Daar moet meer toetssentrums langs ons land se paaie wees en daar moet vir alle dwelms getoets kan word. Daar sal baie minder ongelukke wees.

Thys ·

Ek wil net graag vir di rokers vra !! Wat en hoe gaan julle voel as jy agter daai stuurwiel inklim en jy maak ‘n ongeluk as julle op julle stukke is en di persoon/e wat julle in vas ry is dood en dalk dat daardie persone jou gesins lede is wat gaan jy dan sing ????- ek vra maar net

Jeremia ·

Daar word gepraat van vragmotors in die berig. Teen die koste van vragmotors (voertuie self en/of sleepwa, bande, lisensies, versekering, brandstof en onderhoud) is dit ondenkbaar om iemand wat onder die invloed is (van dwelms of drank) agter die stuur te laat inskuif. Vragmotorbestuurders moet boonop ook salarisse betaal word.
Dan is daar ook ander voertuigbestuurders se lewens op die spel. Vragmotorbestuurders en die mate van onderhoud aan die voertuie is gedurig in die spervuur.
Seker ‘n bepaalde groepering langafstandbestuurders wat dagga gebruik.
Groot trokke wat werklik lang afstande aanpak binneland of na buurlande en verder kos nogal dik dollars.
In die era toe jou werk nog jou trots was en jy trots was op ‘n voertuig wat goed opgepas en uitstekend onderhou is, was dit nie nodig om sulke boffins omtrent dagga te wees nie.

bgj van der westhuizen ·

wel mense kan nou maar se wat ulle wil dat dit tot 3 maande in jou liggaam is al et jy dit nie gerook nie dink daar so aan as hy in n ongelik kom gaan hy dit as n verskoning gebruik en dink ook so daar aan wa as dit jy en jou gesin in daar die voertuig was praat van vragmoters wat van busse ,taxis en ander voertuie

Von ·

Die hele storie maak sin….. kyk na die arrogansie van meeste van die bestuurders die kanse wat hulle neem en die resultate van hul dade spreek boekdele…??

Staak saam ·

Dit is n feit dat dagga medesinale waarde het maar dagga het geen voorkomende waarde nie, net behandeling.
Daar is baie min dagga gebruikers wat dagga rook om n siekte te behandel, hulle kruip bloot agter die verskoning weg en vertel graag hoe gesond dagga is.
Kyk, jy rook dagga vir twee redes, omdat jy n siekte het of om n verslawing te voed.

Penellope Jones ·

Daars hy dis nou as gevolg van onbekwame leiers se ondeurdagte patetiese pogings tot leierskap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.