Honderde duisende buitelanders glo onwettig in SA

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

ʼn Skokkende 384 000 mense was tydens die 2016-’17-boekjaar onwettig in Suid-Afrika.

Volgens Jacques Julius, DA-LP, het 384 000 buitelanders die land met dokumente binnegekom, van wie die meeste visums vir ʼn paar maande gehad het. Daar is egter geen amptelike aanduiding dat dié mense ooit weer die land verlaat het nie.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane en die DA se premierskandidaat vir Gauteng, het Dinsdagoggend in ʼn onderhoud op Jacaranda FM aan Martin Bester gesê 85% van die inwoners van die Plastic View-nedersetting in die ooste van Pretoria is onwettig in die land en het geen dokumentasie nie.

Maroela Media het vroeër berig 500 inwoners is 6 Oktober dakloos gelaat ná ʼn brand by dié nedersetting.

“Nou sit jy met ʼn probleem. Die mense is hier in jou land en uit ʼn humanitêre oogpunt moet jy hulle bystaan. Maar ek kan nie vir hulle huise bou as hulle nie dokumente het nie – die wet laat dit nie toe nie. Die regering kan nie mense subsidieer wat nie wettig hier is nie,” het Msimanga gesê.

Volgens hom is die meeste van die inwoners van Olievenhoutbosch ook nie wettig in Suid-Afrika nie. Hy het bygevoeg dat hy ʼn brief aan Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, geskryf en gesê het hy moet die mense bystaan óf deur hulle te registreer, óf te verskuif óf terug te stuur na hul lande van oorsprong sodat hulle die behoorlike aansoekproses om wettig die land binne te kom kan begin.

Julius het aan Maroela Media gesê 227 000 van die geraamde 384 000 onwettige buitelanders in Suid-Afrika is van Zimbabwe afkomstig. Volgens hom is een van die groot uitdagings ʼn tekort aan beamptes van die departement van binnelandse sake om dié gevalle na te gaan.

“In die 2016-’17-boekjaar kon die 700 beamptes wat hulle in diens het net 23 000 mense opspoor. Dit is net menslik onmoontlik vir daardie getal mense om soveel duisende op te spoor.”

Msimanga het tydens die onderhoud gesê ʼn ander groot probleem is dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sukkel om strafregtelik te vervolg in misdaadgevalle aangesien die oortreders dikwels nie gedokumenteer is nie. “Hulle kry die vingerafdrukke, maar kan dit aan niks verbind nie.”

Die DA stel voor dat daar as ʼn saak van dringendheid nog beamptes aangestel word, asook ʼn amnestietydperk ingestel word waartydens mense na vore kan kom om gedokumenteer te word. “Dan kan ons werklik sien wat die toedrag van sake is,” het Julius gesê.

Die departement van binnelandse sake het nie reageer op talle skriftelike en telefoniese navrae van Maroela Media nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

waarheid ·

Maar ons weet dit mos lankal – dis is niks nuuts nie – en daar is meer as wat julle dink!
Die regering het mos die borders oopgegooi.
Nou sit ons met die lot. Hulle is net hier om vir anc en eff te stem en dit is waarom niks aan hulle gedoen word nie.

Mlilo ·

Weer n geval van iemand wat nie goed is met syfers nie, ek dink daar kort nog ‘n nulletjie … en dan maal jy hom met 4 of 5. Dit sal nader aan korrek wees.

jean ·

Agge neeee wat!!!!…wie gee nou om vir dokumente?…Hier bly en werk en stem die hele ou spul…..ons betaal met graagte!!

Miljoene ·

Eerder miljoene! Wat se duisende is dit met julle? Kan julle nie tel nie?

Niel ·

en dan werk hulle onwettig by besighede ens vir minimum lone ens sonder die nodige papiere. lekker goedkoop arbeid

GM ·

Hulle oortree die wet, maar dan moet hul nog ‘n kans kry om geregistreer te word. Belaglik!
Wat dink hierdie mense? Daar is watertekorte oral, verblyf is ‘n probleem, die werkloosheidsyfer is hoog, SASSA-toelae is miljarde, dienslewering is non-existent, skole en gesondheidsorg is pateties, die lys gaan aan – maar kom ons verwelkom almal…

Ben ·

As jy nie genoeg mense het om die ID’s en besonderhede na te gaan nie, is dit mos ‘n ideale geleentheid om extra personeel aan te stel en werk te skep, dieselfde met die polisie ens.

Alida ·

Niks nuut nie! Die ANC het busse vol aangery en dmv korrupsie het huule ALMAL stemreg in SA. Too little too late.

Sarie ·

Wat van stuur almal terug dan kan ons in vrede lewe en almal kan n werkie kry

Kaptein ·

Ja nee, Vegter. Stomgeslaan sit ons hier.
Maak VAT 20% – dan kry ons ten minste iets vir ons gasvryheid.

Kaptein ·

Ons kan mos nie ‘n eiland van weelde in ‘n see van armoede wees nie. Dis mos beter as dit een groot see van armoede is.

Neels ·

Aag siestog dit is mos ou nuus. Daar is dan sprake dat alle grense oor afrika heen verwyder moet word . Dit is dan ook so in die parlement bespreek, of haal ek die minister wat dit voorgestel het verkeerd aan. Die meerderheid van die buitelanders kry dan ook n social grant.

nico ·

Julle maak ‘n faktor 10 fout. Wat van al die ouens wat deur die drade stroom asook die ouens wat ‘n Blou R100 paspoort het? Geen bewys dat hulle ooit die land ingekom het nie.

willie ·

Plastic View se inwoners is baie tuis, die Mega kerk op hulle voorstoep bederf hulle tog te lekker waarom sal hulle wil terug gaan na hulle geboorteland!

tamboti ·

En dan erens iewers begin onse goverment agterkom dat die baie mense wat van heinde en verre hierheen getrek het, bietjie meer moeilikheid maak en meer skatte wegvat uit hul eie paleise, en dan weet hul nie wat om nou te maak nie? Eish
Kry vir julle!

Tammy ·

Hierdie mense moet bloot terug gaan na hulle land van herkoms. Ons land sit met n enorme werkloosheid onder ons eie landsburgers. Hierdie klomp kom die land onwettig binne en kom werk vir blyplek en kos. Hulle wend hulle in baie gevalle tot misdaad, moord en verkragting, diefstal want hulle werk nie vir salaris nie, net blyplek en kos. Ons land het verval as gevolg van honderde duisende wat hierheen gevlug het uit hul eie land. As ons probeer om na die buiteland te gaan word ons by elke grenspos voorgekeer en hope vrae en dokumente moet gewys word. Ag nee hou op om welsyn te speel vir die klomp van Afrika en doen die regte ding en kyk na julle eie mense. Die persoon wat al wil huise uitdeel , wie se geld wil jy gebruik om vir die onwettiges huise te bou?????????

N. Steenkamp ·

Kyk na op veral plase, veral in Brits omgewing. Weet van baie.

Stef ·

Los hulle uit. Hulle werk ten minste, rig besighede op, skep welvaart, skep werk. Die gemeenskap vorm n vakuum van nutteloosheid. Hierdie ouens vul net die vakuum.

anton ·

Ag hulle is miljoene!!!
S.A is soooo in sy glory in dat niks en niemand ooit weer die land sal kan reg kry nie!!!
As daar nie iets soos n helse pes of iets uitbreek nie, kan ons maar vergeet.
Emmigreer is al uitweg vir die wat kan!!!
Dink nie die buiteland gaan ons help nie want hulle het ons reeds in die posisie geplaas wat ons tans in is!!!

Anoniem ·

Nee Marinda, Suid-Afrika is LANKAL nie meer die land van melk en heuning nie, se eerder dit is die land van vrot melk dit sou ‘n meer gepaste naam vir Suid-Afrika wees. Stuur die buitelanders terug, hulle hoort nie hier nie.

Christo ·

Die landsgrense is soos ‘n teesakkie. Indien iemand ‘n onwettige buitelander in diens neem is hy of sy deel van die probleem.
Die onwettige immigrante destabiliseer die land en plaas net meer druk op die belastingbetaler. Ek stel voor dat alle landsburgers hulle ID’s by hulle moet dra sodat daar onmiddellik deur wetstoepassers bepaal word of jy ‘n onwettige immigrant is. Natuurlik sal die tjotjo siekte ook die dit bedonder.

johann ·

Die oorgrote meerderheid van vrouens wat kraam by die hospitaal waar my skoondogter werk , is buitelanders. Die buitelanders se kinders word dus suid afrikaners deur geboorte.

vissie ·

As my geheu my nie in die steek laat nie was daar in die middel negintigs jare al n syfer van 5,000,000 plus onwettige immigrante deurgegee

Willie ·

Ja nee kyk gaan lekker in Suid Afrika, melk en heuning….

AH ·

My aanstaande skoonseun woon en werk al meer as 10 jaar in S.A. en sukkel nogsteeds om burgerskap te kry…….Miskien moes hy ook maar êrens deur ‘n draad gekruip het i.p.v. om die regte kanale te volg……

Genoeg gehad ·

Onwettig dis waar. MAAR daardie mense het in hulle eie land nie werk gehad nie. Omtrent doodgegaan van honger. Die wat wel hier werk, WERK baie hard en goed want hulle weet as hulle n fout maak is dit deporteer terug na hulle lande toe. En hulle WIL werk. Hulle stuur geld vir hulle mense. Nie almal van hulle is leegleers en skelms nie.

Anita ·

vanaf die eerste Khoisan hier op die strand in die Kaap geloop het wag sy afstammelinge op huise, mense van orals kom vra huise in die Kaap of in Suid Afrika, moet ons nie eers ons eie mense voorsien nie? hierdie onwettige mense moet terug gestuur word. Ons belasting betalers is ‘n klein presntasie om al hierdie onwettige persone te onderhou. Hoeveel van hulle kry SASSA geld? dit is maklik om vas te stel waar hulle vandaan kom, kry tolke en dan kan daarvolgens die persone terug gestuur word. Ons eie mense moet ‘n prioriteit wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.