Honderde duisende rande se fietse teruggevind ná rooftog

Die fietse wat teruggevind is. (Foto: Verskaf)

’n Vermeende rower is in hegtenis geneem en peperduur fietse ter waarde van R850 000 is teruggevind nadat ’n fietswinkel in Kaapstad Woensdagaand beroof is.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê drie verdagtes het ’n veiligheidswag omstreeks 21:00 by ’n winkelsentrum in Sunningdale genader en hom van sy selfoon en handradio beroof.

Die verdagtes het daarna ʼn venster van die fietswinkel oopgebreek en verskeie fietse gesteel waarna hulle in ’n wegkommotor gevlug het.

Die veiligheidswag het die paniekknoppie gedruk en lede van ’n veiligheidsmaatskappy het binne minute gereageer. Die polisie in Table View is ook ontbied en ʼn soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Die verdagtes se wegkommotor is kort daarna voorgekeer en die verdagtes het te voet in verskillende rigtings laat spaander.

“Die polisie het ʼn skoot afgevuur en een van die verdagtes is beseer en in hegtenis geneem. Sy makkers het ontsnap en word gesoek,” sê Traut.

Al die gesteelde fietse is ook teruggevind.

Die beseerde verdagte word tans in ’n hospitaal behandel en sal in ’n hof verskyn sodra hy ontslaan word.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die twee voortvlugtende verdagtes by die Table View-polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico ·

Dis nou baie goeie werk. Lekker om positiewe artikels rondom Polisie te lees.

Willem ·

Nou vat ń skelm iemand anders se plek in die hospitaal. Kom Bheki praat met hulle

Surfer ·

Sorry oom, ek is nog op die beach. Wag vir die Surfers om uit die water te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.