Honderde gekwalifiseerde medici ‘sit sonder werk’

Die Steve Biko-hospitaal in Pretoria is een van die hospitale waar personeel steier onder die getal pasiënte. (Foto: Twitter)

Terwyl Suid-Afrika steier onder ʼn bykans ongekende gesondheidskrisis en daar daagliks talle berigte oor oorwerkte mediese personeel en oorvol hospitale aan die lig kom, sit honderde opgeleide medici sonder werk.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê 983 verpleegsters by Gautengse staatshospitale wat hul gemeenskapsdiens aan die einde van verlede jaar afgehandel het, is weens begrotingsbesnoeiings nog nie permanent aangestel nie.

Die inligting is by ʼn vergadering van die gesondheidskomitee van die Gautengse wetgewer bekend gemaak.

Bloom sê volgens ʼn amptenaar van die Gautengse gesondheidsdepartement is die provinsiale begroting verlede jaar met R4 miljard ingekort en vanjaar met R1,2 miljard. Volgens die amptenaar beraadslaag die departement met die provinsiale tesourie om finansiering te kry om die verpleegsters aan te stel.

“Dit is uiters ontstellend dat hierdie verpleegsters nie dadelik in diens geneem word nie. Hulle word dringend benodig om die stygende getal Covid-19-pasiënte wat ons hospitale oorweldig, te help hanteer,” het Bloom gesê.

Volgens die Gautengse gesondheidsdepartement het die provinsie teen Maandag ʼn bevestigde 333 842 Covid-19-gevalle gehad, terwyl 281 400 mense reeds van die virus herstel het. Altesaam 6 170 sterftes in die provinsie is bevestig.

Die departement het ook gesê 4 128 mense word in hierdie stadium in staats- en private hospitale in die provinsie vir Covid-19 behandel.

“Daar is geen verskoning vir hierdie swak beplanning en irrasionele begrotingsbesnoeiings nie omdat gemeenskapsdiensverpleegsters veronderstel is om dadelik poste te kry wanneer hulle hul diens voltooi.”

Bloom sê die Gautengse premier, David Makhura, moet dringend by die situasie ingryp.

Herman Mashaba, president van ActionSA, voer op sy beurt aan landwyd sit meer as 500 gekwalifiseerde en ervare dokters by die huis omdat die regering 40 000 mediese poste besnoei het. Die getal werklose verpleegsters en mediese interns is volgens hom selfs hoër.

“Hoe is dít moontlik as Suid-Afrikaners weggewys word of in die gange van hospitale sterf weens ʼn gebrek aan mediese personeel om hulle te behandel? Hoe is dit moontlik as meer as 436 van ons gesondheidswerkers dood is weens die virus en 43 000 van hulle die infeksie opgedoen het?”

Mashaba sê die situasie is ondenkbaar terwyl mediese werkers uitgeput en getraumatiseerd is en nie genoeg hulpbronne tot hul beskikking het nie.

Mashaba sê ook die regering het meer as R400 miljoen bestee om 217 dokters uit Kuba te betaal om werk te doen wat werklose Suid-Afrikaanse dokters kon doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Want die kubaanse regering is soos die ANC regering n klomp kommuniste wat net na hulle self kyk. Dit is hoekom hulle so goed oor die weg kom.

TO ·

Maar hulle sal kubaanse dokters “invoer” om hier te kom ryk word

Frederik C ·

Die dokters word nie ryk nie. Kuba is ‘n kommunistiese staat, soos die ANC begeer dat SA moet wees. Kuba” verhuur ” basies die dokters aan SA. SA betaal die Kubaanse regering en hulle gee die dokters ‘n klompie p-nuts. Kommunisme bly enige leegleêr se droom, mits hy/sy in die pound seats sit. Vir die gewone ou op straat beteken dit armoede waaruit jy nooit kan ontsnap nie.

Anel ·

Wat het van die lot geword wat hier afgelaai is? Hulle moet mos al terg wees of het hulle net hier verdwyn en maak elkeen sy eie private praktyk, onwettig, oop?

JohanR ·

En die Kubane is hier, en verdien seker lekker! Ou Kopdoek was moes altyd soe lief vir die Kubane, en was nie verbaas toe ek in 2020 sien hier kom hulle!

Chris dupreez ·

En met die volgende verkiesing gaan hierdie einste mense wat sonder werk sit weer vir die anc stem

Samuel ·

En gisteraand lieg CR oop en bloot deur te sê alle poste is gevul? Die Kubaanse dokters het nog ‘n kommunikasie probleem ook. Miskien kry die rokende ANC -lede gratis sigare:,-)

Mallie ·

Hoekom is ons eie mense, geel groen pienk of nlou, reenboog nasie, sonder werk. Tetwyl Kubaanse dokters hule plekke vul. Kyk asb eets na ons eie mense. Charity starts at Home.

Kanjynoumeer ·

Herman Mashaba neem “aksie” as opposisie in SA se gesondheids krisis.
Gee hom n kans op die politieke speel veld, moontlik verras hy ons!?

Sara ·

Dit sal lekker wees as hulle eendag die geld wat belastingbetalers betaal aanwend vir dit waarvoor dit bedoel is.

Tanniepetoors ·

Skokkend. Ek vermoed dit lank reeds maar het ‘n wag voor my groot mond gesit. Wat is die regering se verskoning? Stel hierdie mense onmiddelik aan en verlig die nood in ons staatshospitale. O ja, die feit dat iemand nie perfek is met indiensnemingsvorms invul nie, maak nie noodwendig van hul swak toekomstige werknemers nie. Gee almal, ongeag van kleur, ‘n gelyke kans asseblief.

Yvonne ·

Die blindesambok staan gereed…….Net die Here kan die land red en bevry

Anel ·

Ek sou nou dink dat hulle genoeg geld al gekry het by di WGO. Eat word van die geld wat hulle kry vir elke positiewe toets? En moennie sê dit is nie so nie. Ons weet almal wat aangaan. Enige ding word deesdae positief getoets en of jy nou al getoets is of nie, selfs die wat nie getoets is nie kry positiewe toets uitslae. Hierdie hele storie is ‘n klug. Maar hulle wil’ n HGS daarstel. Met wat se geld en wat se personeel?

Kanjynoumeer ·

U.S. puts Cuba back on list of State sponsors of Terrorism.
Al wat ek kan sê, “It makes you think, doesn’t it!?

Anoniem ·

Stuur al die Kubaanse dokters terug na Kuba aS hulle nie reeds terug is nie en gee hierdie mense van ons wat gekwalifiseerd is die werk!!! Ons het mos ;n SLIM en intelegente Regering!!!!

Piet ·

Snaaks dat almal (wel met rede) die publieke gesondheid sisteem die skuld gee, en, soos gewoonlik, die private sektor net laat aan gaan. Hoekom stel hulle nie die mense aan nie? Hoekom vebreed hulle nie hul eie mediese infrastruktuur nie? Ons sien nou hoe knak hulle onder die minste van druk. Alles in die naam van korttermyn profyt

Racheltjie Debeer ·

Terwyl SA medici sonder werk sit betaal die regering Kubaanse dokters ± R1.8m elk om hier the werk????????????????????????????????????????????????????

Karina ·

Hulle kan verseker werk kry, hulle moet net ‘n ou geldjie so onder die tafel deur aangee. Dit is mos hoe die kaders sake doen

Johan ·

100talle mediese beamptes met die verkeerde velkleur,het al die land verlaat,vir ewig verlore. Hierdie emigrasie van bekwames is vir die buiteland van onskatbare waarde,ook vanuit ander beroepe. Daar word hulle waardeer! Koebaai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.