Honderde Gupta-werkers hou optog na banke

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Honderde werkers van Oakbay Investments wat deur die omstrede Gupta-familie besit word, sal Dinsdag ʼn optog na die banke hou in ʼn poging om hul werk te red.

Oakbay se bedrywighede hang in die weegskaal nadat vier van Suid-Afrika se grootste banke die rekeninge van besighede wat aan die Guptas behoort, gesluit het. Ten minste 7 500 mense werk glo vir Oakbay waaraan Sahara Computers, The New Age-koerant en ANN7 behoort. Die familie het ook belange in mynmaatskappye.

Verlede week het werkers ʼn beroep op banke gedoen om die maatskappy se besigheidsrekeninge te heropen en gesê hul lewensbestaan hang van die besluit af. In ʼn ope brief wat deur twee werkerverteenwoordigers geteken is, het die werkers gesê hulle weier om die slagoffers van “korporatiewe konflik” te wees. Die brief is aan die uitvoerende hoofde van die banke gerig, wat Oakbay as kliënt weggewys het en gesê het die maatskappy se eienaars het ’n onbehoorlike invloed op die staat.

Die banke se ingrypende besluit oor die Guptas se besigheidsrekeninge het gevolg kort nadat bewerings aan die lig gekom het dat die Gupta-familie pres. Jacob Zuma se aanstelling van Mosebenzi Zwane, minister van mynbou, en die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen, beïnvloed het. Mcebisi Jonas en voormalige ANC-LP Vytjie Mentor het onthul die Guptas het ook vir hulle ministersposte aangebied.

Kort ná die onthulling het die ouditeursmaatskappy KPMG en Oakbay se JSE-borg Sasfin ook hul bande met Oakbay verbreek.

Zwane, Pravin Gordhan, die minister van finansies, en Nelisiwe Mildred Oliphant, die minister van arbeid, is aangesê om met die banke te vergader om ʼn “oplossing te vind” vir hul besluit om die rekeninge te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Wil hulle vir ons se dat niemand by die maatskappy enige idee gehad het waarmee hulle en hul base besig was nie. Dis onmoontlik.

Marietjie ·

Die banke is nie verantwoordelik vir die skelm Guptas se werkers of hul salarisse nie. Die mense moet liewer na zuma toe hardloop vir geld en werk.

Andrea van Vuren ·

Ek wed jou die banke gaan toegee! Daar gaan “onderhandel” word en siedaar almal gaan glimlag met ‘n verhoging as bonus daarby!

Lance ·

Laat die skelm mense julle eerder uitbetaal as wat julle die hele land se reputasie vertroebel ( watse reputasie ) en julle deel is van mense wat so korrup is en ons almal saam aftrek in die proses …die skelim mense moet asb net SA verlaat ! Ons almal weet die mense is BAIE skelim

Scalla ·

Daar moes n rede gewees het vir die besluit, daar is ongelukkig een manier om besigheid te doen en dit is op die regte manier, die staat moet nie inmeng nie, gaan bespreek dit met die zuptas

Pieter dp ·

Deur jou vriende sal jy ge ken word. So sien ons ook wat ons in Zuma het. Te slap en self sogtog om in tespring en red wat te rede is. Hy moet maar sy hand oop maak wat ek gloo uit sy vriende se self sig ge leer het nie kan of sal gebeer nie.

E ·

Kry hierdie mense jammer. Hulle het nie hiervoor gevra nie. Weereens n bewys dat slegs n paar invloedrykes n groot klomp skade aanrig. Sal nie verbaas wees as daar nou optogte, geweld ens. hieruit spruit nie.

Johann ·

Bly n hartseer saak as iemand soos die Guptas van begin tot einde aan die ME-MYSELF-AND-I siekte ly; n siekte wat nooit n invloed op die primêre SIEK een het nie. Die mense rondom so n SIEKE…wel hulle prognose vir oorlewing is min tot niks. En so lyk dit as die SIEKSTE van SIEKES hul slagoffers agterlaat. Sien al hoe betoog die ANC ook by die banke…want wat nou van hulle geldjies van die GUPTAS af? Oops…skuus… Die ANC het ministers wat “dood normaal” met banke “vergader” ; hulle hoef nie te toi toi nie. Nie nou al nie.

christine ·

Hulle het veroorsaak dat ons sonder krag moes sit en party besighede het in die slag gebly. So kry vir julle, hulle nie kon kole verskaf nie moes ons elke week na liegstories luister van kole wat nat geword het en dan weer swak kole net omdat hulle die tenders gekry het.waars al die dinge heen vandat hulle nog n myn loop koop het het ons krag probleme ook verdwyn NEE vir die Giftas banke hou by julle standpunt.

Anoniem ·

Ag genade tog…wat het die banke hiermee uit te waai. Gaan nou jou regering..hulle moet jou help…

Tammy ·

Ek voel absoluut niks vir hierdie mense nie. Hulle werkgewers het nie omgegee om almal om hulle te verneuk en besighede toe te maak en duisende werkloos te laat nie. Geen haan het daarna gekraai nie. Sies vir julle wat nou wil huil. Julle het definitief geweet wat aangaan. Moenie nou onskuld pleit nie. Foeitog!!!!!! Los die banke uit. Hulle het n hele bevolking se geld om te beskerm en ek hoop hulle staan vas teen die Zuptas.

KP ·

Hierdie mense moet vir Gupta en Zuma vra waar hulle geld gaan kry net soos die 60000 mense wat Solidariteit van praat wat nou sonder werk sit oor waarskynlik hierdie klomp se gekonkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.