Honderde haweloos gelaat ná Kya Sands-brand

Foto: ER24

Foto: ER24

Honderde mense is haweloos gelaat nadat ʼn verwoestende brand Woensdag in die Msawawa informele nedersetting in Kya Sands in Johannesburg ontstaan het.

Volgens die Johannesburgse nooddienste is minstens 200 plakkershutte verwoes. Nana Radebe, die woordvoerder, het Donderdag gesê dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie.

“Inwoners het gesê hulle het net skielik gesien een van die hutte brand, maar daar was niemand binne nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en dit word tans ondersoek.” Sy het gesê tydelike verblyf is gereël vir die gesinne wat hierdeur geraak is.

Intussen het die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, Woensdag die nedersetting besoek om die hawelose families te help. Die organisasie het komberse, nuwe klere, bababenodigdhede, gebottelde water, eetgerei en sanitêre produkte uitgedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.