Honderde in KZN vas oor seksuele misdade

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Meer as 300 verdagtes is in Julie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met misdade wat met seksuele oortredings en gesinsgeweld verband hou.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die KwaZulu-Natalse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het verlede maand 329 verdagtes vasgetrek. Die verdagtes word aangekla van verskeie misdade insluitend verkragting, aanranding, ontvoering, huishoudelike geweld, seksuele aanranding en poging tot moord.

“Gedurende dieselfde tydperk is 54 verdagtes deur verskeie howe in die provinsie skuldig bevind aan seksuele oortredings,” het Naicker gesê. “Ses lewenslange vonnisse en altesaam 556 jaar tronkstraf is deur die howe opgelê.”

Volgens Naicker het die bestuur van die eenheid die maksimum vonnisse wat in die meeste sake opgelê is, verwelkom. “Die eenheid het onverpoosd gewerk om te verseker dat die skuldiges aan die pen ry vir hul oortredings,” het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop ·

Dankie Kol. Naicker dat julle eenheid darem julle werk nog eerbaar doen, mooi so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.