Honderde in Pta gestrand ná ‘weermag’-slenter

Argieffoto

ʼn Span maatskaplike werkers is Dinsdagoggend op ʼn perseel langs ʼn winkelsentrum in Pretoria ontplooi nadat honderde mense van KwaZulu-Natal glo slagoffers van ʼn slenter geword het.

Mbangwa Xaba, woordvoerder van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, het in ʼn verklaring gesê ongeveer 300 mense van KwaZulu-Natal, almal tussen 18 en 30 jaar oud, is deur ʼn man genader wat beweer het hy is ʼn kolonel in die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy het beweer dat hy hulle na Gauteng sal bring waar hulle deur die weermag in diens geneem sal word.

“Volgens die bewerings het die man ʼn onbevestigde bedrag geld van die mense se niksvermoedende ouers in KwaZulu-Natal ontvang,” het Xaba gesê. “Die mense is na Pretoria gebring en is sedert verlede week langs die Wonderpark-winkelsentrum, noord van Pretoria, gestrand. Sommige het glo reeds die perseel weer verlaat.”

Xaba het gesê die departement het ʼn span maatskaplike werkers gestuur om kos aan die slagoffers te verskaf en te help met vervoer om hulle terug te neem huis toe. Intussen ondersoek die weermag in samewerking met die militêre polisie die voorval. Dit is nie duidelik of die slenter met mensehandel verband hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

julius ·

Daar was ‘n leier wat vir hulle gesê het dat hulle by die weermag moet aansluit omdat die blankes voorberei vir burger oorlog. So die plan het vir iemand gewerk om ‘n paar rand in die sak te kry.

Jeannette ·

“Stupid gets as Stupid does” ….. Sal jy nou wraggies ‘n spul geld aan iemand betaal sonder enige bewyse of dokumentasie, huh? Nee wat, pille vir onnooslikheid is daar net nie …….

Scalla ·

Met die karakters deesdae in die weermag is enige iets moontlik, tronke kry dán dansers

Jaco Grobler ·

Kyk dat werk skaars is en dat mense met slenters gevang word is algemene kennis, maar 300! Saam me hulle ouers is dit 900 mense wat nie een biedjie navraag doen nie! Nee genade, geen wonder die staat moet na miljoene mense omsien nie!

Kaspaas ·

Nee Jaco – nie die staat nie, ons as belasting betalers. Die staat is slegs die voertuig.

ME ·

Maroela Media – en ek sien julle buig toe ook maar die knie voor korrupsie …. die artikel oor die ontkleedanseres passies in die tronk is nou spoorloos van MM se blad af ….. So wat anders word verswyg en berig julle nie oor nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

As jy desperaat is vir werk moet jy nie dink om voete te stamp is die antwoord nie. As werkloses hul “tariewe” sall afbring en minder eise stel aan die werkgewer sal hul makliker werk kry.

Ans ·

Ek wil net n regstelling maak die departement het nie kos geskenk en op hulle af gekom Pretoria Crime Prevention se hoof het tot hulle redding gekom en GPF lede het afgestaan City Angels het middag en aand ete verskaf. Die mense het departement gekontak vir hulp om hulle van veiligheid te verseker .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.