Hoofsupt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het gesê al die bestuurders is Saterdagaand in hegtenis geneem. Oortreders is glo op die snelweg in Midrand asook in Soweto, Eastgate, Roodepoort en Rosettenville vasgetrek.
Volgens Minnaar is al die bestuurders op borgtog van tussen R1 000 en R1 500 vrygelaat en sal hulle in verskeie howe binne die volgende week verskyn.
Dit is so heerlik om nuus te kan lees sonder om intekengeld te betaal. Baie dankie Maroela
Hei Pedrie, dankie vir daai ene. Ek hou daarvan om verskillende koerante op die net te lees omdat ons ver buite die stad woon en erg my gedurig as ek daardie kwota storie sien. Ek hou ook van Maroela en lees dit daagliks want dis ten volle gratis maar mens hou daarvan om verskillende nuuswebwerwe te besoek en te kyk hoe dinge berig word!
Ons hier in Namibia is tog te bly dat maroela wel bestaan .
So bly ons op hoogte van sake wat in SA. aan gaan .
DANKIE MAROELA
ek wil ook graag al lankal baie dankie se vir gratis nuus,maroela media.Ek soek altyd eerste maroela media nuus asook resepte, op my slimfoon. in ons mooi taal afrikaans en gratis daarbt..mag julle gaan van krag tot krag.Die Here seen maroela media :)
Wayne Minnaar, dis nou sommer uitstekende werk. Ek glo nie ons besef die omvang van dronkbestuur.
Maroela, dankie jul nuus so vry uitgedeel wat ook gepaard gaan met foto’s. Selfs oor hierdie langnaweek sorg jul dat die nuus nie opdroog.
Defnitief saam met spoedoortreders nie die hoofoorsaak van padsterftes nie. Wens die berig kan lees’ Honderde vas wat op sperstrepe verbysteek’.
Foto’s van sperstreepoortreders wat ek geneem het en een aan AARTO gestuur het en nie eens ‘n antwoord gekry het. Skynbaar nie ernstige oortreding.
Nie so nie Peet! Ek moes noodgedwonge oor ‘n geel lyn gaan (Stilstaande voertuig in linkerbaan) to ek met R500 beboet is. Maar, talle minibus taxis wat voor my oor die geel lyn gery het is nie afgetrek nie!
baie bly die verkeerspolisie doen hul ding en stem saam met Andre, meer aandag vir oortreders van sperstrepe en spoedvrate
Hier in Ekurhuleni stop die minibus taxis nie eers vir ‘n ROOI robot nie en as jy dit by die Metropolisie aanmeld, trek hulle net hulle skouers op en sê: Dis nie my area nie!!
Ek weet sowaar nie hoe kan enigeen nog drink en bestuur in vandag se dae – dink net EENKEER na oor wat kan gebeur en kry iemand om jou huis toe te neem of beste nog, bly tuis, drink jou drankie daar en wees vir niemand anders ‘n gevaar op die pad nie.