Honderde liter skeepsbrandstof gestort in see by Algoabaai

Argieffoto

Die departement van landbou, bosbou en visserye monitor die situasie ná die storting van sowat 400 liter skeepsbrandstof hierdie naweek in Algoabaai se Ngqura-hawe in die Oos-Kaap.

Luidens ’n verklaring wat deur die departement uitgereik is, het die oliestorting Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind tydens die hervul van ’n Liberiese skip ter see, sowat 20 km vanaf Port Elizabeth.

Die departement het Oos-Kaapse inwoners Sondagoggend gerusgestel dat die situasie onder beheer is en dat die olie nie die kus sal bereik nie.

’n Olie-opruimingsmaatskappy is intussen ontbied om die oliestorting te probeer beperk.

“Die departement sal hulp verleen indien die situasie vererger en hulp vereis word,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hans ·

Daar word baie meer as 400 liter rou riool in ons varswater doelbewus vry gelaat en niemand knip n oog !

Cherokee ·

Ek moet jou korrigeer, Hans. Ék knip wel ‘n oog daaroor. Dit neig geen verskil te maak.

Johanna Botha ·

Kry die riool en plastiek uit die Vaal en see …dit is miljoene liter en kg ! !

Cherokee ·

Net soos jy Hans, skryf ek ook woedende briewe daaroor, en wens iemand ànders knip ‘n oog daaroor.

Jan ·

Is die syfer van 400 liter korrek? Ek twyfel of 400 liter so reaksie sal sneller. Dit is twee dromme brandstof 20 km van die kus.

Johnny ·

Nie die kus bereik nie dit is by die ou naamwoord Coega daar word gereeld diesel by strande en rotse waar ek eers visgevang het as n ramp verklaar wat eers n visvang gebied was

Diefie ·

Die visse is baie bly oor die olie, nou kan hulle elk ‘n ” turbo ” gratis en verniet kry om weg te kom van al die sharks!☺☺☺

John ·

… Liberiese skip… Wat soek dit daar? Waarheen is dit oppad? Die Iranese skip wat by Gibraltar aangehou word het ook om die Kaap van Storms geseil en geen haan het gekraai nie. Ons het op skool geleer dat die Kaap ‘n kritiese punt is wanneer daar probleme by Zeus is. As ons weer sien is ‘n vreemde moontheid weer die koning van ons landjie. Omkoop en verkoop is familie.

SjN ·

Die opskrif en berig praat nie lekker met mekaar nie, ek dink die liters kort nog n paar nulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.