Honderde memorandums tydens Sasol-staking oorhandig

Lede van Solidariteit het Woensdag ʼn memorandum aan die bestuur van Sasol in Sasolburg oorhandig. Foto: Verskaf

Honderde lede van Solidariteit het Woensdag ʼn memorandum aan die bestuur van Sasol in Sasolburg oorhandig as deel van die vakbond se protes teen die maatskappy se personeelaandeleskema, Khanyisa.

Solidariteit betoog teen dié skema omdat wit werknemers van die skema uitgesluit word op grond van hul velkleur. Die vakbond eis dat die skema gewysig moet word om alle werknemers in te sluit.

Die staking het Maandag begin en dit is die eerste keer in Suid-Afrika dat wit werknemers oor rasse-uitsluiting staak. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër gesê die vakbond het vooraf vir drie weke se protesaksie beplan en die vakbond se lede sal daagliks elke dag ʼn ander deel van Sasol afskakel. “Ons beplanning is strategies en baie fyn gedoen,” het Hermann gesê.

Lede van Solidariteit het ook vandag 350 memorandums by maatskappye dwarsoor Suid-Afrika oorhandig ter ondersteuning van die Sasol-werkers.

Lede van Solidariteit het Woensdag ʼn memorandum aan die bestuur van Sasol in Sasolburg oorhandig. Foto: Verskaf

“Sasol het die transformasiependulum te ver laat swaai. Sasol se beleid het nou in ’n suiwer rassebeleid van uitsluiting ontwikkel. Wat die Sasol-werkers doen, maak geskiedenis. Hulle bring weer balans in die transformasiedebat in Suid-Afrika,” sê Hermann.

Honderde lede van Solidariteit word ook Donderdag buite die hekke van Sasol-Secunda verwag waar die vakbond van plan is om die aanleg tot stilstand te bring. “Ons lede staak strategies. Ons doel is om Sasol se instandhoudingsprojek wat vir drie weke geskeduleer is, te vertraag. Elke uur wat ons die proses vertraag, kos Sasol miljoene rande,” sê hy.

“Ons inligting is dat ons die totale proses reeds twee dae lank vertraag het. Die momentum bou op tot Donderdag wanneer ’n saamtrek van lede en die gemeenskap buite die hoofingang van Sasol Secunda sal plaasvind.”

Intussen het Solidariteit ook ʼn brief aan die New Yorkse Aandelebeurs (NYSE), waarvan Sasol deel is, gerig oor die maatskappy se personeelaandeleskema. In die brief noem die vakbond dat die NYSE-reguleringsliggaam verplig is om aandag te gee aan die nienakoming van die reëls van die NYSE en genoteerde maatskappye se nakoming van die noteringstandaarde te monitor.

Lede van Solidariteit het Woensdag ʼn memorandum aan die bestuur van Sasol in Sasolburg oorhandig. Foto: Verskaf

“In terme van die NYSE se genoteerde maatskappyhandleiding mag die NYSE ʼn nie-Amerikaanse genoteerde maatskappy onderwerp aan die prosedures soos uiteengesit in [die handleiding] indien die maatskappy homself bedryf op ʼn wyse wat nie aan gesonde openbare beleid voldoen nie.”

Solidariteit verduidelik voorts in die brief wat die Khanyisa-aandeleskema behels, hoe swart werknemers ingevolge fase 2 van die skema beloon sal word met R500 000 se aandele, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, geensins aan die fase mag deelneem nie.

Die vakbond verwys ook na ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie waarin die kommissie daarop gewys het dat maatreëls wat ten doel het om die onregte van die verlede reg te stel, nie veronderstel is om as vergelding of strafmaatreël te dien nie en nie moet inbreuk maak op die waardigheid van mense nie.

Lede van Solidariteit het Woensdag ʼn memorandum aan die bestuur van Sasol in Sasolburg oorhandig. Foto: Verskaf

“Regstellende aksiemaatreëls moet dus tydelik wees, aangepas word vir die behoeftes van die betrokke groepe of individue en moet gestaak word sodra substantiewe gelykheid bereik word,” lui die verslag. Solidariteit wys daarop dat ras dus nie die enigste oorweging kan wees wanneer daar oor regstellende maatreëls besluit word nie en meen sosio-ekonomiese behoeftes en individuele omstandighede moet ook oorweeg word.

“Ons voer aan dat die implementering van ʼn rasverdelende skema soos Khanyisa deur ʼn andersins erkende publieke maatskappy, in direkte konflik is met gesonde openbare beleid,” sê die vakbond.

Solidariteit versoek die aandelebeurs om aan sy mandaat te voldoen om gesonde openbare beleid te beskerm en die gepaste stappe oor die saak te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Brian ·

Mens kan baie dinge van die blankes sê, hulle mag swaar kry en wat nog, het dalk vele foute, maar hulle het respek vir ander se eiendom.

leser ·

en môre oormôre kom die hele sashol tot stilstand, en dan sit ons weer sonder petrol
dan kom die verrassing weer tot ons, petrol prys gaan weer op, asof ons dit alreeds kan bekostig

TvA ·

Staan op vir jou mense en hou op om te kruip! Wie het in elk geval gesorg vir die verhoogde petrolpryse. Is die petrolprys vir jou belangriker as jou mense?

Antiestabliesment ·

@leser – Ja, opofferinge moet gemaak word om toekomstige voordeel te kan kry. Sasol is NIE die enigste brandstof in SA nie, dus sal brandstof nie ‘opraak’ nie.

PJ ·

Ek dink daar moet ook skade gemaak word, dis mos al hoe Saffas luister.

Theresa B ·

Dit gaan nie net by Sasol so nie. Ons word uitgesluit by omtrent al die werksplekke!!
Die verskonings wat gegee word is lagwekkend.

Sassie ·

Hoeveel mense is hier of het die mense wat self geraak word nie eers gestrike nie? Dit bekommer my altyd dat almal saam wil STRIKE maar net 10 opdaag, dieselfde mense wat vandag huil oor hulle R500 000 aandeel in die skema is nie eers vandag daar nie OF IS HULLE?? Is julle ernstig oor die staking of verwag julle ander mense moet vir julle staak?

Jakkalas ·

Laat die skade aan hulle sakke gevoel word. Ek hoop julle klagtes word ernstig ter harte geneem en dat Sasol verbied word om op die NYSE te handel. Ek hoop ook dat julle strategië goed werk en dat niemand geviktimiseer word nie. Sterkte met julle staking.

Skyn ·

Sasol is in 1979 genoteer op die beurs.
ALLE werknemers kon 500 aandele teen R2.00 per aandeel koop.
Die aanbod was ver oorskrei, maar werknemers se aanbod was gewaarborg.
Swart werkers het ook aandele gekoop.

So hoekom nou diskrimineer?

Jerry ·

Mooi julle! Dit bring ons nog n stappie nader aan versoening!

Willem ·

Mooi man, sou dit nie ‘n pragtige gebaar wees nie. Maar so braai hulle in hul eie vet. En Solidariteit doen te minste iets daaraan. Die knoeiers en agterbakses se hare is nou al seker uit die kop getrek, deurdat hulle elke keer uitgevang word. Dit is nou soos dit gaan met die stryd tussen die husse met die lang ore en die horrries.

Basjan ·

Versoening? Bestaan daar so ‘n konsep in die “mindset” van SASOL se bestuur? Nee, ek dink nie so nie. Daar is slegs vergelding op hul agenda.

Stuiwer ·

Dis nou hoe ‘n staking behoort te verloop. Orde, geen geweld, respek vir ander en eiendom. Wel gedaan!

pa se kind ·

My pa het baie lank gelede gesê dat hy Sasol in sy motor sal gooi as die petrol op is. Nooit ‘n rede gegee nie.

stem saam ·

Tyd het aangebreuk dat produksie by Sasol moet stop. Dis al manier hoe hulle sal luister is deur te voel. As dit by Eskom kan werk hoekom dan nie Sasol ook nie?

jaco ·

ek is geskok dat wit mense sulke goed kan doen. ons is SKAARS 8% van SA se bevolking. Pas aan mense. Staak en dreig gaan nie help nie. Dit gaan julle omstandighede eerder vererger. More oormore besluit SASOL om AL daardie wit mense wat nou so lekker stank af te dank. Ek wonder of diegene wat hierbo kommentare lewer van “mooi so” en “gee hulle gas” dan ook so ywerig daardie werklose mense gaan help met geld vir kos, petrol, huispaaimente, motorpaaiemente, munisipale rekeninge, skoolgelde ens ens?
Wit mense in SA sal eenvoudig hulle lot moet aanvaar: ons is nou 2de klas burgers. Dié wit mense wat wel werk het, wees ELKE dag vir die Vader in die hemel dankbaar dat julle werk het en vreet die onregverdige behandeling van geen aandele of geen bevordering maar op. Glo my, dis VEEL BETER om darem vir bietjie geld te werk en darem basies aan die gang te bly, as om werkloos te wees.
As jy wit is en jy is uit die arbeidsmark uit, kom jy BAIE MOEILIK weer daarin. Ek weet van wit mense wat so lank werkloos was, dat hulle as plakkers in karavane in ander mense se agtertuine beland het. Alles, selfs huise en motors moes verkoop word om aan die lewe te bly en skuld te delg. Ek wens dit vir geen wit mens in SA toe nie. Pas aan mense, hou wat julle het en bly stil eerder as om te kla oor sogenaamde onregverdighede.

Brian ·

Ek is seker al 10 jaar werkloos, radeloos en wat nog, maar ek ondersteun vir Solidariteit ten volle, gee hulle GAS Johanna ….

Kwaad ·

jaco – “The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.”
Sekere dinge is die moeite werd om voor te veg, en om passief toe te kyk gaan niks verbeter nie – inteendeel…

ZAR ·

A nee a jaco, watse tou opgooi is dit met jou? 2de klas burgers? Genade! Dis van stilbly en aanvaar dat die witmense sit met hierdie gemors, witmense het maar altyd gehoop dat die regering nie sleg sal wees nie en die beste sal doen vir AL sy burgers, met tyd het ons gesien dis nie die geval nie. Nou kan geen witmens bekostig om net stil te bly en te lê nie, nee dis juis die tyd om stem dik te maak, vir ons kinders en kleinkinders se onthalwe. Staan op man, vir jou kinders se toekoms.

Joe Hall ·

Dit is ‘n wettige staking en die betrokke werkers word teen enige onbillike ontslag of strafmaatreëls deur die werkgewer, beskerm.
Go Solidariteit!!!

Foxi ·

Tipiese Suid Afrikaner, kan nie saamstaan nie. Te lui om op te staan, sit in n gemakstoel en laat ander hul praatwerk doen. Slapgat man! Dis my punt.

jaco ·

Ten minste sit ek darem nog in my leunstoel, want ek het nog werk, onder andere omdat ek my mond hou oor onregverdige behandeling NET omdat ek wit is. Mense wat my so “kruisig”, het GEEN idee van wat werkloosheid alles behels nie. Dis NAG as jy wit is en jy kry nie werk nie. Glo my, selfs JARE kan verbygaan en werk bly eenvoudig weg, NET omdat wit die “verkeerde” velkleur vir werk is.

DeVill ·

Mooi so julle, julle verdien ook daai aandele.

Ons word elke jaar, by my werk, vertel hoe goed die besigheid gedoen het tov BEE. Daar is nou net 5% witmense in die werksplek, en dit word gesien as ‘n prestasie, ‘n rede vir ‘n klop op die skouer. Die besuurder het sy werk GOED gedoen!

Jerry ·

Willem, hoe lyk dit vir my so al asof SASOL besig is om jou die horries te gee!

Willem ·

Ek is heel OK, ek raak net al minder lus om met enige van hierdie agterbakse ANC kaders te versoen. Hulle het gedurig planne om die wit mense uit te skuif, praat jy met hulle, het hulle lang stories te spin, glo mens hulle, want jy het gedink hulle bedoel goed, dan vind jy na die tyd uit hulle het jou ‘n rat voor die oë gedraai. So nee dankie, versoen is vir die voëls.

Rina ·

Ek wil graag sien asval die blanke werknemers saam staak die dilemma wat Sasol dan meevgaan sit Ek is n pensionaris wat einde Januarie 2018 afgetree het Daar was gesè as jy as n goeie werker afgetree het sou jy geken word in Khanyisa maar ja dit nie vir blanke pensionarisse nie

kobus ·

Jaco.ouens soos jy maak my siek.dis van stilbly en ja se vir als wat hulle aan ons doen.dis hoekom ons is waar ons is.hou so aan mense.dis nie net van wegjaag of retrench nie.

Jerry ·

Willem, die hoop beskaam nie dat alles tog ten goede gaan uitwerk vir die Afrikaner, al is die rent a crowd erg teleurstellend! Ons moet net oortuig wees van ons leiers, die saak, ons ideale en ons inisiatiewe sodat ons opreg sal glo, sal moed hou, aanhou en sorg dat ons op koers bly ten spyte van groter aanslae wat ons voor ons heilige siel weet, nog gaan kom, omrede daar vir elke aksie, van watter kant ookal, n reaksie gaan wees met lateraan n kettingaksie! Daar gaan dus ongelooflik baie gevolge wees, sommiges goed en sommiges minder goed en daarom mag ons nie ophou om onpopulere stellings te maak en moeilike vrae te vra aan die meningvormers en leiers! Hulle is nog in hul leerfase en dit sal fataal wees om al die beesmis wat hulle opdis, vir soetkoek op te eet. Sekere onpopulere stellings het daartoe bygedra dat hulle begin vinger trek. Ons is nog nie daar waar ons al moes gewees het nie, maar ons is sterk oppad!

Manie ·

Die kommentaar oor die gedrag is pragtig maar ek weet Sasol sal nie luister na mooi gedrag nie. Hulle verstaan net die taal van eiendom vernietiging en intimidasie. As die mense nie bereid is om tot die vlak te daal gee ek hulle goeie raad. Los dan liewer die staking. Ek hoop hulle maak die klomp rassiste seer waar dit saakmaak en dit is in die geldkoffers van Sasol

Koos ·

Ons almal kan help as ons Sasol n bietjie Spur medisyne gee.

What a joke! ·

Stem met jou!
Sasol vermy my oor my witvel so ek vermy Sasol oor sy rassisme!!!..tata my money Sasol..

Genoeg is genoeg! ·

Jaco van ons weet dalk nie wat werkloosheid is nie maar weet jy hoe dit voel om vir 5 jaar in n ry as n ‘exceptional performer’ gerate te word omdat jy jou afsloof vir die maatskappy en jou swart kollega wat al vir die laaste 4 jaar as n ‘developer’ gerate is word beloon met R500 000 se aandele en jy kry niks! Die tyd vir stilbly en wegkyk is verby! Nou staan ons saam vir wat reg is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.