“’n Brand het omstreeks 09:40 vanoggend op vlak 75 sowat 2 300m ondergronds ontstaan,” het Harmony in ʼn verklaring gesê. “Sowat 287 van die 486 werkers is veilig in toevlugareas onder die grond waar daar vars lug, water en telefoonkommunikasie is.”
Reddingspanne werk intussen onverpoosd om die mynwerkers in die toevlugareas by te staan en die ander werkers op te spoor. Die ventilasievloei na die brand is afgesny. Dit is nie duidelik of die brand al geblus is nie.
Volgens Harmony is ʼn verdere ses reddingspanne ontbied om met die reddingspoging te help. Die brand het glo ontstaan tydens instandhouding van ʼn reuse lugverkoeler. Alle bedrywighede by die myn is opgeskort.
Dankie vir die protospanne van Harmony en ander. Julle is die beste. en baie geluk.
So dankbaar als het goed afgeloop en almal is veilig. Om op n myn te werk is nie vir sissies nie!