Honderde mynwerkers ondergronds vasgekeer

Die beskadigde kragtoring. Foto: Eskom/Twitter

Sibanye-Stillwater het gesê dat nagenoeg ʼn 1 000 mynwerkers ondergronds vasgekeer is by sy Beatrix-goudmyn naby Welkom in die Vrystaat.

James Wellsted, woordvoerder van Sibanye-Stillwater, het gesê die mynwerkers is ondergronds vasgekeer nadat ʼn hewige storm ʼn kragonderbreking veroorsaak het. Hy het gesê die mynwerkers se lewens is nie in gevaar nie.

Volgens Wellsted word daar kos en water aan die mynwerkers verskaf. Hy het gesê die kragtoevoer na die myn is besig om herstel te word, maar daar is nog nie genoeg krag om die mynwerkers na die oppervlak te bring nie.

Eskom het vroeër gesê ʼn hewige storm het tot gevolg gehad dat ʼn kragtoring beskadig is op die lyn wat elektrisiteit verskaf aan myne in die Welkom-area. “Eskom stel ondersoek in na die omvang van die skade en sal werk daarvan maak om die toevoer na die myne wat geraak word, spoedig te herstel,” het die kragvoorsiener gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder net ·

Anoniem, dalk is hierdie berig geplaas voor die nuwe inligting vorendag gekom het. Nuus is mos maar net om die wereld bewus te maak van wat aan die gang is waar almal nie van weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.