Honderde nog dakloos ná kitsoorstromings

Talle skuilings is tydens die oorstromings verwoes en honderde mense is steeds dakloos.

Die organisasie #NotInMyName sê meer as 400 mense word steeds by die Mamelodi Baptist Church in die ooste van Pretoria gehuisves nadat hulle weens die afgelope ruk se oorstromings dakloos gelaat is.

Die organisasie sê ook meer as ʼn week nadat die Gautengse premier, David Makhura, die kerk besoek het, wag hulle steeds dat die provinsiale regering iets doen om die gestrande inwoners se lot te help verbeter.

“Die kerk[gebou] het nou ʼn gesondheidsrisiko geword vir diegene wat daar woon terwyl hulle wag dat die beloftes gestand gedoen word,” het die organisasie gesê.

“Die lewensomstandighede is glad nie geskik om ʼn groot getal mense te huisves nie. Dit is onhigiënies en daar is nie voldoende ventilasie nie.

Die organisasie #NotInMyName sê die situasie is ‘n humanitêre krisis. (Foto: ANA)

“Dit is ʼn humanitêre krisis en die tussentydse noodverligtingspogings is nie voldoende nie.”

Vrydag het ʼn groep boosdoeners boonop op die kerk toegesak en geëis dat die inwoners terug na hul huise gestuur word. Hulle het ook geëis dat die voorraad wat reeds aan die kerk geskenk is om die haweloses mee te versorg, oorhandig moet word sodat dit aan die res van die plakkerskamp versprei kan word.

Die pastoor is boonop daarvan beskuldig dat die kerk die mense huisves bloot omdat hy na bewering persoonlik baat uit Suid-Afrikaners se welwillendheid, het die organisasie gesê.

Die polisie moes uiteindelik ingryp.

“#NotInMyName doen ʼn beroep op die Tshwane-metroraad en die Gautengse provinsiale regering om in te gryp. Die stilte is oorverdowend en die kerk is onder geweldige druk.

“Ons gaan voort om te help met noodleniging waar ons kan. Ons wil ook diegene bedank wat reeds bydraes gelewer het.”

Talle inwoners van Mamelodi is na verlede week se swaar reën dakloos gehad, nadat oorstromings sowat 700 skuilings verwoes het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andre ·

Daar is n rede hoekom daar nie in die verlede op BAIE plekke gebou en ontwikkel is nie. As dit regtig baie reen en reen soos normal ( wat nie onmoontlik is nie ) gaan daar n geween en n gekners van tande wees . Wonder wie dan blameer gaan word ?

Nico K ·

Ek het gehoor dat daardie spesifieke gebied aangewys is as onveilig vir bewoning en dat die mense glad nie daar mag gewoon het nie.

John ·

Vroeèr jare was daar ‘n vloedlyn waarbinne nie gebou kon word nie, maar menseregte maak alle reèls gelyk met die grond.

Anel ·

Ek is seker baie dom, maar ek kan nie sien hou is hulle probleme die munisipaliteit of die regering se probleem nie. As jy boy waar jy nie mag nie is die gevolge joune.

Karel ·

Ek het alreeds al my ekstra geld vir die boere in die Noord-Kaap gegee. Jammer ouens, julle is op jul eie.

bb ·

Het hulle nie versekering nie….? Wat sou gebeur het as dit in n gebied gebeur het soos Silverton of Silverlakes…. sekerlike sou die staat nie daar gehelp het nie????

Hanna Hoekom ·

Die mentaliteit en die tipiese bakhand-kultuur slaan my steeds dronk! “We demand…” Lig jou agterent en begin iets vir jouself skep! Maar nee, ons wag vir die stadsraad, die regering, die vuisvoos belastingbetaler ens om alles vir ons te doen. Afrika, o Afrika!

Sê maar net ·

en die meeste van hulle is nie eens Suid-Afrikaners nie

PJC ·

Dit is ń landwye probleem dat hierdie mense plak op plekke waar hulle nie moet nie maar hulle weier mos dat daar vir hulle voorgeskryf word wat die regte ding is om te doen. Duisende van hierdie plakkers bly in vleilande, gebiede onder vloedlyne en ook in areas wat onveilig is weens sinkgate. Hulle weier egter om enigsins te skuif na veiliger areas. Ek glo dus hulle moet net gehelp word as hulle bereid is om na voorgeskrewe areas te verskuif.

Kobus ·

Die vloedlyne het gewoonlik gestrek va 10jr tot 100jr vloedlyn. Maar vandag word dit beskou as skending vsn die mens se reg en elke keer gaan hy terug. Kyk maar na die Heuwels van KZN.

Thinus Erasmus ·

Aangesien my kommentaar op vorige berigte in die verband summier gesneuwel het, sal ek maar die heuningpot nader trek en die nodige politieke bedagsaamheid aanwend.
Onse ou taaltjie ontwikkel by die dag, maar soms raak die gebruikers daarvan ietwat ambisieus in die verband, hul raak halsoorkop meegevoer met vreemde en foutiewe konsepte waarvoor daar wel reeds korrekte en mooi suiwer Afrikaanse woorde bestaan.
In die geval vloed en oorstroming: vloed is vinnig (flash flood) en oorstroming stadig (flooding) soos by Venisië.
So die kitsoorstroming is lomp, lelik en onakkuraat, dit geld ook vir flitsvloede en derglike anglisismes.
Om te veg vir Afrikaans moet jy ook dit korrek en suiwer hou, en verbeter met nodige en goeie nuutskeppings.

Alexz ·

Met GROOT ywer en geesdrif het hulle daar gebou, wààr is die motivering heen om nou te her-bou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.