Honderde onderwysers skuldig oor lyfstraf

(Argieffoto)

Hoewel lyfstraf jare lank al verbode is in Suid-Afrikaanse skole word dit steeds wederregtelik deur sommige onderwysers toegepas, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, in die parlement gesê.

Sy het die inligting verskaf in antwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur Nomsa Tarabella-Marchesi, DA-LP.

Motshekga het verduidelik dat onderwysers wat hulle die eerste keer skuldig maak aan lyfstraf ʼn formele brief bekend as ʼn adviesbrief aan die onderwyser ontvang waarin hulle gewaarsku word dat ʼn dissiplinêre verhoor met potensieel swaar strawwe sal plaasvind as hulle weer lyfstraf toedien.

In die boekjaar 2016-‘17 is 229 sulke adviesbriewe uitgestuur aan onderwysers wat skuldig bevind is daaraan dat hulle lyfstraf toegedien het. In 2017-‘18 het die getal effens opgeskuif na 233 adviesbriewe, maar in 2018-‘19 het dit afgeneem na 194 adviesbriewe.

Dat sommige onderwysers steeds lyfstraf toedien selfs nadat hulle adviesbriewe as waarskuwing ontvang het, blyk uit die feit dat die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE), wat die land se waghond oor aanvaarbare onderwyspraktyk is en by wie alle onderwysers geregistreer moet wees as hulle wil skoolhou, in 2016’17 sewe onderwysers dissiplinêr skuldig bevind het oor die toedien van lyfstraf. In 2017-‘18 is 24 onderwysers daaroor dissiplinêr skuldig bevind en in 2018-19 het die getal verder opgeskiet na 33 onderwysers wat skuldig bevind is.

Die strawwe wat SACE opgelê het, het gewissel. Sommige onderwysers se name is van die rol van onderwysers geskrap, wat beteken hulle is hul werk en inkomste kwyt want hulle word nie meer toegelaat om skool te hou nie. Dit het slegs gebeur in gevalle waar leerlinge ernstig beseer is deur die onderwyser.

Sommige van die ander skuldige onderwysers se straf was dat die skrap van hul naam van die rol opgeskort is op voorwaarde dat hulle nie weer aan lyfstraf skuldig bevind word nie.

Onderwysers wat deur SACE skuldig bevind is, is ook boetes opgelê, het Motshekga gesê.

Tarabella-Marchesi wou ook weet of die onderwysdepartement onderwysers ondersteun en toelig oor hoe om klasdissipline prakties te handhaaf in die afwesigheid van lyfstraf. Motshekga het die vraag blykbaar misverstaan, want haar antwoord het bloot uitgewei oor strafmaatreëls aan onderwysers wat lyfstraf toedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Johanna Botha ·

Sy antwootd skoon verkeerd op die vae wat gestel word …..weet sy wat aangaan om haar ! Ek wens so ons kwn kundige mense kry wat die land kwn bestuur ….en die n useless sruggle buddy of chamma nie !

Kootjie ·

Ek weet net eending!! En dit is; vandat daar nie meer by die skole op ligte lyfstraf gereken kan word nie….. het alles verkeerd begin loop! Kinders luister nie meer nie.. hulle moet voel ook! Die sitvlak is daarvoor ingerig en ‘n raps het nog altyd die ore en oe oopgemaak om beter te wil wees!! Maar nou? Geen desipliene of gesag meer nie! Hulle is te pally pally met die onnies en daar is geen onderskyd nie! Ons was vrek bang vir ons onnies! En het hulle gevrees!! Maar vandag is dit hand om die blaas en alles is maar ok! Maar niks is regtig reg nie!! Nou hoe nou? Hulle luister nie by die huis nie en hulle kry nog minder raas of sla daar!! Dieselfde by die skole? Nou waar moet hulle leer wat reg of verkeerd is? Se my!

Pro Lyfstraf ·

Dit is presies hoekom die skole se leerders net doen wat hulle wil…geen dissipline nie…rand onderwysers aan…praat nie eers van die slaagsyfers nie. Lyfstraf op skool het my n beter mens gemaak. Dan is godsdiens ook weggevat ….

Carel ·

Jy moet aan my kind slaan. Ek sal n aanranding saak teen jou as onderwyser oopmaak en seker maak jy verloor jou werk.

KO ·

Ag ou Carel, dit is hoekom ons is waar ons is.
Ook een van daardie ouers wat dink hulle kinders is engeltjies.

Anni ·

Ja carel, en gelukkig is di wet mos in, vir mense soos J dat J ou bloedjies ook ni by huis pak mag Kry ni. Ongelukkig het meeste van kinders vandag geen respek vir volwasse mense ni. En n pak op Sy tyd is di regte medisyne. Dis onaanvaarbaar dat kinders in skool so ongeskik is. Opvoeding begin by huis. Maar Sterkte vir di met kinders op skool.

Mb ·

Ek hoop nie dis jou kind wat die onderwyser so tart, uitlok, verpes, ignoreer en disrespekvol behandel nie. Joune is mos die een wie se huiswerk , netjies, met vol punte op datum gedoen is. Joune wat ALTYD in die klas dood stil bly en net sy/haar werk doen. Wat elke dag sy/haar engelvlerkies as deel van die skooldrag beskou. Aai, dis duidelik dat jy nie ń onderwyser is nie want dan sou jy weet.

Hannelie ·

Ek stem 100% saam met jou Carl. Lyfstraf het nog nooit n plek gehad in skole nie. Na my mening breek dit n kind se selfvertroue af en is dit vernederend. Lyfstraf hoort by die huis, nie in die klaskamer of agter n toe deur nie.

Johett Oberholster ·

Ek sou so graag wou sien hoe onse Carl op die provokasie in die klaskamer reageer. Hy mag miskien die perfekte ouer wees, maar besef duidelik nie hoeveel ander verwag dat die skool die kinsd maniere moet leer nie.

Foxi ·

Wonner of jy met die lat bygekom was. Seker nie van n bietjie pyn gehou nie. Shame man.

André Lategan ·

Daar is niks fout met lyfstraf nie as jy nie ore het nie moet dit oop gemaak word. Dit is hoekom kinders so ongeskik is vandag. Wat gaan aan met ons samelewing. Alles gaan ten gronde. Dissipline begin by die huis leer jou kind reg en hy sal respek he vir onderwysers..

SvS ·

Dit is waar Carel jy seker nog nooit gesien of beleef hoe n kind n onderwyser stamp dat hy rugbesering en nek besering opdoen nie, nog nooit die vrees in jou kind se oe gesien oor hy naby die onderwyser was wat so seer gekry het nie dis mense soos jy wat dit nog nooit beleef het nie wat sulke kommentaar lewer. Daar is geen dissipline in ons skole meer nie ek sê sit lyfstraf terug want die kinders het dit nodig

A simple man ·

Lyfstraf het ons beter gemaak. Dit ons ook ‘n span gemaak. Vrydag met tuisklas en die seuns klaar gestaan vir hulle 2 houe en die dogters 2 houe op hand. Die klas dit so gevat. Jy nie die werk skuldig naar dan laas week. Behalwe eie dissipline en respek, het dit ons as klas geleer van span werk e mekaar help en ondersteun. 1984 matriek Godsdiens uit skole die ander groot ewel

Frik ·

Daai onnie het seker skoor gesoek en het gekry wat hy verdien het.

tanya ·

En dit is hoe die kinders nie maniere hst nie. Omdat die jonk kinsees wat kinders wil groot maak sake wil maak. My kinders het manier en geleerdheid hoekom omdat my kinders gied pak gekry het in skool sn by huis. Geen pa by skool 10/200 vir onderwysers wat nog lyf staf gee wel done

Swart Piet ·

Ek hoop jyt mooi soet en opgevoede kinders Carel, sodat dit nie vir die onderwysers nodig is om jou plig ook na te kom nie. Dis beslis nie vir n ouer lekker as hulle kind moet pakslae kry (nie aanranding nie) by die skool nie, maar dis n baie goeie ding as dit moet gebeur. Dit kweek respek en dissipline by die mense. Alhoewel die staat nou nie hiermee sal saamstem nie.

Lucy ·

Ja en dit is hoekom dit so gaan in skole. Geen lyfstraf nie en die minister weet nie van alternatiewe dissiplinere stappe om vir onderwysers voor te stel nie. So dit eindig op n free for all!

Jannie van Niekerk ·

Ja en as jy hulle vra wat is “alterenatiewe straf” kan hulle jou nie antwoord nie. En die ouers wat so gekant is teen ‘n goeie pak slae op sy tyd is die wat eerste kla oor die misdadige optrede van vandag se kinders.

Jannie van Niekerk ·

Angie, gee eerder vir hierdie onderwysers ‘n salarisverhoging van 1000%.
Daar is net een manier om dissipline te handhaaf en dis om kinders wat geen opvoeding by hulle huis te kry nie te foeter. Ek sal enige onderwyser wat aan my kinders lyfstraf gee by die skool se hofsaakkoste betaal want indien ‘n onderwyser ‘n kind foeter het daardie kind dit verdien. Kinders wat nie getugtig word vir verkeerde dade nie sal later misdadigers word. As daar nie straf is nie, kan mens mos maar verkeerde dinge doen snder gevolge. Glo my vry, sielkundige straf werk nie.

Ingo ·

As myne aanjaag en hy wil nie hoor nie moet hy voel.Die staat maak hom nie groot nie ek doen.Lyfstraf(tugtigging)= liefde…water oor godsakker= geen liefde nie

JV ·

Ek het ‘n goeie pak op skool gekry en dit het nie n slegte mens van my gemaak nie. Vandag het kinders geen dissipline en respek vir hul ouers en onderwysers nie. Oordeelkundige lyfstraf is nodig.

TwaalfBoor ·

@Carel
Ek wil nie eers weet hoe oud is JY nie “seuna”. Ook seker nie ñ drag slae op skool of by die huis gekry nie.

Essie ·

Daar is niks so goed as n goeie pakslae wat jou as kind weer terug op die pad plaas nie ons kinders word soos soft toys groot en kom die stampe van die lewe kan hul dit nie vat nie

DS ·

Nee wat op die regte anatomie deel en binne perke en jy het kinders wat maniere en respek vir ander mense het. Groot verskil tussen mishandeling en gesonde dissipline. Beheer is uiters belangrik – ek dink die klomp ongeskikte brats van vandag sal my as onderwyser so kwaad maak ek sal toegesluit word vir mishandeling – ek kry vandag se onderwysers bitter jammer want ouers soos Carel se kinders moet verdra word.

My Stem ·

Wat as:lyfstraf wel toegelaat word maar: in die teenwoordigheid van die hoof, nog n onderwyser en die een wat die pak toedien? Sê bv n maksimum v drie houe? Die wat daarteen is kan hop en wip nes hulle wil, maar enige regdenkende mens sal erken dat dit is wat nodig is om geweld en wanorde in skole teë te werk!!! Ek het die skool skriftelik toestemming gegee om my kinders se agterente af te stof as hulle nie luister nie. Ek het hul onderwysers vertrou. Vandag is ek bly oor my keuse. My kinders is volwasse en goed aangepaste mense wat hul plekke vol staan in die samelewing.

Henri Bester ·

Nee wat. Ons was koshuis kinders en genoeg stout. Sitvlak seer na uitgevang en slae om net n psardae later daaroor te lag. Deel van sen wees.

Pakslae ·

Lekker lag ek nou vir carel se boodskap .
Carel as jy gaan mooi kyk na vandag se kinders op skool baie van hulle het nie respek vir ouer mense nie praat terug maak wat hulle wil en hulle praat terug met onderwysers my vriend ek as skool kind was goed gewikkel met n rottang en glo my vandag is ek nie spuit daaroor nie want dit was nodig om pak te kry vandag se kinders wil net as n onnie met hulle raas n saak maak tigtig die wat jy lief het dit gaan soos dit gaan met ons vandag want daar is geen respek of liefde vir mekaar in die land nie begin by beginsels goeie opvoeding en liefde en eerlikheid met n pakaslae as dit nodig is maak n mens sterker en verantwoordelik vir wat voor le in jou lewe

Stel ·

Carel ek nooi jou uit om by my te kom kuier. Jy gaan WAKKER skrik, nagte wakker lê en nooit weer slaap nie.

Kerneels ·

Nou wat gaat jy doen, my bra? Hom opvoeter soos ‘n regte Afrikaner bullebak? Dis van al die gevoetery dat die Afrikaner in sy maai is boet.

Gebruik ·

Wel onnies, as jy tender vir jou eerste adviesbrief, maak dit die moeite werd. Jy gaan net een kans kry.

Judge Dredd ·

Honderde onderwysres moet eerder geprys word.
En nogal ironies dat Angie die antwoord oor alternatiewe strawwe vermy – want sy weet seker ook nie die antwoord.

Gertryda ·

Ja nê kinder kom met moord weg maar onderwysers nie met lat nie.
Skande hoe kinders op skool optree. Elke keer as hul uit klas gaan staan daar vieslike goed geskryf op hul tafels en op onderwyseres se tafel. Hul het geen geen geen respek vir hulself of vir hul onderwysers nie.

sdp ·

Ja nee, ek weet nie van 1 in ons familie wat enige liggaamlike letsels of sielkundige probleme het van pakslae nie lol

Tess ·

Ek het pas my werk verloor oor pakslae. Nie doodslaan, nie aanrand. Wel paar houe op boud en hande slaan. Onmiddelike ontslag. Geen salaris. Geen niks niemand en nerens. Ek sit alleen in n vertrek opsoek na uitkoms. My lewe is verwoes. En my ‘trackrecord’ as puik opvoeder is baie langer as die tugtiging wat die kinders gekry het. Wat kan ek sê. Gebroke. HERE HELP MY.

Frik ·

Jy het die wet oortree. Punt. Nou word jy gestraf. Kry vir jou ‘n ander job.

Zombie ·

Tess, ek weet nie wat jou presiese omstandighede is nie, maar baie sterkte.
Ek doen ‘n beroep op julle wat pro-lyfstraf is, om ń noodfonds vir Tess te stig.

Virgil ·

Julle. Dit is hel op aarde om vandag skool te gee. Jy word elke dag blootgestel aan misbruik. Mens loop deur onder hierdie kinders. Maar jy durf hulle nie aanvat nie, dan is die hel los.
Mens is fisies en omosioneel uitgeput.
Maar elke dag gaan jy maar terug vir nog meer verbale mishandeling.

Leon Pit ·

Die onderwys departement sorg dat die sogenaamde jong toekomstige leiers van die land in die grond in regeer gaan word.
Hou so aan Lesufi jy vorder fliks.

sdp ·

Ek wens daar was meer CVO skole dan was daar meer poste vir leerkragte

Fanie Meintjes ·

Die twee goed waarvoor die kommuniste Suid Afrika die meeste gehaat en gevrees het, was ons geloof en ons dissipline. Met die ANC se oorname is dit dan ook die twee goed wat hulle eerste getakel het. Dit het dan ook die huidige stelsel van geen verantwoordbaarheid vir jou dade geskep. Dissipline word benodig in ENIGE samelewing maar dit begin by die huis. As die ouers nie respek vir hulle kinders leer nie en dissipline by die huis nie toegepas word nie, laat dit die kerke en skole, wat eintlik maar net ‘n sekondêre rol moet vul, ‘n onbegonne taak. Lyfstraf was en is steeds nodig as ‘n kind nie luister nie, dit leer hulle dat hulle keuses, (lees verkeerde keuses), gevolge het. Die man wat sê hy vat onderwysers hof toe as hulle sy kinders slaan, my maat gaan lees Spreuke, smaak my jy het nie jou kinders lief nie.

Hannelie ·

Ek stem 100% saam met jou Carl. Lyfstraf het nog nooit n plek gehad in skole nie. Na my mening breek dit n kind se selfvertroue af en is dit vernederend. Lyfstraf hoort by die huis, nie in die klaskamer of agter n toe deur nie.

Jdb ·

Volgens ons regering mag jy nie by die huis pak gee nie. Gaan ek ook ‘n eerste waarskuwing kry?

Verlore ·

Hoeveel leerders het mekaar al hierdie jaar vermoor in skole? Tot onderwysers is al vemoor deur leerders! Almal huil oor die ongedissiplineerde leerders, maar moet tog net nie lyfstaf noem nie!

James ·

Carel en jou kinders seker engeltjies. Onthou tog jy mag nie tuis kwaad raak nie en straf nie. Net berading gee en die situasie monitor!

Skepties ·

Alles reg sonder lyfstraf. Onderwerp net die bloedtjies aan dieselfde reëls as die onderwysers. Gee n stout kind n adviesbrief en as hy homself weer skuldig maak aan wangedrag moet sy naam van die rol geskrap word en mag hy nooit weer onderrig ontvang deur n geregistreerde onderwyser nie.

Juffrou ·

Ek weier om my werk te verloor a.g.v ‘n stout kind alhoewel ek na 33 jaar weet lyfstraf werk vir gedragsprobleme. Ek byt op my tande en probeer my bes om dissipline te handhaaf . Jou engeltjie is dalk n jaar lank my probleem maar lewenslank jou probleem omdat hy/sy nie dissipline kan aanvaar nie.

Naomi ·

Niemand kan iets se nie voor jy in ‘n klas gestaan het nie. Ek daag enigeen uit om net 1 dag skool te hou.
Jong onderwysers dink hulle moet pelle met die kinders wees.
Ouer onderwysers wil net die kurrikulum klaarmaak.
Die kinders kom skooltoe omdat die ouers se hulle moet.
As jy so goeie ouer is, doen die werk self. Aanvaar jou kind wil nie daar wees nie.

JohanR ·

En dan wonder hulle hoekom skool kinders buite beheer is!!!

Stella barnard ·

Toe ek op skool was was ons gestraf ..ons kon kies of uitskryfwerk oor n naweek of 2 houe op ons hande of sterre. Ons was ni aangerand ni..net soos Die Bybel ons leer Getugtig. En ek sou ni gewaag het om na skool by my ouers te gan kla ni want dan sou ek weer deurgeloop het. Dit het van my di mens gevorm wat ek vandag is. Respek vir ander, dissipliene en omgee vir mense. In vandagse skole steek mede leerders mekaar met messe dood en val mekaar met pangas aan. (Lees di koerante vd afgelope weke) Vloek di onderwysers onder hule klere uit. Vieslik. Godsdiens is uit di skole verwyder. En ons tronke bars uit hule nate..HUKOM!!! Want di ou bloeitjies mag ni wanneer dit nodig is n pakslae kry ni. Danki Vader my kinders is klaar met skool. Sterkte aan di ouers wat nu kindertjies na staatsskole tu mut stuur. Dis nag daar. Hule sal selfverdediging buitemuurs mut leer.

Jax ·

Nee wat. Slaat my kinders se boude goed as hulle nie hul plek ken nie en stuur aan my n boodskap sodat ek hulle weer by die huis kan bykom.
Ek het pak gekry by die skool, huis, die bure, familie – waar Ek ookal gekom het en as my nie kan gedra nie.
Bring lyfstraf terug!!! Ek stem saam met die hier bo wat sê ons wêreld is in n gemors want behoorlike straf nie meer toegepas word nie.
Ouers wat daarteen is, mag maar vir n kwartaal gaan skoolhou sonder n lat en met “haai skattebol, moet nou nie weer so reageer nie” – Sal sien hoe vinnig beland hulle in n gestig.

Opvoeding altyd met liefde – selfs n pakslae. Eli Het van sy stoel afgeval en sy nek gebreek omdat hy nie na die Here geluister het toe hy gesê is om sy kinders te tugtig! Ek luister na my Vader en nie na die stupid wetmakers of ouers wat dink hulle het engeltjies nie.
Praat een keer, pakslae volg as opdrag nie uitgevoer word! Klaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.