Honderde onwettige wapens ingewin gedurende amnestietydperk

‘n Onwettige vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Oos-Kaap kon gedurende die algemene wapenamnestie beslag lê op 184 onwettige vuurwapens in mense se besit. Dit sluit in 128 pistole, 24 gewere, 16 haelgewere en twee outomatiese laaiers.

Die wapenamnestie het op 31 Mei verstryk en lede van die publiek kon wapens wat hulle nie meer wil hê nie of onwettig in hul besit is, aan die polisie oorhandig sonder om vervolg te word.

“Gedurende April en Mei van die amnestietydperk kon die polisie heelwat vooruitgang maak om die verspreiding van onwettige wapens in die provinsie te bekamp. Oortreders wat nie onwettige vuurwapens wou oorhandig nie, is in hegtenis geneem en het in verskeie howe verskyn op ʼn reeks aanklagte wat die besit van onwettige vuurwapens insluit,” het Sibongile Soci, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, gesê.

Benewens dié vuurwapens is daar op 329 patrone en 45 vuurwapens tussen 1 Junie en 15 Junie beslag gelê.

Soci sê al dié vuurwapens is gestuur vir ballistiese toetse om te bepaal of dit tydens enige misdade gebruik is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Hoe eel van hierdie wapens behoort aan eusnaars wzt net eenvoudig nie aansoek gedoen het vir hernuwing van lisensie nie.

Sarel

Mense watvnie Lisensies hrrnu het nie en nou vuurwapens inhandig is deel van die probleem. Ons almal weet dat dasrdie wapens se eindbestemming onbekend is.

Jacobus

Effense korreksie. Die boewe is nie gevra om wapens in te handig nie – beslaggeleê. Dit beteken ook dat vir misdaad gebruik is – hopelik is forensiese toetse vnniger as die gewone wetsproses. Klink vir my soos hierdie brokkies goeie nuus van SAPS kant af. Moet sê wělgedaan.

Michael 1

Mense moet wapens wat hulle nie meer soek na n geweersmit vat om dit te deaktifeer en n sertifikaat te kry of verkoop dit aan wapen handelaars ,baie van die wapens wat ingehandig word eindig weer by kriminele op.

Scalla

Die oorsprong kan seker op sommiges nagespeur word?