Batiraishe Mukonoweshuro, Zimbabwe se konsul-generaal, het aan die Zimbabwiese koerant Chronicle gesê 421 Zimbabwiërs is verlede Donderdag vanaf die Lindelani-sentrum in Johannesburg gedeporteer.
Die Zimbabwiërs was vir tussen drie en agt maande by die sentrum, alhoewel hulle nie langer as drie weke daar gehou mag word nie, het Mukonoweshuro gesê. “Ons het begin om mense by die Lindelani-sentrum te identifiseer en dokumenteer en het met binnelandse sake in verbinding getree om hulle te verskuif.”
Ongeveer 900 Zimbabwiërs is tydens ʼn ander operasie na hul tuisland gerepatrieer ná xenofobiese geweld vir weke in Durban en Johannesburg gewoed het. Volgens berigte is verskeie Zimbabwiërs ook op eie stoom terug na Zimbabwe.
Na raming woon tussen een en twee miljoen Zimbabwiërs in Suid-Afrika.
Hoekom nou eers…
Hoekom nou eers…
Wat n grap! Wanneer laas het die persone wat die depoterings doen gaan kyk wat op die Musina Buitbrug grenspos aangaan? Hulle is almal more terug. Daar is geeeeen grens beheer nie.
Wat n grap,daar is tussen 1-2 miljoen Zim’s in RSA maar net 245000 permitte is hernu en goed gekeur deur DHA ,wat is so moeilik aan die som?