Honderde oud-Eskom-werknemers wil kragreus help

Douwe van Wyk (links) en George van der Merwe. Foto: Mia Slabbert

Die kundiges waarna minister Pravin Gordan opsoek is om Eskom te kom help, is reeds hier in Suid-Afrika en hulle steek in hulle massas hul hande op om die sukkelende kragreus met hul kennis en vaardigheid by te staan.

Só meen die vakbond Solidariteit na “oorweldigende” reaksie op hul konsep van ʼn kennisbank – waar opgeleide ingenieurs, ambagslui en kundiges wat voorheen in diens van Eskom was, kan registreer om na Eskom terug te keer – verlede week op hul webblad van stapel gestuur is.

Solidariteit het Donderdag twee voormalige werknemers van Eskom aan die media voorgestel. Die kundiges, Douwe van Wyk en George van der Merwe, het gesamentlik meer as 50 jaar se ondervinding by Eskom. Hulle is twee van sowat 10 200 wit werknemers wat tussen 1994 en 2002 genoodsaak was om Eskom te verlaat.

Hulle sê hulle is dankbaar vir die platform wat Solidariteit geskep het en steek hulle hande op om te help omdat hulle eenvoudig nie kan terugsit en kyk hoe Eskom inmekaar tuimel nie.

“Ons is nie meer jonk nie, maar ons wil so graag help. Ons tyd om te help hardloop eintlik uit. Ons sit met soveel kennis en vaardighede wat ons steeds saam met ons dra van ons jare by Eskom. Eskom was baie goed vir ons en ons is vandag wie ons is as gevolg van Eskom. Daarom wil ons help, ons wil ondersteun en ons wil ons kennis en vaardighede oordra,” het Van der Merwe (67) gesê.

George van der Merwe. Foto: Mia Slabbert

Van der Merwe het 47 jaar se ervaring in die distribusie- en transmissie‑industrie waarvan die eerste 26 by Eskom was waar hy as projeksiespesialis gewerk het en uiteindelik ʼn senior bestuursposisie in beide kragdistribusie en -transmissie beklee het. Hy is in die 90’s by Eskom weg as deel van Eskom se sogenaamde “plekmaak-strategie”. Volgens Van der Merwe moet die regering buite Eskom se enjinkamer gehou word.

“Eskom was op sy tyd ʼn reus en hy het nasionaal en internasionaal geskitter. Ons wil nie nou die Moses-rol by Eskom inneem nie, maar eerder die Aäron-rol wat die hande van Moses sterk gemaak het. Nederige diensrolle is by Eskom nodig om die mense wat daar is te motiveer en om ons kennis terug te ploeg,” het Van der Merwe gesê.

Die 69-jarige Van Wyk het in 1973 by Eskom as ʼn beurshouer begin en was tussen 2002 en 2004 die hoof uitvoerende beampte van Eskom Malawi. “Ek moes by Eskom in Malawi baie vinnig leer hoe mens ʼn gebreekte organisasie vat en hom heeltemal heelmaak sodat hy kommersieel kan wees. Dit was wel ʼn baie kleiner krisis as waarmee ons nou sit. Maar ek het ongelooflik baie geleer,” het Van der Merwe gesê.

“Ons was nog altyd trots op Eskom en dit is nou ons beurt om te help waar ons kan om Eskom weer die spoginstelling te maak was hy eens was. Dit gaan wel nie ʼn vinnige oplossing wees nie, maar as ons die geleentheid gegun word, kan ons dadelik begin om te help.”

George van der Merwe (voor) en Douwe van Wyk. Foto: Mia Slabbert

Volgens Van der Merwe is daar in die stadium soveel fasette in Eskom wat nie reg is nie en moet daar nou volgens ʼn prioriteitslys gewerk word om dinge van ʼn kant af aan te pak.

Die skep van die kennisbank het gevolg op pres. Cyril Ramaphosa en Gordhan se aankondiging dat kundige oud-Eskom-werkers, plaaslik en in die buiteland, gebruik moet word om Eskom se vaardigheidstekort te help verlig.

“Solidariteit is absoluut oorweldig en kry hoendervleis om te sien hoe gewone Suid-Afrikaners in hierdie afgelope week hul hande opgesteek en gesê het hulle is beskikbaar om met hulle jare se kennis en vaardighede vir Eskom in hierdie krisistyd te help,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Dié kennisbank het binne enkele dae ʼn magdom kundigheid opgelewer van sowat 320 opgeleide en ervare beroepslui wat tussen hulle ongeveer 5 400 jaar se werkservaring het. “Hierdie terugvoer is baie inspirerend. Ek het self met ʼn klomp van hierdie mense gepraat en wat my dalk die meeste tref is hoe lojaal hierdie mense teenoor Suid-Afrika is.

“Dít terwyl Eskom spesifiek nie jare gelede lojaal teenoor hulle was nie. Hierdie mense wat hulself nou beskikbaar maak om in hierdie krisistyd te help, is ʼn Suid-Afrikaanse storie van hoop en saamstaan,” het Hermann gesê.

Dirk Hermann in gesprek met Douwe van Wyk (middel) en George van der Merwe (regs). Foto: Mia Slabbert

Van die groep mense wat hulle hande opgesteek het, is 33% ingenieurs en ʼn verdere 50% elektrisiëns, spesialiste in ambag, toerusting en kragopwekkingstelsels. Dié groep het saam meer as 334 geakkrediteerde kwalifikasies en het elk ʼn gemiddeld van 17 jaar se werksondervinding in die industrie. Daar is verder mense wat as gekwalifiseerde internasionale projekbestuurders werk en ook internasionale gesogte spesialiste in hulle velde is. Baie van die mense wat hulp verleen, is reeds afgetree, maar bereid om die land te dien ongeag persoonlike opofferings.

“Suid-Afrika is nou in ʼn krisis. Eskom het tussen 1994 en 2002 net te vinnig té veel vaardighede verloor en dit is skrikwekkend om te sien waar ons vandag sit. Ons moet nou almal ons trots in ons skoene druk om saam met mekaar hierdie krisis te erken en werklik iets daaraan te doen,” het Hermann gesê.

Indien jy ’n kundige of oud‑Eskom-werknemer is en jou hand wil opsteek, besoek gerus https://solidariteit.co.za/eskom-kennis/ vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Susanna ·

Andre?? Wat moet hulle skep? Dit gaan nie pap reën vir hierdie mannie boet. Ek twyfel hulle gaan veel vergoeding kry. Dis ‘n goeie daad, maar, as ek hulle was, sou ek saam met Landbou eerder na sonkrag kyk. En hoekom is daar soveel aansoeke vir sonkrag stasies wat hang??? Omdat hulle (Eskom) amper hierdie manne wil dwing om hulle te help want hulle weet tjokkol van onderhoud, beplanning ens. Net rondsit en salarisse trek elke maand. Just my 2 cent.

Vonny ·

Dankie aan almal wat so aan bied om hul vaardighede en kennis terug te ploeg! ! Skep beteken hul verdien die vergoeding. ..vir hul kennis !!!

Nel ·

M.A.W. ons moet na op dieselfde vlak daal as die soustreinryers???

Rooikop ·

Wonderlik dat die mense Eskom en SA wil kom help !!
Dit het jy nou van n spul mense wat nie weet wat hulle doen toe hulle al hierdie
puik personeel laat loop het om “plek te maak” vir onbevoegde mense ……..

Marius ·

Trots op julle dat julle help want hulle besef dat as ons nie help en die ligte gaan af sal misdaad ons mense eerste teiken,

RG ·

Dis wonderlik maar net jammer die Mag aan bewind sal eerder die kragreus in donkerte dompel eerder as om hierdie mense aan te stel. Kom ons hou die spasie dop… Indien hulle wel aangestel word sal dit my hoop in ons regering herstel.

Piet ·

Indien hulle wel gebruik word, sal hulle weer laat gaan word so gou goed beter lyk.

Bronwyn ·

Wonderlik!!! Julle stel ‘n goeie voorbeeld vir die jong klomp…. Ons sit met wonderlike talente in Suid Afrika het gebruik dit. En les wat ek vandag weer geleer het…. dit help nie om te sit en kla nie… as daar ‘n platvorm is doen iets… moenie net sit en kla nie.. Dankie manna en almal wat betrokke is.

Hendrik ·

Sinneloos wie sê Eskom gaan hulle indiens neem. Maak nie saak wat minister sê nie dit hang nog van Eskom bestuur af.

BlinkStephaans ·

Ouens hierdie is ñ baie mooi en goeie inisiatief… maar ek weet nie of julle oom Pravin se arm gedraai gaan kry… ek sê weer…dit gaan neerkom op ñ bekentenis dat hulle droog gemaak het… en waar het julle nou al gesien die anc doen dit? Hulle sal eeder ten duurste ouens uit die buiteland kry… dalk nog Kuba vir al wat ons weet… as om vir iemand wit die krediet te gee, dat hulle weet wat hulle doen, en die land gered het. Sterkte.

Tino ·

Hierdie is great! Wel gedaan, hoe help ek?

Ek het nie industrie ervaring nie maar is ook bereid om te help met die kundigheid en kennis wat ek moontlik het.

Ek dink die eerste struikel blok (sonder om negatief te probeer wees) is die transformasie beleid wat steeds een my tel en bleik om nog meer in die nabye toekoms teen my en sekerlik meeste op die lys.

Geronimo ·

Ek bewonder die edelmoedigheid van hierdie mense. Maar, soos ek die kaders ervaar, sal hulle eerder alles in duie laat stort, in grotte bly en met miskoeke vuurmaak, solank hulle net nie nodig het om hul onbevoegdheid en skelmstreke te erken nie.

Die waarheid ·

Ja en die ander vakbonde gaan nie beindruk wees nie. Waar is n welaf persoon wat al hierdie mense in diens kan neem en n nuwe kragreus begin wat nie krag op skuld verkoop of verniet gaan weggee nie.

wilma ·

En die boerpotvraag is of daar van enige van dié kundiges se dienste gebruik gemaak gaan word?

juba ·

Teen n paar honderd duisend rand n maand, is ek ook bereid om te help, maar ongelukkig is ek nog in diens en niemand luister na ons, wat direk met die probleme werk nie.

Buite Stander ·

Juba, ek is ook verstom. Waarom ouer mense wil terugbring wat weer opgedateer moet word van al die nuwe sisteme en prosedures? Party van hulle het seker 45+ jaar gelede graad gevang en die energievlakke is seker maar laag. Dit gaan weke en selfs maande neem om op te vang, terwyl bekwame bestaande wit en selfs swart ingenieurs en vakmanne maar moet toekyk soos swape. Die meeste van Eskom se probleme het op die hoogste vlakke begin, terwyl werkers op laer vlakke magteloos moes toekyk hoe die groep geplunder word. Hierdie omies sal seker maar rondstrompel by die kragstasies.

VanAfrika ·

Buite Staander, dis nou platvloerse menataliteit. Hierdie “ou” manne het meer energie en geleerdheid as wat jy in jou een ooghaar het. Ek dink hulle kan jou enige dag onder die tafel deur werk. En hulle word nie verniet ook bekwaam genoem nie, hulle het geleer om te kom waar hulle is. Om op te tel waar hulle gelos het en om op datum te kom met nuwe kennis en tegnologie is wat hulle doen, dis hoekom hulle ingeneurs genoem word. Die bekwame bestaande wit en swart ingeneurs en vakmanne waarvan jy praat kon nie hierdie reuse skip nie alleen laat seil nie seker oor n tekort aan finansiële ondersteuning en die nodige “tools” en behoorlike kennis. Gee die “ou” manne net een oop deur en ek kan jou waarborg, ons sal in geen tyd hierdie skip weer laat seil. Nou dat Liewe Jesus vir ons n ligstraal gestuur het, kap jy daarteen.

Buite Stander ·

VanAfrika, jy ken my nie en weet nie wat in my ooghare aangaan nie. Dit was ook ongevraagd. Dit is nie soos ‘n Christen praat nie. Eskom se probleme het bo begin, en die mense op laer vlakke het hul tegniese jobs gedoen na die beste van hul vermoë. Ek ken baie van hulle wat nagte deurwerk. Betoon respek aan die mense. Hierdie afgetredenis het hul beurt gehad en sal maar dieselfde probleme ervaar toe hulle gevra is om uit te tree. Wat se outoriteit het hulle in elk geval en wie gaan na hulle luister? Hulle het hul beurt gehad en moet aanbeweeg. Eskom het sedert hul uitrede baie verander.

jaco ·

Wot kundiges sal eerder van die buiteland af ingevoer word – selfs vanaf Amerika, Frankryk, Duitsland ens. Lande wat nogal almal die apartheidsregering ondersteun het. Maar ons eie mense sal nie werk kry nie.

Blou ·

Jaco,
ek het die selfde gedink…… kom ons kyk wat gaan die “regering” met die een doen?

B ·

Hiermee saam – dr’s van Kuba asook werktuigkundiges wat op ‘n stadium ingevoer is?

Db ·

Welgedaan manne wat bereid is om na die wat julle in die tande geskop het te gaan / wil help. Die vraag is of hulle dit gaan toelaat dat julle weer daar gaan werk en die antwoord is – NEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Piet parys ·

Escom die Anc moes in die eerste plek nie die personeel afgedank het nie . Die skuldiges wat daardie tyd sulke besluite geneem is direk verantwoordelik met wat met eskom gebeur het . Cyril moet eers plaaslike tegnici gewerf het . Ek glo nie hy sal iemand indie enige van die tegnici aanstel nie want dan moet hy mos sy anc stem geregtiges afdank want daar is al klaar te veel werkers. Of moet ek se leegleers.

Asjas ·

Baie goeie idee en sal fantasties wees as die blanke werksmag weer kan aanstellings kry, maar my eerste reaksie was, wie gaan hierdie manne se salarisse betaal? Hulle gaan nie vir peanuts wil werk nie. Hulle het soveel kennis en sal natuurlik vir hul kundigheid betaal wil word. En hoe gaan die unie by Eskom reageer… pasop hulle brand miskien ons kragstasies af as julle blanke persone weer heraanstel. In ons land weet mens nooit wat om te verwag nie. Maar dit alles gesê, as julle daarin slaag, welgedaan. Ons kan net bid dat dit sal uitwerk.

Johan ·

Eskom sal hul nooit indiens neem nie. . Selfde as SAL. Dit is n klap in ANC gesig. Hul sal eerder vir China gee. Gee net kans China gaan nog hele Afrika vat.

Hennie ·

Johan stem saam ek is self n afgetredene en het gedink om net weer n werkie te kry om pensioen so n bietjie aan te vul . Het toe die SAL genader hulle het op Facebook mense uitgenooi om aansoek te doen vir werk wat was hulle antwoord vir my “Sorry sir you are white and to old ” . Lekker nê .

jean ·

Sê ek ook Johan……hulle sal liewer dat die hele Eskom inplof as om blankes in diens te neem.

Dog dis dan BEE indiensneming!! ·

Verstaan nou nie so lekker nie..miskien is my vel te wit!! Paar weke gelede is dan gese Eskom gaan al die wit werkers afbetaal om die BEE status in plek te kry of het ek dit verkeerd verstaan?

Anoniem ·

As dit sleg genoeg gaan met die kragvoorsiening (fase 6 of 8?), sal die ANC en Eskom nie ‘n ander keuse hê as om van hierdie aanbod gebruik te maak nie, anders gaan die ANC in elk geval stemme verloor.

Dell ·

Ek is vas oortuig hierdie handeopsteek lys van teen die tyd seker so 500, kan die werk verrig van die 35 000 werkers wat reeds bewys oorbodig is by Eskom. Wat ‘n totale gemors!

Santie ·

Ja of hulle van hierdie aanbod gebruik sal maak, sal ons maar moet sien. Hulle sal eerder Italianers invoer as om ‘n wit man ‘n kans te gee. Ek hou nie my asem op nie, al weet ons almal dit is omdat hierdie kundigheid verlore geraak het, dat ons sit waar ons sit.

Gert Moolman ·

Hierdie spreek boekdele van ons integriteid.Die rede hoekom ek so lief is vir my mense….

MM ·

Ek dink dat dit absoluut fantasties is hoe diegene wat kan help, wil help!! Die mense met die kennis is laat gaan destyds en steeds is hulle bereidwillig om te help in krisistye. Ek hoop net dat die “ander” wat tans by Eskom is, hulle sal ondersteun en nie sal doen soos hulle gewoonlik doen nie – staak, saboteer ens.

Sanet ·

ONMISKENBAAR DIE DINAMIESE KARAKTER VAN DIENSLEWERING BO EIE EGO VAN DIE OU PERSONEEL❗❗???WELLDONE??
ons bid…en hoop maar nét EGO van eskom verdwyn

neels faber ·

Baie nice van hulle om te help,maar wat se die President van die veltog,gaan hulle die manne gebruik,hoop om terugvoer te kry op my vraag.

jakes ·

Ek bewonder die ou Eskom manne wat bereid is om terug te kom en te help. Maar ek dink dat hulle meeer kans het om swanger te raak. Die ANC sal twee keer dink voor hulle summier net mense aanstel want dit sal onmiddelik die gemors wat oor 2 dekades aangevang is deur regstellende aksie, op die lappe bring.

AJ. ·

Wie gaan hulle betaal en met wat. Eskom is dan bankrot en boonop is hulle wit. Die wat geskep het is die onkundiges en ongeskooldes wat Eskom het waar hy vandag is.

hb ·

Jitte julle leef in n droom wereld. Kan julle nou nog nie besef dat ons regering nie hulp van ons blanke Suid Afrikaners wil he nie.

Bamsie ·

Ek raai daar gaan net van hulle gebruik gemaak word as ons in fase 5/6+ gaan. Gits, daar kan nie verwag word dat hulle verniet werk! As al die baie base se sekretaresse en PA’s ontslaan word is daar dadelik miljoene beskikbaar.

Se wie ·

Neewat hoor as hulle EEN baas ontslaan dan het hulle miljoene as hulle 400 sekretaresses ontslaan het hulle net ‘n paar rand ..

theo ·

toe ek begin het met my studies vir my elektriese graad, was daar n swart man van eskom, wat al drie jaar daar was, wat gesukkel het om wiskunde 1ste jaar deur te kom. Ek het my graad klaar gemaak toe is hy nog steeds daar. dit is die kwaliteit ingeneurs wat eskom bedien. verder weet julle waar eskom nou is.

Bosvarkie ·

Ja nee…. Ek sê ook maar niks… Dan sit daai persoon nou met ñ graad in ingeneurswese… Wonder of so ingeneur die elektriese baan kan bou wat ons nog in St.5 moes bou vir ñ wetenskap taak…

Blommie ·

Ek kyk met ander oë na hierdie kennis bank. Ek glo dat dit van bo kom om ons terug te laat draai na Hom toe. Hy is in beheer. Mag almal betrokke hier besef dat dit van belang is. As dit werk kan die regering mos ander instansies soos SAL EN TRANSNET ook nader om die voorbeeld te volg. Dan sal ons weer ‘n gelowige nasie word.

Wil ·

Ag Blommie, indien hulle wel gebruik maak van blanke kundiges sal dit net wees sodat hulle die ander kan leer. They wont give us the time of day

Afrikaner ·

As daar nou byvoorbeeld 400 van hierdie hoogs kundige mense gebruik gemaak gaan word, gaan hulle dan nou van 400 onkundiges wat net daar rondhang en elke maand handuitsteek ontslae raak?

So bietjie BEE in rurat.

Kan iemand help?

Sê maar net ·

oooh vrekkit….hoop nie dis ‘n Piet Retief geval nie. WEES VERSIGTIG MANNE!!!!

wonder ·

Kan ons dalk ‘n private krag reus bou? Kan dit werk?
Wat se die slimmes?

wraggies ·

Al werk hulle verniet en het hulle die kennis van ‘n Einstein en so lojaal is soos kan wees is hulle ongelukkig ouer blankes. Sal graag wil sien of hierdie regering gebruik sal maak van hulle kundigheid, hulle gaan na my mening weer in die tande geskop word, ongeag hulle opoffering.

humor ·

Dit sal sekerlik ook nie te maklik in die arbeidsverhoudinge gaan nie. Hul sal met heelwat halstarrigheid sukkel. Wie wil nou in desedae bevele van n witman vat. Dit is iets van die verlede.

Oom Uncle ·

Ek hoop daar is ‘n paar “HR” en finansiële manne ook wat gaan help .. Eskom sit met baie onbekwame loodswaiers wat net skep ..

Hanna Hoekom ·

Ek kry sommer n knop in my keel wanneer ek die bereidwilligheid van hierdie oud-werknemers beleef. Baie dankie, menere! Ek dink deur hierdie “aanbod” te aanvaar sal egter die regering dwing om te erken dat BEE is klug en absolute ramp is. En dit, dames en here, sal nooit gebeur nie! Die cANCer sal eerder die laaste lig uitdoof as om hul foute te erken. Hartseer, maar waar!

James ·

Maar paar weke terug het hulle gekla oor eskom se BEE wat nie reg is nie. Met ander woorde julle nie eintlik welkom nie. Wet is wet.

Jurie ·

Jy kan al die krag in die wereld he maar as daar nie boere is nie is ek en jy ook nie meer hier nie

Lou ·

Die ANC sal hulle nooit aanstel nie. As ek hulle was sou ek die Italiaanse maatskappy wat die ANC aangestel het nader en hulp aanbied as plaaslike spesialiste.

Chris Ws ·

Hulle is vir hul VEL KLEUR “laat gaan” nou dink almal die regering sal hulle met ope arms terug verwelkom om te kom “help” ???Dis wens dinkery!
Sou ek een van die kundiges wees en die regering vra my hulp sou ek eers ‘n aansienlike paket met hulle beding voor ek my terugkeer enigsens oorweeg want Escom is nou ‘n slagveld.

Afrikaner ·

Cyril sê dan die episentrum van grond wat aan aan hul mense gegee word om op te boer moet in die landelike gebiede wees. Nou wil ek graag weet hoe gaan hulle krag by daardie mense uitkry om te boer, of gaan hulle maar bestaansboere wees?

Pieter ·

Arme mense. Dink hulle regtig dat Eskom van hulle gebruik sal maak. Manlik wit en middelgarig. Hulle kwalifiseer doodeenvoudig nie vir die werkplek in SA nie. Vakkennis en ondervinding is nie meer nodig nie. EQ is ook belamgriker as IQ.

DewaldS ·

Seker op ‘n manier bewonderenswaardig. Maar diegene van ons wat al baie lankal sien dat ineenstorting onvermydelik is (en nodig vir ons vryheid) gooi al lankal allerlei vaardighede bymekaar.

Dirk ·

En wanneer sit net lyk asof Evkom werk dan gaan ons weer lees van die honderde milhoene Rande bonusse wat die kot hulleself gaan betaal omfat hulle ingegee het en n paar wit mense aangestel het om reg te maak.

Jax ·

Baie dankie aan hierdie klomp mense wat bereid is om hul kundigheid in te ploeg. Julle is n voorbeeld vir so baie van ons wat so swartgallig en negatief op die kantlyn sit en kerm! Dankie dat dit vir julle nie gaan oor “julle” en “hulle “ nie maar eerder oor ons almal! Ek sal julle beslis in my gebede dra! Mag julle op vele maniere ryklik geseën word. Dit is regtig prysendswaardig! ?

Marthoe ·

Ai, kan kundigheid nie maar terugkeer na al die verskillende sektore in de land nie…sal dit nie wondeelik wees nie. Onderwys, munisipaliteite, hospitale, SAL, paaie admunistrasie…..so kan ons aanhou….. KYK HOE LYK ONS NOU!!! Ons was so ‘n trotse land! DANKIE AAN ALMAL WAT ESKOM KAN HELP, ONS WAARDEER JULLE

Diefie ·

Dankie manne dat julle nog omgee vir ons land en sy mense. Dit is weer lekker om die positiewe tyd te sien. Ook aan Solidariteit, baie dankie dat julle soveel omgee vir ons land en sy mense. Die van ons wat nog nie aangesluit het by Solidariteit nie, sluit asb aan, dat ons op die mooi manier ons land weer kan terug kry.

ES ·

Die waarheid is, hulle gaan nie hulp van with mans oor 50 aanvaar nie want hulle “apartheid” nog al die pad en blameer ons vir ons voorouers se dade.

Ek bid dat hulle hulp aanvaar word sodat ons die land kan opbou.

Chris ·

Ek dink nie dit gaan nou oor help nie, gaan dit nie maar oor geld nie?SAl jul weer in zim gaan boer as jy jou plaas terug kry?

Nel ·

Swak vergelyking Chris. Niemand sal so onnosel wees om (vandag) in Zim onder die huidige omstandighede te gaan boer nie en die wat geval het vir die mooi beloftes is seker ook al spyt daaroor. EN natuurlik kom alles met/teen ‘n prys en in hierdie geval sal die regering oneindig meer waarde vir hulle geld kry as ooit van tevore in ESKOM se geskiedenis van knoeiery met die aanstelling van blanke kundigheid… maar nou ja ek durf nie meer sê nie.

HPV ·

Wensdenkery, die anc regime sal slegs hul onbevoegde Kubaan meelopers teen miljoene Rand vergoeding gebruik. Geld moet die sirkel voltooi, van die belastingbetaler na die Kubane dan terug na sekere anc skeppers.

Sylvia ·

Sjoe, maar hier is baie kommentars, skeidsregters en beoordelaars, maar ieder en ‘n elk maak ‘n geldige punt, help nie om mekaar aan te val omdat die sienings verskil nie, waar was hierdie “oumanne …” 3jaar en 5jaar terug, of het hulle nog te lekker rondgerits en hulle uitspattige salarisse en bonusse geniet. Kennis is altyd welkom, maar hoekom tree hulle nou eers in, die Eskom-probleem, korrupsie en ongerymdhede strek oor ‘n hele klomp jare, wat is die storie agter die storie

se net ·

Eskom sal hul vat, maar glo my hul sal dagloner vergoeding ontvang. En soos honde behandel word. Dink julle die wat nou met miljoene sit en magsbehep is gaan n enkele knie buig. Nie maklik nie.

Wdp ·

Dink die kans is beter dat solidariteit hulle eie krag stasie bou as wat die klom finjasse aan die blankes erkenning salgee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.