Honderde oudlede terug in polisiediens

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag gesê honderde oudpolisielede is voorlopig goedgekeur om weer by die polisiemag aan te sluit.

Dit kom nadat die SAPD vroeër vanjaar ʼn veldtog van stapel gestuur het om voormalige polisiebeamptes met uitstekende diensrekords te werf om 1 105 vakante poste in die polisiediens te vul. Volgens brig. Vishu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het die SAPD sedertdien 3 152 aansoeke van oudlede ontvang.

“Hoewel ons 1 105 poste het om te vul, is ons fokus op gehalte en nie getalle nie. Daarom is slegs 548 voormalige lede voorlopig goedgekeur om weer by die SAPD aan te sluit,” het hy gesê. Uit hierdie getal sal 309 lede in sigbare polisiëring ontplooi word, 192 in die speurafdeling en 47 in omgewingsondersteuning.

“Sommige van die lede het reeds begin met hul take, terwyl ander tussen nou en Februarie 2016 weer by die mag sal aansluit,” het Naidoo gesê. “Slegs lede wat nie ʼn kriminele rekord of hangende kriminele sake teen hulle het nie en ʼn prysenswaardige diensrekord, is gewerf.

“Die SAPD sal nou ook 4500 nuwe lede vir die polisiemag werf om teen Maart 2016 aan te sluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Berhalet Beukes ·

So oud lede word aangestel om te poog om nuwe lede touwys te maak en as die doel “gedien” is kry hulle seker weer die trekpas… Ek vertrou dit geensins nie!

Bruno Stef ·

Diegene wat indiens geneem word sal noodwendig die heel laagste posisies beklee MAW die Indiane.Die Chiefs se posisies is gevul met ANC kaders met of sonder enige opleiding so aansoekers moet maar bewus wees van wat se omstandighede te wagte kan wees sonder enige promosie in die toekoms.

Johann Marx ·

Nuwe Suid Afrika. Dis hoe dit gedoen word. Jaag hulle weg, alles verval, stel hulle weer aan. Jaag hulle weer weg, alles val in mekaar, stel hulle weer aan. Vra maar die Minister van Finansies. Gerugte begin nou loop oor staatspensioen wat deur die regering “geleen” is….en nou weg is. Staatsamptenare loop by die dosyne, en vat hulle pensioen saam…..

Avri . Pretoria Noord ·

Wie is die wat her aangestel is, sien geen uiteensetting van watter ras hulle is nie. Vra maar net ……

Winston ·

AVRI. Dit sal wees soos die rugby. Regstellend. Nie anders nie. Dit is waarom ras kwotas nie genoem word nie.

Luigi ·

Maak nie saak watse poste hul beklee ,ten minste is daar nou 548 bekwame polisiemanne waarop ons kan staatmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.