Honderde paddas by lughawe onderskep

Die houers waarin die paddas vervoer is. Foto: Verskaf.

Die houers waarin die paddas vervoer is. Foto: Verskaf.

Altesaam 220 paddas van twee spesies word by die Nasionale Dieretuin in Pretoria versorg nadat dit Woensdag by die OR Tambo-lughawe onderweg na Taiwan onderskep is.

Tracy Rehse, diereversamelingsbestuurder by die dieretuin, het gesê die departement van omgewingsake het die paddas onderskep.

“Ons het 80 jong brulpaddas ontvang wat min of meer die grootte van ʼn 50c-munt is,” het Rehse gesê. “Ons het ook 150 reënpaddas ontvang. Ongelukkig het tien gevrek omdat daar glo iets fout was met die plastiekhouertjies waarin hulle vervoer is.”

Die paddas is Donderdag uit die klein houers na groter houers oorgeplaas. Volgens Rehse het die departement van omgewingsake die paddas by die lughawe verwyder omdat daar probleme met die uitvoerpermitte na Taiwan was.

“Ons wag nog om te hoor wat ons met die paddas moet doen. Ons gaan poog om hulle in die veld vry te laat, mits hulle nie siektes het nie,” het sy gesê. “Die moontlikheid bestaan ook dat hulle teruggegee gaan word aan die eienaar of die uitvoerder, hangende die departement se ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Kan ons land nog meer “common” raak? Dis walglik en ek hoop die eienaar/uitvoerder word toegesluit en die paddas in die natuur terug besorg!

Cilliers ·

In hemelsnaam, moenie die goed teruggee aan die genoemde mense nie! Dis ‘n smokkelary van spesies Dit lyk my die Oosterlinge is baie lief om dit te doen. Hulle maak seker kos van die goed. Hier uit Namakwaland is al buitekanders by die lughawe betrap met allerhande akkedisse en skilpaaie in hul besit, partykeer onder hul klere teen hul liggame vasgeplak.. Die skuldiges het lank in die tronk gesit. Gaan gooi die paddas iewers in ‘n vlei of ‘n rivierlopie., net nie sommer in die veld nie.

Eliza-beth ·

Die vraag is natuurlik nou wat wil hulle met die arme goed maak? Is dit die volgende renosterhorings? Ek ys om te dink…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.