Honderde polisiebeamptes vir korrupsie ondersoek

Khehla Sitole (Foto; Ian Landsberg, ANA)

Die polisie ondersoek altesaam 286 sake van korrupsie waarby 564 polisiebeamptes glo betrek word, het genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, Dinsdag in die parlement gesê.

Die verdagtes sluit in twee luitenant-generaals, drie generaals-majoor en agt brigadiers.

Altesaam 55 sake van bedrog, 35 van afpersing en 136 beweerde oortredings van die Wet op Rampbestuur word ondersoek, het Sitole gesê.

Tugstappe staar ook 14 polisiebeamptes in die gesig nadat hulle gevangenes gehelp ontsnap het.

Altesaam 77 beamptes is ontslaan en 113 is minder ernstige strawwe opgelê.

In die sogenaamde blouligskandaal het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en die ondersoekdirektoraat van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) reeds sewe polisiebeamptes in hegtenis geneem.

Dit sluit in Bonang Mgwenya, die adjunk-nasionale kommissaris. Hy word saam met 12 ander senior beamptes aangekla dat hulle saamgespan het om ʼn kontrak van nagenoeg R191 miljoen aan prins Vimpie Manthata van die Batlokwa-koningsgesin toe te ken. Hulle is glo hiervoor vergoed.

Tien ander beamptes word in ʼn afsonderlike gedeelte van dieselfde ondersoek by beweerde wandade betrek, het Sitole gesê.

Wat betref die ondersoek na verdagte kontrakte om forensiese dataontleders aan te stel, het Sitole gesê tugverhore teen 16 polisielede duur voort.

Die ondersoek na die verlenging van ʼn kontrak van R475 miljoen tussen die polisie en Telkom, hoewel dit nie onderteken is nie, is uitgekontrakteer. Die ondersoek het reeds gelei tot aanbevelings dat vier beamptes strafregtelik vervolg moet word.

Sitole het gesê die polisie het die aanbevelings aan sy regspan vir oorweging oorhandig.

Hy het aan LP’s gesê sommige van die sake is betreklik oud en die huidige polisiebestuur het dit van die vorige administrasie geërf. Volgens Sitole gaan dit nie lank duur vir die polisie om sy goeie naam in ere te herstel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Janine ·

En waar is grootbek Bheki nou? Kruip elke keer weg wanneer SY polisielede uitgehaal word …

Persheks Adri ·

Hy soek ons sigarette of mense sonder maskers ai jy weet mos hy’s weg met sulke nuus pffft

Wondermaarnet ·

Hy sal mos cover, want hy is bang die ondersoek lei na homself.

Natasha ·

Die tipe nuus skok my nie eens meer nie. Wat wel ‘n jammerte is dat die korrupte polisie nou die wet gehoorsame polisie ook ‘n slegte naam gee.

Anel ·

En ons seun, wat een van die eerlikste mense is, kon nie in kom nie.

Trotse Boervrou ·

Anel, sien dit eerder as ‘n seën en dank God dit het so uitgewerk. Dit is selfmoord indien jou kind in daardie “bendes'” beland het. God het ‘n ander plan met hom. Wees dankbaar.

Anel ·

Ja, ons sal maar sien. Dis moeilik vir hom want hy is hondehanteerder en vir sekuriteitsmaatskappye is sy standaarde en waardes te hoog. Nou begin hy en sy pa maar hul eie besigheid. Ek glo ook dat dit God se plan is.

Misky ·

En om te dink dat hierdie sake nie eens die oortjies van die seekoei is nie…….

JohanR ·

Seker soos in die ANC…..korrup kaders ondersoek korrup kaders…..korrup polisieman onder soek korrup polisieman en hulle vind mekaar nie skuldig nie! Is daar soe ding as ‘n polisie interne integriteitskomitee, soos die ANC interne integriteitskomitee?

Spyker ·

As n oud lid skaam ek my vir die beroep waarin ek 30 jaar gedien het

Anoniem ·

Baie dankie aan alle goeie hardwerkende oud polisiemanne soos jy Joos, julle era sal nooit weer gesien word nie.

Trotse Boervrou ·

Joos, en is ons nie trots op julle nie! Moenie skaam wees nie. Dit was toe en hierdie is nou. Julle was die beste polisiemag in die wêreld. Jy moet vreeslik trots wees op julleself soos wat ons steeds op julle is. Julle het ons ‘n geskiedenis gegee om te onthou en te waardeer. Dankie vir die onbaatsugtige diens wat julle met soveel trots gelewer het.

johanf ·

Jy hoef nie, julle was tops, dieselfde as oud SAW manne……

Nie Verbaas ·

Lekker kry ou Bheki n nat waslap in die gevreet. Hy reken mos dat polisie se lede noukeurig gekeur word. Teen ANC standaarde ja.

Hennie J ·

Nou kan ons almal n klomp waarhede kwytraak! Al wat ek dus gaan vra :’en die res?’

ameli ·

Begin liewers eers by ou cele hy is mees korup, en beweeg so af na die regering.

Persheks Adri ·

Ou Cele se trots die klomp in uniform! Kyk nou die stelling :

“Volgens Sitole gaan dit nie lank duur vir die polisie om sy goeie naam in ere te herstel nie.”

Ek gaan van my stoel af val soos ek nou lag! Goeie naam wat jy waar kry? Iemand het kopdoek se sigarette en drank gebruik om sulke stellings te maak oe ee ee!!!

Tokkel ·

Dit is freakon hoogtyd!!! lyk my die grootste korruptes sit agter die ander wat op straat rondloop!
Eintlik moet daar geen misdaadrekord hoegenaamd agter jou naam staan as jy blou uniform dra nie.,
maar nou ja…wonder wat meneer Cele gaan doen..seker links en regs kyk en sy oë toemaak..Ondersoek jou konstabels tot by jou generale meneer Cele en fire hulle…daar is baie mense sonder werk wat eerlik is.

Anoniem ·

Die ondersoek gaan seker gaan op die selfde manier wat Cele n masker dra…

Girla ·

Jy help kriminele ontsnap en die gevolg is tugstappe. Sou dink so n polisieman hoort ook agter tralies . Skokkend

Yvonne ·

Soos die skuldig gevind word kom die ander maar net dood eenvoudig die plekke weer vul……as n mens aanhou die verkeerdee aanstellngs maak gaan die uitkoms dieselfde bly…..nie rocket sience nie

Wondermaarnet ·

Dit is tyd dat Cele en sy familie ook ondersoek word.

Nico ·

Bheki Cele is te besig met onbenullige sake, hy moet eerder op sy manne konsentreer en daar is ook misdadigers wat die SAPD ‘n swak naam te gee.

Einstein ·

Ag, maar dié weet ons mos nou al lankal al. IS daar nog enigsins eerlike mense in die polisie? Dink as ons name by die eerlikes en name by die oneerlikes kon plaas, ons ‘n baie insiggewende verslag kon verwag, maar dit sal nooit as te nimmer die lig sien nie, mag mos nie diskrimineer nie.

Cornelius ·

Ja tipies BEEE aanstellings. Jy het zero breins nodig om te kwalifiseer vir n posisie in die polisie.

Jakes ·

N mens kan nooit weer iets wat vrot is weer vars maak nie en wat dit nog meer pateties maak is dat dit juis die entiteit is wat landsburgers moet beskerm wat papvrot is en dit strek van bo na onder.

Agter die skerms ·

Hoekom is ek nie verras oor die nuus nie – kan glad nie verras wees nie. So gaan dit maar aan – dag na dag. Maar dan word die polisie lede wat die werk eerlik en opreg doen verneder.

Genis ·

Word ou Hoed nie ook duer die Zondo Kommisie ondersoek nie.. Ja ou Cyril jy het jou kaders in jou kraal gekies.. Verrot soos die ANC se bestuur…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.