Honderde se oorskot maandeliks na Zim gerepatrieer

Edwin Anderson, uitvoerende hoof van Zororo-Phumulani. Foto: ANA

Begrafnisondernemers het Vrydag onthul dat ʼn groot getal Zimbabwiërs wat sterf aan skietwonde en ander vorme van geweld in Suid-Afrika se oorskot op ʼn daaglikse grondslag gerepatrieer word.

“Daar het so pas iemand [ʼn Zimbabwiër] van Kaapstad af gebel om hulp te vra. Ons moet tot onder meer Kaapstad toe ry om liggame te gaan haal. Ek het tans drie liggame wat in Kaapstad afgehaal en gerepatrieer moet word,” het Gerie Zulu van Kings and Queens Real Funeral Services in Johannesburg aan African News Agency gesê.

“Ek het twee lyksmotors wat vandag Harare toe gaan. Daar is baie [Zimbabwiërs] wat hier sterf. Hier by Kings and Queens kom ons met tussen 20 en 30 mense per week byeen wat probleme ondervind met ʼn naasbestaande of vriend wat gesterf het en ons help hulle. Die meeste probleme is rakende begrafnispolisse. Sonder ʼn begrafnispolis moet die geld gevind word om hul geliefdes huis toe te stuur. Die meeste Zimbabwiërs wil begrawe word daar waar hulle vandaan kom.”

Zulu meen die meeste Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika doodgaan, sterf weens natuurlike oorsake, hoewel talle ook slagoffers van die hoë vlak van misdaad in die land is.

“Sommige sterf weens skietwonde, maar die oorsaak is dikwels siekte of hulle sterf in hospitale. Iets wat genoem moet word, is dat sommige mense hierheen kom om medikasie te kry en dan sterf hulle uiteindelik hier. En dan moet ons hulle terugneem Zimbabwe toe,” het Zulu gesê.

“Ons repatrieer tussen 20 en 30 liggame per week wat na plekke oor die hele Zimbabwe geneem word.”

Zulu se begrafnisonderneming was betrokke by ʼn laat Onafhanklikheidsdagviering wat deur die Zimbabwiese konsulaat in Johannesburg gehou en deur Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, bygewoon is.

Nog ʼn begrafnisondernemer, Zororo-Phumulani wat ʼn filiaal van Doves Zimbabwe is, het ook bevestig dat hulle die oorskot van talle Zimbabwiërs op ʼn weeklikse grondslag moet repatrieer.

“Ongeveer 400 afgestorwenes word elke maand terug na Zimbabwe gerepatrieer. By ons maatskappy hanteer ons gewoonlik so ongeveer 30 liggame per maand,” het Edwin Anderson, uitvoerende hoof van Zororo-Phumulani, gesê. “In die meeste gevalle is daar geen sprake van begrafnispolisse nie, so dit is ʼn stryd. Daar sal gewoonlik net so drie oorledenes wees wat behoorlik voorsiening gemaak het.”

Anderson het gesê dit kan soms maande neem vir sommige families om die geld bymekaar te maak om iemand se oorskot oor die grens te neem. “Sommige families probeer kortpaaie vat deur begrafnisondernemers te gebruik wat nie geregistreer is nie en dan val hulle vas by die grens,” het Anderson gesê.

Henry Mukonoweshuro, Zimbabwe se konsulaat-generaal, het die gehoor by die viering toegespreek en ʼn beroep op sy medelandsburgers gedoen om terug te keer na hul tuisland en die land weer te help opbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

humor ·

En hoeveel miljoene kos dit die belastingbetaler. n Baie erge probleem. Aangesien CR so erns het om werkloosheid aan te spreek is hierdie n kwessie wat eerste aandag moet kry, maar sal dit? Hoeveel van hulle is skuldig aan moord en ernstige misdaad en ons betaal met kosbare lewens en miljoene rande. CR sal moet begin wys wat in hom steek. Aangesien daar gepleit word dat simbabwiers moet terugkeer is dit nou tyd om die aambeeld te slaan terwyl die yster warm is. Kan net n groot bate vir die land wees. En los liewer die boere uit.

Johanna Botha ·

Kom soek hier medikasie werl etc. want daar is niks oor van zim na al die jare …en dan hoor mens se baie dat SA n 2de zim gaan wees …berge val op ons

Lana ·

Zim is afgebreek nadat hulle die blanke boere se grond gevat het en self probeer boer het. Nogsteeds sê die span hier in SA hulle wil ook probeer.

Johanna Botha ·

Kom soek hier medikasie werk etc. want daar is niks oor van zim na al die jare …en dan hoor mens se baie dat SA n 2de zim gaan wees …berge val op ons

Max ·

Hulle het gelukkig ook nie n probleem met blankes wat nog grond in Zimbabwe besit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.