Honderde steeds dakloos ná kitsoorstromings

Talle skuilings is tydens die oorstromings verwoes en honderde mense is steeds dakloos. (Foto: ANA)

Amper twee maande nadat talle inwoners van Mamelodi se huise in kitsoorstromings verwoes is, het dié inwoners in die noordooste van Pretoria steeds geen heenkome nie. Dit omdat die Tshwane-metro glo sloer om die aankoop van ’n stuk grond goed te keur waarheen inwoners verskuif moet word.

Castro Ngobese, woordvoerder van die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng, sê Donderdag aan Maroela Media sommige inwoners woon steeds in skole wat destyds vir hulle beskikbaar gestel is.

Volgens Ngobese het ander noodgedwonge teruggekeer na Mamelodi, waar hulle tans by familie woon of materiaal moes bymekaarskraap om vir hulle tydelike skuilings op te rig.

Sowat 700 skuilings is tydens die oorstromings vroeg in Desember verwoes. Inwoners van dié skuilings is toe na openbare fasiliteite, waaronder kerke, polisiestasies en gemeenskapsale verskuif, terwyl die Gautengse regering opsies sou ondersoek om dié mense te hervestig.

Ngobese verduidelik dat die regering die mense spesifiek in ’n nuwe nedersettingsgebied wil hervestig.

Talle skuilings is tydens die oorstromings verwoes en honderde mense is steeds dakloos.

Luidens ’n verklaring is ’n stuk oop grond reeds geïdentifiseer wat teen markwaarde aangekoop moet word vir die hervestiging van die gesinne. Die Stad Tshwane se raad is egter verplig om die geld hiervoor goed te keur. “Dit het nog nie gebeur nie, wat onnodige vertragings in die proses veroorsaak het,” sê Ngobese.

“Die Stad se vergaderings wat alewig in duie stort het ʼn negatiewe uitwerking gehad op ons vermoë om hierdie kwessie vinnig op te los. Ons kan nie die grond wat geïdentifiseer is vir hervestiging aankoop sonder dat die raad die begrotingsaanpassing goedkeur nie,” sê Ngobese.

Stevens Mokgalapa, uitvoerende burgemeester van Tshwane wat intussen aangekondig het dat hy voor die einde van Februarie gaan bedank, het hom nou daartoe verbind om met Lebogang Maile, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng, te vergader om die saak te bespoedig sodat die families sou gou moontlik hervestig kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ellie ·

Hoekom grond koop? Hulle vat dit inelkgeal net…#grondonteiening

Pieter J ·

Ek wonder hoe het hulle daar beland waar hulle so oorstroom is want duidelik is daardie area nie gekik vir bewoning nie.

netekalleen ·

HUlle Nedersetting is too start with onwettig daar aanmekaar geslaan en nou moet almal jammer voel want die natuur het die pad gevat wat hy nog altyd doen. Die mens wou die natuur terugdruk en toe druk die natuur terug. Ek het nie simpatie met onwettige nedersettings nie. Gaan betaal huur by n gewone woonstel of huis soos al ons ander belasting betalers doen in die land. Alles is nie altyd verniet nie en as jy in die natuur se pad staan gaan hy jou uithaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.