Honderde sterf op land se paaie in April

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Nagenoeg 700 mense is in die eerste drie weke van April op Suid-Afrika se paaie dood, het die Padverkeerbestuurskorporasie gesê.

Volgens voorlopige getalle is 699 mense tussen 30 Maart en 20 April op die land se paaie dood. Die Padverkeerbestuurskorporasie het gesê dit kan toegeskryf word aan motoriste se roekelose gedrag en die verontagsaming van verkeersreëls.

Die grootste getal sterftes het in KwaZulu-Natal voorgekom waar 148 mense in 116 ongelukke dood is. In Gauteng is 119 sterftes aangeteken. Die Noord-Kaap en Vrystaat het die laagste sterftesyfers aangeteken, onderskeidelik 19 en 52.

Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die Padverkeerbestuurskorporasie, het ʼn beroep op motoriste gedoen om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie en hul spoed te verminder. Volgens Msibi is menslike foute en bande wat bars die hoofoorsaak van ongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

J du Rand ·

Omrede daar nie meer wets toepasing is nie. vanoggend weer Stormvoelstaat in Pretoria en dit is elke onggend, taxi voor my het het oor al die rooi ligte gery en ook sommer, waar almal wag vir verkeerslig regs waar die pyltjie wys jy draai regs daar het hy gery oor die rooi lig regtuit aan. Dit is algemene ding ek het by swart vrou gestop wat oor rooi lig gery het sy werk saam ons en gevra wat beteken rooi lig? Sy het het vir toe ek weg stap vir my gese jy’s witk….r? Ek het haar gerapporteer, raai wat niks van gekom nie??? So het hulle gee respek vir mense lewens nie en hulle wil net he ons moet hulle help as ‘n ramp hulle tref?? Dit is algemeen bekend in Stromvoelstraat hou ‘n R100 noot in jou ID boek en as hulle jou voorkeer dan kry jy nie boete nie???

Peet Schabort ·

Dis verbasend min as in ag geneem word hoe daar oor die algemeen bestuur word. Ek sê wéér foto’s geneem van hierdie padvarke deur privaat motoriste en gestuur na ‘n sentrale punt om sodoende dan op te tree.
Daar is gewoonlik ook voetgangers ingesluit by hierdie statistieke, is dit ook so by hierdie 699?

KAG ·

“Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die Padverkeerbestuurskorporasie, het ʼn beroep op motoriste gedoen om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie en hul spoed te verminder” RERIG?? Makhosini – ek dink dis tyd dat jy ophou om ‘n beroep op motoriste te doen en eerder wetstoepassing opskerp!! Hou op om motoriste te vra om gedrag te verander, hulle gaan nie. Pas die wet toe, wees streng, en maak seker skuldiges word ordentlik vervolg. Die % skuldigbevindings vir dronkbestuur is kommerwekkend laag, en mense kom letterlik weg met moord. Ag nee wat, slapgat regering, slapgat wetstoepassing……

Se maar net... ·

Ek moet bieg, hier in Namibia het ons ‘n nommer wat ons foto’s van pad varke na toe stuur, en hulle word vervolg. En glo my, daar is al klaar ‘n duidelike verskil op padvarke as wat daar altyd was. Dalk moet Suid-Afrika dit ook toepas

Piet Pompies ·

Ons het gister tussen Nelspruit en Malelaan gery waar ‘n Taxi aanhoudend die pad verkeerswette verontagsaam het, meestal verbysteek op soliede sperstrepe, gaan meer een voertuig op ‘n slag verby. Alles oortredings wat mense se lewens in gevaar stel, daar was heelwat verkeersbeamptes wat diens gedoen het, hier het die Taxi bestuurder die wette nagekom…..dan neuk hy maar net weer aan met geen respek vir mense voertuie en wette!

Francis Linstrom ·

Stem saam dat publiek aan sentrale nr verkeersoortredings kan rapporteer en dat dit soos reeds lankal voorgestel, op n puntestelsel werk en dat vir elke punt wat bykom, n swaarder straf opgele word.

Jax ·

Ongelooflik om te sien hoeveel mense gehoor gee aan die land se wette wanneer dit by gebruik van ons paaie kom! Kyk volgende keer hoeveel mense stop nie by stop strate nie, verontagsaam robotte, spoed en algemene verkeersreels. Tel ‘n bietjie hoeveel mense dra sitplekgordels (tel ook die kindertjies agter in die kar wat gordels dra). Dit is skokkend om te sien hoe mense op ons paaie bestuur – nie net taxi’s nie – manne en vroue oor alle grense heen! Maar wanneer jy die ander tel, tel net jouself ook! Oppad terug huis toe vandag, het ek, in spits verkeer op die N1, twee karre getel waar almal vasgegordel was, niemand op ‘n selfoon gepraat het nie en nie gejaag het nie. Wat ‘n skokkende gewaarwording! As ons die land wil regruk – begin in jou eie huis, jou eie kar, met jou eie kinders en jou eie gedrag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.