Honderde sterftes, verminkings met omgeboude taxi’s

(Argieffoto ter illustrasie: Bongani Mbatha/ANA)

Navorsing dui daarop dat daar die afgelope paar jaar sowat 350 mense in naastenby 160 ongelukke met die omgeboude taxi’s dood is. Dit is sowat 2,4 sterftes per ongeluk – maar sluit nie eens die slagoffers in wat dood is in ander voertuie (as die taxi’s) wat in dieselfde ongelukke betrokke was nie.

Daar is in die Johannesburgse hooggeregshof begin met regstappe teen verskeie motorhandelaars en vier van die land se groot banke in ʼn poging om miljarde rande te eis namens mense wat niksvermoedend vir sogenaamde regte Toyota-taxi’s opgedok het, terwyl dit inderwaarheid onveilige omgeboude paneelwaens was.

Die aansoek is verlede week ingedien en op altesame 74 respondente beteken. Dit sluit in Toyota SA Motors, Toyota Finansiële Dienste, Wesbank, Absa, Standard Bank, Nedbank, SA Taxi Finance en verskeie gebruikte motorhandelaars.

Die saak wentel om Toyota-paneelwaens wat oorspronklik vervaardig word om slegs drie mense te vervoer, maar jare lank omgebou is om tot soveel as 16 passasiers te vervoer en dan as ʼn regte Toyota Quantum-taxi verkoop is.

ʼn Soortgelyke saak namens slagoffers wat weens ongelukke met die omgeboude voertuie beseer of dood is, word voorberei.

Die dodelike praktyk het aan die lig gekom nadat Hennie de Beer, ʼn voormalige bankier by Absa, bewus geword het daarvan en dit onder die bank – en die bedryf – se aandag probeer bring het.

De Beer is glo aangesê om anderpad te kyk.

Hy het later bedank en het in 2012 ʼn klag by die Openbare Beskermer (OB) aanhangig gemaak nadat hy omvattende navorsing oor die ongelukke en sterftes gedoen het. Die verslag is in 2019 bekend gestel en die OB het bevind dat diegene betrokke by die saak, vervolg moet word. Die verslag het ook verskeie verdoemende bevindings teen onder meer die departement van vervoer, Toyota en verskeie finansiële instellings gemaak.

Die hofsaak spruit uit dié bevindings.

“Mense is doelbewus, vir geld, na hul dood gestuur,” sê De Beer wat al jare lank ʼn opdraande stryd voer om geregtigheid vir slagoffers wat in ongelukke met die paneelwaens dood of beseer is, te verseker.

Daar is boonop steeds duisende van die onwettig omgeboude taxi’s op die pad – na raming tussen 6 000 en 7 000 – en hoewel dit maar ʼn gedeelte van die algehele bedryf is, het die voertuie reeds onsettende skade op die land se paaie veroorsaak.

Litigasiekenner Zain Lundell hanteer die saak namens die aansoekers, terwyl Richard Spoor Prokureurs besig is met die voorbereiding vir die saak namens ongelukslagoffers.

De Beer sê hy het tientalle van die slagoffers die afgelope paar jaar ontmoet en dit is hulle wat hom aangespoor om teen groot persoonlike koste die saak te bly dryf.

“Mense is in daardie taxi’s dood en baie van die ongelukke was kop-teen-kop-botsings. Ek weet nie eens wat van die ander partye in die ongelukke geword het nie,” sê De Beer.

Hy verwys onder meer na ʼn vrou wie se oor ná ʼn ongeluk in een van die omgeboude taxi’s geamputeer moes word. Haar man het haar verlaat, glo omdat haar gesig geskend is, en sy is haar werk as rakpakker kwyt omdat sy nie haar arms meer behoorlik kon optel nie.

Dan is daar ʼn jong meisie wat ná ʼn ongeluk in een van die omgeboude voertuie verlam gelaat is. Haar ma is ʼn enkelouer wat haar met die hulp van die meisie se ouma moet versorg.

Ses kinders is in dieselfde ongeluk dood.

“Dit is hulle wat my die moed gegee het om deur te druk,” sê De Beer.

Die meerderheid van taxi-eienaars wat die onwettig omgeboude voertuie gekoop het, het hul ondernemings verloor.

“As jy ʼn voertuig gaan koop, koop jy ʼn bepaalde handelsmerk. Dieselfde gebeur met ʼn passasier wat in ʼn taxi klim. Daardie passasier het lank in ʼn tou gestaan om in ʼn veilige taxi en nie in ʼn skorokoro te klim nie.”

Talle van die slagoffers is egter brandarm en is ná die taxi-ongelukke aan die genade oorgelaat.

“Verminkings, families wat uitgewis is… Daar is mense wat nie eens geweet het dat hulle in ʼn onwettige taxi was nie, mense wat hul taxi-ondernemings verloor het.

“Die mense wat geraak word, is die armste van die armes – maar die wonderlikste mense. Hulle is arm en daarom het hulle nie ʼn stem nie. As ek weet mense gaan dood, kan ek mos nie terugsit en niks doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

melaney ·

Wys net tot waarnatoe banke in staat is. Skokkend om die minste te sê.

Alfred E Neuman ·

En al die jare blameer ons die taxi bestuurders! Ek hoop al die betrokkenes by hierdie onwettige praktyke word swaar gestraf.

Wondermaarnet ·

Hoeveel van daardie taxi’s was oorlaai? Seker nie net 1 nie. Ek praat nie die ombouings goed nie, maar of dit ‘n omgeboude taxi is of nie, hulle word oorlaai en drywers ry onverskillig.

Theo ·

Haha ja kyk dit is mos definitief die taxi self wat die kop aan kop botsing veroorsaak en nie die taxi bestuurders en hulle ry vermoee nie… ek dink De Beer het iets wel beet maar blaf teen die verkeerde boom

Emile ·

Kop aan kop! Wat het die tipe voertuig iets daarmee te doen.

Emile ·

Ja dit gaan maak dat hul beter bestuurders is as die bus se binnegoed verbeter. Ongelukke niks met voertuig te doen nie

Harley Davidson ·

Swak voertuie vir taxi bestuurders en jy sit met ‘n resep vir chaos,hoop net die cruiser is nie ‘n omgeboude mahindra nie.

krodedil ·

Jy bedoel seker jy hoop die Mahindra is nie ‘n omgeboude Cruiser nie

Marinda ·

Meneer De Beer Dis ook goed dat jy hierdie laat ondersoek En jy het miskien n klomp geld daarvoor gekry Maar moenie die anderkant vergeet nie Wie sit agter die stuurwiel van daardie taxis?? Meestal roekelose kansvatters wat geen dissipline het nie En weinig omgee vir hulle aksies en die gevolge daarvan Enige Taxi beweeg gewoonlik in die rigting waarin jy die stuurwiel draai Gewoonlik is dit in n awaregse rigting teen die normale aanvaarbare LOGIESE manier waarop voertuie gewoonlik beweeg Hoekom stel jy nie liewer n sielkundige profiel op van taxibestuurders se gedrag en hulle bestuurvernuf nie Dankie vir kennisname Die uwe

Ratel ·

Ek stem 100% saam met jou Marinda. 99 persent van die taxi drywers is “hooligans” en waag net om hom aan te vat……

Boon ·

Jou kommentaar is heeltemal buite orde en sonder enige bewyse . Dan ook nog in uiters swak staak.

Willem ·

Sal graag van Nedbank wil weet hoeveel hulle bankkostes gaan styg om hierdie kostes te dek? Staat behoort die banke te beveel om hierdie kostes sonder prysstygings uit hul eie sak te finansier. Ek kan nie sien waarom die klient n instansie se regskosted moet subsidieer as die rede vir n boete juis is om te straf nie.

JL ·

Geldwolwe, jammerlik dat maatskappye met oënskynlik goeie name in die bedryf, agv gierigheid nou hewige eise in die gesig staar.

Witbaard ·

Die feit dat n taxi oor n sperstreep verbysteek en dan reg van voor af bots, het niks met die ombouing te doen nie. Taxidrywers is nogsteeds die hoofoorsaak.

Julius ·

Kop aan kop botsings het niks met ombouings te doen nie. Meneer de beer jy mors jou tyd.

Wondermaarnet ·

Mense gee nie om vir mekaar nie. Alles draai om geld. Dit is nie asof die banke nie genoeg maak uit bankkostes nie, maar moes nou op ‘n oneerlike manier nog geld maak.

Andre ·

Jy kan jou lewe in n Mercedes Benz verloor as jy soos n padvark ry. Ek is seker meeste taxi ongelukke het niks met die voertuig te doen nie, maar die bestuurders.

Twallie ·

Ja, kom ons vergeet maar net hoe taxi bestuurders ry.

Die feit dat mense meer seerkry of doodgaan in die omgeboude voertuie is maar net ‘n deel daarvan.

Perdeby ·

Wel ek het vandag verby ‘n taxi gery wat se bestuurder se deur omtrent 20cm nie kan toe maak nie. So heo veilig is dit vir die passasiers.

Jacobus ·

Dit het niks met die ombouing uit te waai nie. Die taxi is nie voldoende in stand gehou nie. Net soos n taxi wat rol met n gladde band wat bars, is dit nou ook die ombouingse skuld?

Diederck ·

Of jy nou n Regte Quantum-taxi of n Quantum panneel wa koop en om bou die suspensie is op alby presies die selfde al verskil is dat die Quantum panneel wa net drie sit plekke in het en dit is hoekom hulle om registreer om net 3 mense te kan vervoer maar as jy die Quantum pannel wa om bou na taxi toe is hy presies die selfde as die een wat as taxi uit kom. Dit is die drywer van taxi wat roekeloos bestuur dis hoekom die meeste kop aan kop botsings is

FJ ·

Korrek, die suspensie is dieselfde. Die dop daarop verskil. As gate in die paneelwa gesny word om kantvenstrers in te sit, verswak dit die dop. Daar was paar jaar gelede ‘n volledige artikel of program oor die verskille en waarom ‘n paneelwa in ‘n ongeluk uitmekaar ruk of verfrommel anders as ‘n taxi.

DieKriek ·

Ons hoor jou. Wat jy dus sê is dat as die bestuurder van n omgeboude Quantum onwettig verbysteek en kop aan kop bots, is jou kanse op oorlewing skaler as wanneer n bestuurder van n egte Quantum dit doen. Dis nog steeds geldgierigheid wat die geding dryf. Taxibestuurders is die probleem en hulle kom skotvry af, elke liewe keer.

Kokerboom ·

Die korrupsie siekte in ons land is baie diep gewortel. Hoe laag wil mense daal vir geld? Gewetenloos!!!

Johan ·

Hoekom word Toyota hierby ingesleep? Ombouings word nie deur Toyota gedoen nie. Ek is ook nie oortuig dat mnr De Beer wat volgens die berig ‘n bankamptenaar is/was ‘n bakbouer is met vaardighede in dié verband nie. Hierdie gaan ‘n baie baie lang hofgeding word.

Nie Verbaas ·

Stem saam met wat hulle doen maar as taxi bestuurders wetsgehoorsaam was kon talle sterftes verhoed word.

Swerwer ·

Wie se skuld is dit? Beslis nie Jan van Riebeeck op Apartheid s’n nie.

Swerwer ·

Of dit nou met onwettig omgeboude minibus taxis is of onpadwaardige voertuie van hul eie, die padsterftes is so hoog as gevolg van die feit dat die bestuurders nie padverkeers reëls nakom nie.

Stephanus ·

Moes al die omboude voertuie nie deur die toetssentrums gaan voordat dit as taxi geregistreer word nie? As dit die geval is, hoe kan die vervaardigers, banke of handelaars verantwoordelik gehou word indien dit nie aan die vereistes, vir die vervoer van passasiers, voldoen nie.

Heinrich ·

Die taxi bedryf is soos die mafia en is buite beheer; die regering sal hulle nooit geskaafd kry nie.

Mrs H ·

Niemand het ooit iets teen paneelwaens gehad nie… dit verg ook n ordentlike bestuurder soos enige ander voertuig agter die wiel.

Jacobus ·

Die taxis word ook nie onderhou soos dit nodig is vir voertuie wat passasiers vervoer nie. Wat het geword van die 100km per uur spoedbeperking op openbare paaie vir taxis? As die taxi rol omdat n gladde band bars teen 140km/h het dit niks met die ombouing uit te waai nie. Ek hoop Hennie de Beer betaal al hierdie maatskappye se regskoste uit sy eie sak wanneer hy verloor.

Vettiemaragartos ·

In enige voertuig , in enige toestand is die bestuurder daarvan die deurslaggewende faktor.

Boon ·

Ek onthou dat Helen Zille in die,WK parlement in n toespraak hierdie saak uitgewys het en sterk protes aangeteken het. Die kernvraag is in hoe n mate Toyota welwetend die ombouings gekondoneer get.

Robert ·

Moet nie ophou by die omgeboudes, alle minibusse is gevaarlik.

Emile ·

Die panneelwa is gebou om vrag te dra nes die taxi’s. Skiet iemand en gee die wapen die skuld.
Ondersoek die drywers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.