Honderde uit myn gered ná brand

mynboubedryf-mynbouhandves-steenkool

Foto: Hangela/Pixabay.com

Honderde mynwerkers is gered nadat hulle Donderdagoggend ondergronds vasgekeer is toe ʼn brand by Gold One se Modder East-myn in Springs, oos van Johannesburg, uitgebreek het.

Die departement van minerale hulpbronne het gesê die 644 werkers was ondergronds ten tyde van die voorval. Al die werkers is na die myn se toevlugskagte van waar hulle na die oppervlak gebring is.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het die suksesvolle reddingsoperasie geloof en weer ʼn oproep gedoen dat daar aan die bedryf se veiligheidsmaatreëls voldoen word. “Ons loof die reddingspanne betrokke, asook die mynwerkers en -bestuur vir hul vinnige optrede om te verseker dat ʼn potensiële ramp vermy is,” het Mantashe gesê.

Twee weke gelede is ses mynwerkers dood toe ʼn brand ondergronds uitgebreek het by die Phalaborwa-kopermyn se skag in Limpopo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piper ·

kyk aan wie behoord die myn op phalaborwa waar 6 werkers dood is. kyk hoeveel chinese werk daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.