Honderde vas in Gauteng

Bheki Cele, minister van polisie, en ander polisiehoës was deel van die spesiale operasies. Foto: SAPD

Honderde verdagtes is die afgelope paar dae in Gauteng in hegtenis geneem tydens spesiale operasies waarby onder andere Bheki Cele, minister van polisie, en die provinsiale polisiekommissaris betrokke was.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het Cele saam met Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, en nog polisiehoës saam met polisiebeamptes op die Ehlanzeni-hostel in Tembisa toegeslaan.

Daar is op ʼn ongelisensieerde vuurwapen, gesteelde voertuie, gesteelde motoronderdele en ʼn groot hoeveelheid dagga, wat in ʼn mangat versteek was, beslag gelê.

Foto: SAPD

Cele het ook verskeie drankafsetpunte besoek om te verseker dat klante en eienaars voldoen aan die regulasies van vlak 1 van die inperking. ʼn Paar drankwinkels wat onwettig bedryf is, is gesluit en daar is op ʼn groot hoeveelheid drank beslag gelê.

In Ekurhuleni is daar verskeie padblokkades deur lede van die weermag en die provinsiale verkeerspolisie gehou, asook boetes van meer as R50 000 uitgereik. Meer as 248 verdagtes is in hegtenis geneem vir onder meer bestuur onder die invloed van alkohol, die besit van dwelms, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, kaping, bedrog, verkragting, roof en moord.

Daar is ook operasies in Pretoria, Johannesburg, Sedibeng en aan die Wes-Rand uitgevoer waartydens meer as 800 gesoekte verdagtes in hegtenis geneem is. Die verdagtes is onder meer gesoek vir misdade soos moord, poging tot moord, verkragting, aanranding en roof.

Volgens Masondo is 112 van die 800 verdagtes in hegtenis geneem vir misdade wat met geslagsgeweld verband hou.

“Die polisie in Gauteng sal voortgaan met gesamentlike operasies ten einde misdaadvlakke af te bring en te verseker dat daar aan die vlak 1-regulasies voldoen word.”

Die verdagtes sal binnekort in die onderskeie landdroshowe verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nie Verbaas ·

En dieselfde dag terug op hulle “trade” en dan verdwyn hulle ook en nog geld word spandeer om hulle op te spoor.

Nie Verbaas ·

Is hoed nie die ou wat gespog het dat misdaad syfers nou minder is nie?

Tanja ·

My aarde!… net van ń paar dae se werk, kan jy jou nou voorstel wat sal gebeur as polisie elke dag werk

ES ·

Dis net jammer daar is nie plek in die tronke vir die meer as 800 gesoekte misdadigers wat nou gevang is nie.

Volgende week is almal weer uit op borgtog.

Apiebalie ·

Op papier lyk syfers en getalle altyd goed. Maar als kom tot niks. Almal is na die naweek weer vry

Helgard ·

Honderde? Dit klink werklik hopeloos te min. Asof daar maar min entoesiasme was…

Carientjie ·

wonder wat gaan gebeur met al daardie drank en dwelms waarop hulle beslag gelê het?

Persheks Adri ·

Cele sê dan nog die hele tyd dis vakansie misdaad in lockdown en die syfers kom af? Oe ee ee hy’s seker trots op homself en gaan lekker rook en dagga rook! Kook al weer die syfers met jou volgende voorlegging, want tel is nie 1 van sy goeie punte nie

Adeline ·

Wel wel wel as daar vir ‘n slag gewerk word dan kry jy die tipe van berigte – nou wonner ek weer ernstig – hoe gaan die veroordeelde misdadigers gehuisves word met oorvol covid-19 wette wat ook nie nagekom word deur die Black Matters nie en vrygelaat word omdat die tronke so oorvol is van ‘n nasie Black Matter. Wat vir my snaaks is die Black Matter op die straat word geteiken – wat van die ministers en die staats beamptes in hoë poste wat voordeel trek uit die gespuis se wins? Môre is hulle maar weer op hulle kriminele pos om wins te maak. Misdaad betaal nogal goeie geld.

Misky ·

Los al die veld hospitale bou en verbeter – covid is oor en verby. Bou tronke en hou kriminele opgesluit.

agnes ·

Maak net seker dat die tronke nie soos lekker hotelletje is nie. Hulle moet boet!

agnes ·

Pleks die SAP elke dag hul werk doen, dink net hoeveel geld kan hulle dan maak en hoeveel veiliger sal ons land dan wees. N tronk is n tronk en nie n hotel nie. Laat hulle swaar kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.